Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwfq artikel 22
  • Help Jehovah se Getuies met noodleniging?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Help Jehovah se Getuies met noodleniging?
  • Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Organisering
  • Finansiering
  • Hoe om ná ’n ramp te help
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2023
  • Die noodlenigingsbediening
    God se Koninkryk regeer!
  • Hoe kan ons help?
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Hoe help ons ons broers in nood?
    Wie doen vandag Jehovah se wil?
Sien nog
Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
ijwfq artikel 22

Help Jehovah se Getuies met noodleniging?

Ja, Jehovah se Getuies help dikwels in die geval van ’n ramp. Ons verleen praktiese noodleniging aan Getuies sowel as ander, in ooreenstemming met die Bybel se opdrag in Galasiërs 6:10: “Laat ons dan aan almal goed doen, maar veral aan dié wat in die geloof aan ons verwant is.” Ons doen ook ons bes om die emosionele en geestelike ondersteuning te bied wat slagoffers gedurende sulke tye dringend nodig het.—2 Korintiërs 1:3, 4.

Organisering

Ná ’n ramp probeer die ouer manne van die gemeentes in die geteisterde gebied om in aanraking te kom met almal wat met daardie gemeentes assosieer, in ’n poging om uit te vind of hulle veilig is en watter hulp hulle moontlik nodig het. Die ouer manne stel dan die plaaslike takkantoor van Jehovah se Getuies in kennis oor hulle bevindings en onmiddellike noodlenigingspogings.

As die gemeentes in die gebied nie die nodige noodleniging kan verleen nie, reël die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies dat voorsien word wat nodig is. Dit is soortgelyk aan die manier waarop vroeë Christene gedurende ’n hongersnood na mekaar omgesien het (1 Korintiërs 16:1-4). Die plaaslike takkantoor stel noodlenigingskomitees aan om die noodleniging te organiseer en te rig. Getuies uit ander gebiede bied hulle tyd en middele aan om te help.—Spreuke 17:17.

Finansiering

Een van die dinge waarvoor bydraes gebruik word wat aan die takkantore van Jehovah se Getuies gestuur word, is om rampslagoffers te help (Handelinge 11:27-30; 2 Korintiërs 8:13-15). Aangesien die werk deur onbetaalde vrywilligers gedoen word, word die geld vir eintlike noodleniging en nie vir administratiewe uitgawes gebruik nie. Ons werk verstandig met al die bydraes.—2 Korintiërs 8:20.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel