Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwyp artikel 118
  • Hoe kan ek ophou met ’n dubbele lewe?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe kan ek ophou met ’n dubbele lewe?
  • Jongmense vra
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is ’n dubbele lewe?
  • Beteken dit dat ek ’n slegte persoon is as ek ’n dubbele lewe lei?
  • Hoe kan ek ophou met ’n dubbele lewe?
  • Jongmense—Moenie ’n dubbele lewe lei nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • ’n Dubbele lewe—Hoef iemand te weet?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 2
  • ’n Dubbele lewe—Waarom nie?
    Ontwaak!—1993
  • Hoe kan ek van ’n dubbele lewe wegbreek?
    Ontwaak!—1994
Sien nog
Jongmense vra
ijwyp artikel 118
Prentjies wat wys hoe ’n jong suster haar tyd spandeer. 1. Die suster kuier saam met ander jongmense, en party rook en drink. ’n Seun sit sy arm om haar. 2. Dieselfde suster is by die Koninkryksaal, en sy is mooi aangetrek en sing saam met die gemeente.

JONGMENSE VRA

Hoe kan ek ophou met ’n dubbele lewe?

Soms wonder party aanbidders van God of dit die tyd en die moeite werd is om volgens Bybelstandaarde te lewe (Psalm 73:2, 3). Hulle kan selfs begin om dinge te doen wat teen Jehovah se wette is en dan ander aanbidders probeer bedrieg deur hulle slegte gedrag weg te steek.

Hierdie artikel sal diegene help wat dalk op hierdie manier begin lewe het, maar wat graag daarmee wil ophou.

Op hierdie blad

  • Wat is ’n dubbele lewe?

  • Beteken dit dat ek ’n slegte persoon is as ek ’n dubbele lewe lei?

  • Hoe kan ek ophou met ’n dubbele lewe?

  • Wat ander jongmense sê

Wat is ’n dubbele lewe?

Om ’n dubbele lewe te lei, beteken dat jy dinge doen wat jy weet verkeerd is wanneer jy saam met jongmense is wat nie gehoorsaam aan Jehovah is nie. Maar wanneer jy saam met ander in die gemeente is wat Jehovah getrou dien, tree jy op asof jy Jehovah wil dien. Dit is asof jy twee verskillende lewens lei, en elke lewe sluit in dat jy ’n masker moet dra.

“Wanneer jy ’n dubbele lewe lei, steek jy iets weg vir albei kante sodat niemand regtig weet wie jy is nie. Om ’n dubbele lewe te lei, beteken eintlik dat jy oneerlik met almal is.” – Erin.

Het jy geweet? ’n Dubbele lewe kan insluit dat jy dinge doen wanneer jy alleen is wat jy weet Jehovah nie goedkeur nie.

“Toe ek 14 was, het ek na onsedelike foto’s en video’s op die internet begin kyk. Voor ander het ek gemaak asof ek pornografie haat, maar diep binne-in my het ek geweet dat ek dit nie regtig haat nie.” – Nolan.

Bybelwaarheid: “Niemand kan twee meesters as slaaf dien nie, want hy sal die een haat en die ander een liefhê, of hy sal lojaal wees aan die een en die ander een nie kan verdra nie.” – Matteus 6:24.

Beteken dit dat ek ’n slegte persoon is as ek ’n dubbele lewe lei?

Nie noodwendig nie. Party mense het natuurlik besluit dat hulle nie volgens Bybelstandaarde wil lewe nie. Maar is dit regtig met jou die geval? Of is daar ’n ander rede vir jou dubbele lewe, soos:

  • Jy is bang om anders te wees as ander jongmense.

  • Jy voel dat jy meer in gemeen het met jou skoolmaats as met dié in die gemeente.

  • Jy voel dat jy net nie die krag of die vermoë het om by al God se gebooie te bly nie.

“Ek dink dat party jongmense wat ’n dubbele lewe lei, gemakliker voel by mense wat nie dieselfde Christelike standaarde as hulle het nie omdat hulle voel dat hulle moet inpas, maak nie saak waar nie.” – David.

Maar nie een van hierdie punte is ’n goeie rede om ’n dubbele lewe te lei nie. Tog help dit om te verduidelik hoekom selfs goeie mense hierdie fout maak. As dit met jou gebeur het, wat kan jy doen?

Hoe kan ek ophou met ’n dubbele lewe?

  1. 1. Dink aan die manier hoe jy nou lewe. Vra jou af: ‘Is dit regtig wie ek wil wees? As ek so aanhou, wat sal die gevolg wees?’

    Bybelwaarheid: “Die verstandige sien die gevaar . . . , maar die onervarene gaan voort en moet die gevolge dra.” – Spreuke 27:12.

  2. 2. Wees eerlik. Bespreek jou situasie met jou ouers of ’n volwasse vriend wat respek het vir Jehovah se wette. Hulle sal heel moontlik bly wees dat jy hulle gevra het vir hulp. En hulle sal trots wees om te weet dat jy die regte ding wil doen!

    ’n Jong man wat in die moeilikheid is, reik op van die onderkant van ’n put om die hand vas te gryp van ’n man wat hom van bo af probeer help.

    As jy vasgevang is in ’n dubbele lewe, vra vir hulp

    “Om my foute aan ander te erken, was een van die moeilikste dinge wat ek nog ooit moes doen, maar ek het daarna soveel beter gevoel.” – Nolan.

    Bybelwaarheid: “Iemand wat sy oortredings geheim hou, sal nie sukses hê nie, maar die persoon wat dit bely en ophou daarmee, sal genade ontvang.” – Spreuke 28:13.

  3. 3. Aanvaar die gevolge. Onthou, as jy iets vir jou ouers of die gemeente weggesteek het, het jy dit vir hulle moeilik gemaak om jou te vertrou. As gevolg van jou optrede sal jou ouers of die gemeentelike ouermanne jou dalk vir ’n tyd lank nie toelaat om sekere dinge te doen nie. Aanvaar hierdie gevolge en wees vasbeslote om van nou af jouself “in alles eerlik [te] gedra”. – Hebreërs 13:18.

    Bybelwaarheid: “Luister na raad en aanvaar dissipline, sodat jy in die toekoms wys kan word.” – Spreuke 19:20.

  4. 4. Ontwikkel sterk geloof dat God vir jou lief is. Omdat Jehovah lief is vir ons, is hy ten volle bewus van alles wat ons doen. So as jy ’n dubbele lewe lei, weet hy daarvan en maak dit hom baie hartseer. Maar omdat ‘hy vir jou omgee’, is hy gretig om jou reg te help. – 1 Petrus 5:7.

    Bybelwaarheid: “Die oë van Jehovah deursoek die hele aarde om dié te ondersteun wat met hulle hele hart op hom vertrou.” – 2 Kronieke 16:9.

Wat ander jongmense sê

Macy.

“Ek wou net soos my skoolmaats wees. Maar toe ek beter vriende geword het met ander Christene, het my gesindheid regtig verander. Hoe meer ek ingepas het by mense wat lief is vir Jehovah, hoe minder wou ek inpas by my skoolmaats.” – Macy.

Alban.

“Wou ek graag ’n dubbele lewe hê? Ja. Op skool het die kinders so cool gelyk en asof hulle so ’n lekker tyd het. Maar baie van hulle het later dwelms begin gebruik en gedrink. Die kinders wat so cool gelyk het, het toe so dom gelyk.” – Alban.

Vir meer inligting lees die ondervindinge van Elie en Lisa – twee jongmense wat ’n dubbele lewe gelei het, maar teruggekeer het na Jehovah.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel