Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwex artikel 3
  • Hulle het gestop om my te help

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle het gestop om my te help
  • Ondervindinge van Jehovah se Getuies
  • Soortgelyke materiaal
  • Moenie moeg word nie
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Bande—Jou lewe kan daarvan afhang!
    Ontwaak!—2004
  • Hoe kan ek ophou drink?
    Ontwaak!—1993
  • “Hier is ons! Stuur ons!”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
Sien nog
Ondervindinge van Jehovah se Getuies
ijwex artikel 3
Bob sit in sy rolstoel langs die pad terwyl jong Getuies sy band omruil

Hulle het gestop om my te help

Bob het omtrent 100 kilometer per uur gery op ’n koue, winderige dag in Alberta, Kanada, toe die agterste band aan die linkerkant van sy motor skielik gebars het. Aan die begin het Bob nie besef wat gebeur het nie. Hy het besluit om aan te hou ry tot by sy huis wat nog vyf kilometer ver was.

Bob het in ’n brief wat hy na die plaaslike Koninkryksaal van Jehovah se Getuies gestuur het, verduidelik wat volgende gebeur het. Hy het geskryf: “Vyf jongmense het in ’n kar langs my gery en hulle venster afgedraai. Hulle het my laat weet dat my band gebars het. Ons het van die pad af getrek, en hulle het aangebied om die band om te ruil. Ek het nie eers geweet of ek ’n spaarwiel of ’n jack gehad het nie. Terwyl ek in my rolstoel langs die pad gesit het, het hulle onder my motor ingekruip en die spaarwiel en jack gekry. Toe sit hulle die spaarwiel aan. Dit was yskoud, en die sneeu het geval. Hulle het netjiese klere aangehad, maar dit het hulle nie gekeer nie en ek kon toe weer verder ry. Ek sou dit nooit op my eie kon doen nie.

“Ek wil dankie sê vir die vyf Getuie-kinders wat my gehelp het. Hulle was in die gebied omdat hulle na mense se huise gegaan het om hulle boodskap te verkondig. Wat hierdie kinders preek, is nie net woorde nie, maar hulle leef dit werklik uit. As hulle my nie gehelp het nie, sou dit ’n lang en moeilike storie gewees het, en ek is regtig dankbaar. Wie sou kon raai dat daar sulke jong engele op die pad sou wees daai dag?”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel