Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwyp artikel 111
  • Moet ek my laat doop? – Deel 3: Hoekom is ek huiwerig?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Moet ek my laat doop? – Deel 3: Hoekom is ek huiwerig?
  • Jongmense vra
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Sê nou ek maak ’n ernstige fout nadat ek gedoop is?
  • Sê nou ek is bang vir die verantwoordelikheid daarvan om gedoop te word?
  • Sê nou ek voel dat ek nie goed genoeg is om Jehovah te dien nie?
  • Doop – ’n Wonderlike doelwit!
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Doop en jou verhouding met God
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Voldoen aan die vereistes vir Christelike doop
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Doop — ’n Vereiste vir Christene
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
Sien nog
Jongmense vra
ijwyp artikel 111
’n Man word in ’n meer gedoop terwyl ander mense op die houtdek staan en kyk.

JONGMENSE VRA

Moet ek my laat doop? – Deel 3: Hoekom is ek huiwerig?

Raak jy senuweeagtig as jy daaraan dink om jou aan Jehovah toe te wy en gedoop te word? As dit die geval is, sal hierdie artikel jou help om nie so bang te voel nie.

In hierdie artikel

  • Sê nou ek maak ’n ernstige fout nadat ek gedoop is?

  • Sê nou ek is bang vir die verantwoordelikheid daarvan om gedoop te word?

  • Sê nou ek voel dat ek nie goed genoeg is om Jehovah te dien nie?

  • Wat ander jongmense sê

Sê nou ek maak ’n ernstige fout nadat ek gedoop is?

Hoekom jy dalk bekommerd is: Dalk ken jy iemand wat ernstig gesondig het en nie meer deel van die gemeente kon wees nie (1 Korintiërs 5:11-13). Jy is dalk bang dat dieselfde met jou sal gebeur.

“Toe ek daaraan begin dink het om gedoop te word, was ek bang dat ek daarna dalk iets verkeerds sou doen. Ek kon my net voorstel in watter slegte lig dit my ouers sou stel.” – Rebekah.

Sleutelteks: “Laat die goddelose sy weg verlaat. . . . Laat hom na Jehovah terugkeer, wat genade aan hom sal betoon, na ons God, want hy sal ryklik vergewe.” – Jesaja 55:7.

Dink goed daaroor na: Al word onberouvolle sondaars uit die gemeente verwyder, bewys Jehovah genade teenoor dié wat nederig berou toon en regstelling aanvaar. – Psalm 103:13, 14; 2 Korintiërs 7:11.

Maar die feit bly staan: Selfs al is jy onvolmaak, met God se hulp kan jy versoeking weerstaan (1 Korintiërs 10:13). Buitendien, wie besluit wat jy gaan doen? Jy? Of iemand anders?

“Ek was bang dat ek ná my doop dalk ’n ernstige fout sou maak, maar toe het ek besef dat dit ’n fout sou wees om te huiwer om gedoop te word. Ek het besef dat ek nie moes toelaat dat die sê-nou-maars van môre keer dat ek vandag iets doen nie.” – Karen.

Die slotsom: Jy hoef nie ernstig te sondig nie – dis jou keuse. Die meeste van Jehovah se knegte kry dit reg om getrou te bly. – Filippense 2:12.

Het jy meer hulp nodig? Sien “Hoe kan ek versoeking weerstaan?”

Sê nou ek is bang vir die verantwoordelikheid daarvan om gedoop te word?

Hoekom jy dalk bekommerd is: Jy weet dalk van jongmense wat ver van hulle gesin en vriende af weggetrek het om meer in Jehovah se diens te kan doen. Jy is bekommerd dat mense sal verwag dat jy dieselfde moet doen.

“’n Gedoopte Christen kan meer voorregte in Jehovah se diens geniet, maar party mense is net nie gereed om hulleself beskikbaar te stel nie of hulle omstandighede laat hulle nie toe om dit te doen nie.” – Marie.

Sleutelteks: “Laat elkeen sy eie dade ondersoek, en dan sal hy ’n rede hê om bly te wees oor wat hy self doen en nie omdat hy homself met ander vergelyk nie.” – Galasiërs 6:4.

Dink goed daaroor na: Moenie jouself met ander vergelyk nie; fokus eerder op die woorde in Markus 12:30: “Jy moet Jehovah jou God liefhê met jou hele hart.”

Dit sê dat jy Jehovah met jou hele hart moet dien – nie met iemand anders s’n nie. As jy regtig lief is vir Jehovah sal jy maniere vind om hom die beste te gee wat jy hom kan gee.

“Doop is nou wel ’n ernstige stap, maar dit is nie ’n swaar las nie. As jy jouself met mense omring wat goeie assosiasie is, sal hulle jou help. As jy met verloop van tyd meer verantwoordelikhede aanvaar, sal dit jou eintlik gelukkiger maak. Maar as jy huiwer om gedoop te word, doen jy jouself nie ’n guns nie.” – Julia.

Die slotsom: Vergroot jou waardering vir die liefde wat Jehovah vir jou gewys het. Dan sal jy gemotiveer wees om vir hom jou beste te gee. – 1 Johannes 4:19.

Het jy meer hulp nodig? Sien “Hoe verantwoordelik is ek?”

Sê nou ek voel dat ek nie goed genoeg is om Jehovah te dien nie?

Hoekom jy dalk bekommerd is: Jehovah is die Soewerein van die heelal; in vergelyking met hom is mense niks! Jy wonder dalk of Jehovah ooit weet dat jy bestaan.

“Omdat my ouers Jehovah se Getuies is, was ek bekommerd dat ek my vriendskap met Jehovah net by hulle ‘geërf’ het en dat Jehovah my nie persoonlik na hom toe getrek het nie.” – Natalie.

Sleutelteks: “Geen mens kan na my toe kom tensy die Vader, wat my gestuur het, hom trek nie.” – Johannes 6:44.

Dink goed daaroor na: Die feit dat jy daaraan dink om gedoop te word is dalk bewys daarvan dat Jehovah jou trek sodat jy selfs ’n beter vriend van hom kan word. Sal dit dan nie die regte ding wees om daardie uitnodiging te aanvaar nie?

Jy moet ook onthou dat Jehovah – en nie jy of enige iemand anders nie – die standaard stel van wie hy sal trek. En sy Woord verseker jou as jy ‘nader aan God kom, sal hy nader aan jou kom’. – Jakobus 4:8.

“Die feit dat jy Jehovah ken en dat hy jou na hom toe getrek het, bewys dat hy jou liefhet. So, wanneer jy dink dat jy nie goed genoeg is om hom te dien nie, moet jy jouself daaraan herinner dat hy nie daarmee saamstem nie. En Jehovah is altyd reg.” – Selina.

Die slotsom: As jy doen wat die Bybel van jou verwag om gedoop te kan word, dan kwalifiseer jy om Jehovah te aanbid. En onthou, hy verdien dat jy hom aanbid. – Openbaring 4:11.

Het jy meer hulp nodig? Sien “Hoekom moet ek bid?”

Wat ander jongmense sê

Skye.

“Die vrees dat jy sal misluk, moet jou nie keer om gedoop te word nie. Dit is soos om in ’n resies te hardloop. Jy besluit dalk om nie te hardloop nie omdat jy bang is dat jy sal val. Maar as jy val, kan jy weer opstaan. Om die resies te kan klaarmaak, moet jy eers begin hardloop.” – Skye.

Vinicio.

“’n Jongmens sal nie huiwer om sy bestuurslisensie te kry net omdat hy bang is dat hy ’n ongeluk sal maak nie. Dit is dieselfde met doop. Ons moet daarop fokus om ’n sterk vriendskap met Jehovah te behou, en nie bekommerd wees oor wat sal of nie sal gebeur nie.” – Vinicio.

Hersiening: Hoekom is ek huiwerig om gedoop te word?

  • Jy is bang dat jy ’n ernstige fout sal maak. Jy hoef nie ernstig te sondig nie – dis jou keuse. Die meeste van Jehovah se knegte kry dit reg om getrou te bly.

  • Jy is bang vir die verantwoordelikheid. Vergroot jou waardering vir die liefde wat Jehovah vir jou gewys het. Dan sal jy gemotiveer wees om vir hom jou beste te gee.

  • Jy is bang dat jy nie goed genoeg is nie. As jy doen wat die Bybel van jou verwag om gedoop te kan word, dan kwalifiseer jy om Jehovah te aanbid. En onthou, hy verdien dat jy hom aanbid.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel