Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwwd artikel 28
  • Die duik van die Cuvier-snoetdolfyn

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die duik van die Cuvier-snoetdolfyn
  • Is dit ontwerp?
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Interessante ontmoeting met gryswalvisse
    Ontwaak!—2003
  • Groot monsters van die diepsee
    Ontwaak!—2009
  • Die walvisse is hier!
    Ontwaak!—2015
  • Die vin van die boggelwalvis
    Ontwaak!—2013
Sien nog
Is dit ontwerp?
ijwwd artikel 28
’n Cuvier-snoetdolfyn.

BluePlanetArchive/Whale Watch Azores

IS DIT ONTWERP?

Die duik van die Cuvier-snoetdolfyn

Die Cuvier-snoetdolfyn kan tot 2 992 meter diep duik, waar die drukking omtrent 30 300 kilopascal (4 390 psi) is. Hierdie dolfyn kan ook baie lank onder die water bly. Dit was opgeteken dat een van die dolfyne vir 3 ure en 42 minute onder die water gebly het voordat hy na die oppervlak gekom het vir lug. Hoe kan hierdie soogdiere wat suurstof nodig het, so lank uithou ten spyte van sulke geweldige druk en min suurstof?

’n Grafiek wat wys hoe diep vier soogdiere in die see min of meer kan duik. 1. Kaliforniese seeleeu: 270 meter. 2. Potvis: 2 250 meter. 3. Noordelike stompneuswalvis: 2 340 meter. 4. Cuvier-snoetdolfyn: 2 990 meter.

Soos ander soogdiere in die see, vou die dolfyn se ribbekas inmekaar en val sy longe plat. Navorsers het ontdek dat soogdiere in die see minder suurstof gebruik wanneer hulle hart baie stadiger klop en hulle bloedvloei herlei word van hulle uiterstes na hulle brein, hart en spiere.

Soogdiere in die see stoor ook suurstof in hulle spiere deur middel van ’n proteïen met die naam mioglobien. Die mioglobien stel suurstof vry soos wat dit nodig is wanneer hulle diep duik. Die spiere bevat baie groter hoeveelhede mioglobien as wat in mense en landdiere gevind word.

Maar een navorser het die volgende gevolgtrekking gemaak oor die Cuvier-snoetdolfyn: “Hulle kan ongelooflik diep duik. Gebaseer op wat ons weet oor hoe diere se liggame werk, duik die dolfyne baie dieper en bly hulle langer onder die water as wat ons sou verwag.” Wetenskaplikes hoop om die manier hoe hierdie dolfyne duik, beter te verstaan. Dit kan dokters dalk help om die behandeling van sekere mediese toestande, soos ’n long wat platgeval het, te verbeter.

Wat dink jy? Het die Cuvier-snoetdolfyn se vermoë om lank en diep te duik, ontstaan? Of is dit ontwerp?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel