Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mrt artikel 25
  • Wie sal die aarde red?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wie sal die aarde red?
  • Nog onderwerpe
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Sal die mens se pogings suksesvol wees?
  • ’n Rede vir hoop
  • Sal die aarde vernietig word?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Sal die mens die aarde onherstelbaar beskadig?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • God belowe dat ons planeet sal oorleef
    Ontwaak! – 2023
  • ’n Ewige awe van die Skepper
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Sien nog
Nog onderwerpe
mrt artikel 25
’n Jong meisie gooi water op ’n blommetjie. In die agtergrond besoedel fabrieke die omgewing.

Wie sal die aarde red?

Baie mense is bekommerd oor die skade wat hulle dink die mensdom aan die aarde en die lewe daarop doen. Volgens party omgewingsdeskundiges kan die dinge wat mense doen, veroorsaak dat spesies uitsterf en die groot verskeidenheid van lewe op die planeet beskadig soos nooit tevore nie.

Sal mense die aarde vernietig? Of sal hulle ooit op ’n manier kan lewe wat nie die natuur beskadig nie?

Sal die mens se pogings suksesvol wees?

Baie kenners het die vertroue dat die mens die aarde kan beskerm en in vrede met die natuur kan lewe. Party navorsers redeneer dat die mens se pogings net suksesvol sal wees as veranderinge op ’n paar gebiede en op dieselfde tyd gemaak word. Sulke veranderinge sluit die volgende in:

  • Verbeter hoe grond, woude, vleilande en oseane bestuur word.

  • Gebruik ander landbou-tegnieke en energiebronne.

  • Verander hoe kos geproduseer en versprei word sodat mense meestal plante en nie baie vleis en vis eet nie en minder kos eet en mors.

  • Aanvaar dat ’n goeie lewe nie afhang van hoe baie materiële dinge jy besit nie.

Wat dink jy? Is dit realisties om te verwag dat regerings, besighede en mense saamwerk soos nog nooit tevore nie? Of dink jy dat dit onmoontlik is omdat party mense baie gierig en selfsugtig is en nie omgee oor die toekoms nie? – 2 Timoteus 3:1-5.

’n Rede vir hoop

Die Bybel verseker ons dat die toekoms van ons planeet veilig is. Dit verduidelik hoekom die mens se pogings nie genoeg is om die aarde te red nie, en dit beskryf die regte veranderinge wat gemaak moet word. Dit vertel ons ook hoe hierdie veranderinge sal gebeur.

Hoekom die mens se pogings nie die aarde sal red nie. Jehovaha God het die aarde geskep en vir die mens die verantwoordelikheid gegee om daarvoor te sorg (Genesis 1:28; 2:15). Hulle kon net suksesvol wees as hulle na hulle Skepper gekyk het vir leiding en sy instruksies gehoorsaam het (Spreuke 20:24). Hulle het Jehovah eerder verwerp en besluit om onafhanklik te wees (Prediker 7:29). Die mens het nie die vermoë om op hulle eie vir die aarde te sorg nie, en selfs al kan hulle klein verbeterings maak, sal hulle nie regtig suksesvol wees nie. – Spreuke 21:30; Jeremia 10:23.

Die veranderinge wat nodig is. God beplan om die mense te stop wat die aarde vernietig (Openbaring 11:18). Hy sal nie die regerings en die mense op die aarde wat die planeet beskadig, verander nie; hy sal hulle vervang (Openbaring 21:1). Daarom sê Jehovah: “Kyk! Ek maak alles nuut.” – Openbaring 21:5.

Hoe hierdie veranderinge sal gebeur. Jehovah sal menseregerings met ’n hemelse regering vervang wat die Koninkryk van God genoem word. Daardie regering, met Jesus Christus as leier, sal dan oor die aarde regeer. – Daniël 2:44; Matteus 6:10.

God se Koninkryk sal die mens leer om volgens God se regverdige standaarde te lewe. Wanneer mense hulle Skepper erken en sy standaarde volg, sal dit vir hulle moontlik wees om in vrede met die natuur te lewe (Jesaja 11:9). Die Bybel beskryf hoe God se regering sy mense in staat sal stel om ’n goeie lewe te geniet, ’n lewe wat nie die planeet sal beskadig nie. Dit sal die volgende doen:

  • Kos vir almal voorsien. – Psalm 72:16.

  • Natuurlike hulpbronne herstel. – Jesaja 35:1, 2, 6, 7.

  • Verseker dat die mens na diere sal omsien en dat diere nie mense sal seermaak nie. – Jesaja 11:6-8; Hosea 2:18.

  • Omgewingsrampe verhoed. – Markus 4:37-41.

Jy kan verwag dat God se Koninkryk binnekort hierdie veranderinge sal bring. Vir meer inligting lees die artikel “Wanneer sal God se Koninkryk oor die aarde regeer?”.

a Jehovah is God se persoonlike naam. – Psalm 83:18.

Wat kan ons nou doen om te wys dat ons ons planeet respekteer?

Terwyl ons wag op God se Koninkryk om die aarde se omgewingsprobleme heeltemal weg te neem, kan ons iets nou doen om te wys dat ons die planeet respekteer. Byvoorbeeld, ons kan probeer om nie te mors nie en gehoorsaam wees aan plaaslike herwinningswette – Johannes 6:12, 13; Romeine 13:1, 5.

  • Brett.

    Brett is ’n omgewingskonsultant wat afgetree is. Sy kennis oor die natuur het hom gehelp om te besef dat daar ’n Skepper is wat iets sal doen om die aarde te red. Lees sy verhaal.

  • Twee werkers kyk na die nuwe geboue by die wêreldhoofkwartier van Jehovah se Getuies.

    Een manier hoe Jehovah se Getuies wys dat hulle hulle Skepper respekteer, is deur praktiese dinge te doen in hulle groot bouprojekte wat die omgewing beskerm. Om te sien wat hulle al reggekry het, kyk na die video Omgewingsvriendelike ontwerp eer Jehovah.

Bybelverse oor die aarde

Genesis 2:15: “Jehovah God het die mens geneem en hom in die tuin van Eden laat woon om dit te bewerk en daarvoor te sorg.”

Betekenis: God het vir die mens die toewysing gegee om vir die aarde te sorg.

Genesis 1:28: “God [het] hulle geseën, en God het vir hulle gesê: ‘Wees vrugbaar en word baie, vul die aarde en bewerk dit. Heers oor die visse van die see en die vlieënde diere van die hemel en al die lewende diere wat op die aarde rondbeweeg.’”

Betekenis: Die mens het die toewysing gekry om na die diere om te sien.

Jesaja 45:18: “Dít is wat Jehovah sê, die Skepper van die hemele, die ware God, die Een wat die aarde gevorm het, die Maker daarvan wat dit stewig gevestig het, wat dit nie verniet geskep het nie, maar wat dit gemaak het om bewoon te word: ‘Ek is Jehovah, en daar is geen ander nie.’”

Betekenis: God se doel met die aarde het nie verander nie. Dit sal deur mense bewoon word wat sal doen wat hy oorspronklik wou hê.

Psalm 37:29: “Die regverdiges sal die aarde besit, en hulle sal vir ewig daarop lewe.”

Betekenis: Almal wat God se regverdige standaarde volg, sal die geleentheid hê om vir ewig op die aarde te lewe.

Psalm 98:6-8: “Roep van vreugde uit voor die Koning, Jehovah, met die trompette en die geluid van die horing. Laat die see en alles daarin dreun, die aarde en dié wat daarop woon. Laat die riviere hulle hande klap. Laat die berge saam van vreugde uitroep.”

Betekenis: God se regering sal goeie toestande vir die omgewing beteken.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel