Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwhf artikel 8
  • Hoe om geduldiger te word

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe om geduldiger te word
  • Hulp vir die gesin
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoekom is dit nodig om geduldig te wees?
  • Hoe kan jy wys dat jy geduldig is?
  • Ons bediening—Gekenmerk deur geduld
    Ons Koninkryksbediening—2011
  • Hou aan om geduldig te wees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Volg Jehovah se geduld na
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Kan jy geduld beoefen?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Sien nog
Hulp vir die gesin
ijwhf artikel 8
’n Man wag ongeduldig terwyl sy vrou skoene koop

HULP VIR DIE GESIN | DIE HUWELIK

Hoe om geduldiger te word

“’n Man en vrou se geduld word elke dag getoets. Wanneer jy ongetroud is, is dit dalk nie so ’n groot ding om geduldig te wees nie, maar dis baie belangrik as jy wil hê dat jou huwelik suksesvol moet wees.” – John.

  • Hoekom is dit nodig om geduldig te wees?

  • Hoe kan jy wys dat jy geduldig is?

  • “Geduld is baie belangrik”

Hoekom is dit nodig om geduldig te wees?

  • Wanneer jy getroud is, sien jy jou maat se foute baie makliker raak.

    ““Wanneer jy langer getroud is, is dit maklik om op die swakpunte van jou maat te fokus. Wanneer jy sulke negatiewe gedagtes begin hê, kan jy gou ongeduldig word.” – Jessena.

  • Wanneer jy ongeduldig is, praat jy voordat jy dink.

    “Ek sê baie gou hoe ek voel – amper te gou. As ek geduldiger was, sou ek eers gedink het of dit nodig is om iets te sê en of ek dit net moet los.” – Carmen.

    Die Bybel sê: “Die liefde is lankmoedig [geduldig] en goedhartig” (1 Korintiërs 13:4). Dit is net logies dat twee mense wat lief is vir mekaar, geduldig met mekaar sou wees. Maar dit is nie altyd die geval nie. John, wat vroeër aangehaal is, sê: “Soos in die geval van enige goeie eienskap, is dit makliker om jou geduld te verloor as om geduldiger te word.”

Hoe kan jy wys dat jy geduldig is?

  • Wanneer iets onverwags gebeur en dit jou geduld toets.

    Voorbeeld: Jou maat sê iets wat jou seermaak. Jou eerste reaksie is om terug te kap.

    Bybelwaarheid: “Moenie haastig wees in jou gees om aanstoot te neem nie, want om aanstoot te neem, rus in die boesem van die sotte [dom mense].” – Prediker 7:9.

    Hoe om geduldig te wees: Wag eers. Voordat jy reageer, moenie dadelik dink dat jou maat jou gevoelens aspris wou seermaak nie. Die boek Fighting for Your Marriage sê: “Die meeste van ons reageer op wat ons dink ons maat gesê het eerder as op wat ons maat bedoel en eintlik gesê het.”

    Soos nog hout op ’n vuur, skel ’n man terug wanneer sy vrou hom kwaad maak; soos ’n vuur wat geblus word, bly ’n man stil wanneer sy vrou hom kwaad maak

    Selfs al wou jou maat jou aspris ontstel, kan jy die situasie beter maak as jy geduldig is en nie dieselfde aan hom of haar doen nie. Die Bybel sê: “Waar daar geen hout is nie, gaan die vuur dood.” – Spreuke 26:20.

    “As jy begin dink dat jou vrou jou vyand is, stop en dink oor hoekom jy lief is vir haar en doen dadelik iets vir haar.” – Ethan.

    Iets om oor te dink:

    • Hoe reageer jy wanneer jou maat iets sê of doen wat jou seermaak?

    • Hoe kan jy geduldiger wees as dit weer gebeur?

  • Wanneer jou maat oor en oor iets doen wat jou irriteer.

    Voorbeeld: Jou maat is altyd laat terwyl jy moet wag – en dit maak jou woedend.

    Bybelwaarheid: “Hou aan om mekaar te verdra en mekaar vryelik te vergewe.” – Kolossense 3:13.

    Hoe om geduldig te wees: Probeer om jou huwelik eerste te stel en nie jouself nie. Vra jou af: ‘Sal dit ons verhouding help of seermaak as ek nou kwaad raak oor iets wat gebeur het?’ Onthou ook: “Ons almal struikel dikwels” (Jakobus 3:2). Dit beteken dat jy ook dinge het om aan te werk.

    “Partykeer is ek geduldiger met my vriende as met my man. Ek dink dis omdat ek meer tyd met my man spandeer en ek sy foute raaksien. Maar geduld is ’n aspek van liefde – eintlik ’n teken van respek – so dit is noodsaaklik vir my huwelik.” – Nia.

    Iets om oor te dink:

    • Hoe geduldig is jy as dit kom by jou maat se foute?

    • Hoe kan jy in die toekoms geduldiger wees?

“Geduld is baie belangrik”

Jessena saam met haar man, Hayden

“Geduld is baie belangrik vir ’n suksesvolle huwelik. Tussen twee onvolmaakte mense is dit normaal dat daar probleme sal wees. Selfs jou maat se maniertjies kan jou begin irriteer. As ons nie geduldig is nie, kan hierdie probleme soos termiete word wat wegvreet aan jou huwelik.” – Jessena en haar man, Hayden.

Hersiening: Hoe om geduldiger in die huwelik te word

Wanneer iets onverwags gebeur en dit jou geduld toets

Voordat jy reageer, moenie dadelik dink dat jou maat jou gevoelens aspris wou seermaak nie.

Wanneer jou maat oor en oor iets doen wat jou irriteer

Probeer om jou huwelik eerste te stel en nie jouself nie. Onthou, jy het ook dinge waaraan jy moet werk.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel