Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwfq artikel 33
  • Is Jehovah se Getuies Protestante?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is Jehovah se Getuies Protestante?
  • Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
  • Soortgelyke materiaal
  • Is Jehovah se Getuies ’n Protestantse godsdiens?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Die oproep om hervorming
    Ontwaak!—2004
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Kommer in die Latyns-Amerikaanse Kerk—Waarom breek miljoene weg?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
Sien nog
Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
ijwfq artikel 33
Een van Jehovah se Getuies gebruik die Bybel en maak sy godsdiensoortuigings bekend

Is Jehovah se Getuies Protestante?

Nee. Jehovah se Getuies is Christene, maar ons beskou onsself nie as Protestante nie. Waarom nie?

Protestantisme is al omskryf as ’n “godsdiensbeweging wat Rooms-Katolisisme teëstaan”. Hoewel dit waar is dat Jehovah se Getuies nie met die leerstellings van die Katolieke Kerk saamstem nie, beskou ons onsself nie as Protestante nie weens die volgende redes:

  1. ’n Aantal Protestantse oortuigings is in stryd met wat die Bybel in werklikheid leer. Die Bybel leer byvoorbeeld dat ‘daar een God is’, nie ’n Drie-eenheid nie (1 Timoteus 2:5; Johannes 14:28). En dit leer duidelik dat God die goddeloses met ewige vernietiging straf, nie in ’n helse vuur nie.​—Psalm 37:9; 2 Tessalonisense 1:9.

  2. Ons teken nie protes aan teen die Katolieke Kerk of enige ander godsdiensgroep nie, en ons probeer hulle ook nie hervorm nie. Inteendeel, ons verkondig eenvoudig die goeie nuus van God se Koninkryk en probeer ander help om geloof in hierdie goeie nuus op te bou (Matteus 24:14; 28:19, 20). Ons stel nie daarin belang om ander godsdiensgroepe te probeer hervorm nie, maar om opregte mense die waarheid oor God en sy Woord, die Bybel, te leer.​—Kolossense 1:9, 10; 2 Timoteus 2:24, 25.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel