Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwex artikel 24
  • In Venezuela dien hulle Jehovah gedurende moeilike tye

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • In Venezuela dien hulle Jehovah gedurende moeilike tye
  • Ondervindinge van Jehovah se Getuies
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Sy harde werk in die bediening word beloon
  • Gemotiveer deur geloof en liefde
  • Almal kan help
  • Jairo se oë—Sy manier om God te dien
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Ek het die regte loopbaan gekies
    Ontwaak!—2007
  • Sy was verbaas oor die resultate
    Ondervindinge van Jehovah se Getuies
  • Verkwik jou familielede met waters van waarheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Sien nog
Ondervindinge van Jehovah se Getuies
ijwex artikel 24
’n Paartjie wat maskers dra, lewer inkopies af by ’n ouer suster.

In Venezuela dien hulle Jehovah gedurende moeilike tye

In onlangse jare het Venezuela meer ekonomiese en maatskaplike probleme as ooit tevore gehad. ’n Getuie met die naam Edgar sê: “Binne net ’n paar jaar het die lewenstandaard so drasties gesak dat dit gevoel het asof ons na ’n ander land getrek het, sonder dat ons selfs ons huis verlaat het!”

Wat het Edgar gehelp om aan te pas? Hy sê: “Ek en my vrou, Carmen, het gedink aan die voorbeeld van sendelinge wat na lande met beperkte middele getrek het en geleer het om sonder selfs basiese dinge te lewe. Dit het ons gemotiveer om ons lewe te vereenvoudig en om nuwe dinge te probeer, soos om ons eie kos te groei.”

Carmen en Edgar is gelukkig en wys die soetrissies wat in hulle tuin groei.

Carmen and Edgar

Maar Edgar en Carmen het selfs meer gedoen. Hulle het iets gedoen om mede-aanbidders te vertroos, insluitende dié wat mismoedig is (1 Tessalonisense 5:11). Edgar sê: “Ons het hulle nie net getroos nie, maar het hulle ook probeer aanmoedig om ander te help, wat hulle vreugde sou bring.” – Handelinge 20:35.

Sy harde werk in die bediening word beloon

Aan die begin van die COVID-19-pandemie het Argenis besluit om vir sy familielede te getuig. Party van hulle het ingestem om die Bybel oor die telefoon te studeer.

Argenis sit by sy tafel met ’n foon, ’n Bybel en die boek “Geniet die lewe vir ewig!”

Argenis

Argenis wou ook hê dat sy familielede wat nie toegang tot die internet het nie, moes baat vind by die streekbyeenkoms vir 2020. ’n Getuie van ’n dorpie daar naby het vir hulle digitale opnames van die program gegee. Toe het Argenis se familielede ’n grootskerm-TV en luidsprekers geleen. Argenis het hulle voor die program gebel om vir hulle te bid. As gevolg van Argenis se harde werk het 4 van sy familielede en 15 ander mense na die byeenkoms gekyk.

Gemotiveer deur geloof en liefde

’n Getroude paartjie, Jairo en Johana, is die enigstes in hulle gemeente wat ’n kar het. Hulle was vrygewig en het dit gebruik om ander te help. Een uitdaging wat hulle het, is dat dit baie moeilik is om petrol in Venezuela te kry. Jairo sê: “Ons wag baie ure, soms selfs die hele nag, in ’n tou om petrol in te gooi.”

Johana en Jairo in hulle kar.

Johana and Jairo

Jairo voel dat hulle harde werk om ander te help, die moeite werd is. Hy sê: “Wanneer ons voorrade by ons broers aflewer, maak dit ons gelukkig om te sien dat hulle dankbaar is, nie teenoor ons nie, maar teenoor Jehovah, wat sy volk alles gee wat hulle nodig het.” – 2 Korintiërs 9:11, 14.

Almal kan help

Hoewel ’n suster met die naam Norianni in haar laat 20’s is, het sy gedink dat sy as te jonk beskou kan word om ander regtig te help. Maar toe het sy 1 Timoteus 4:12 gelees, wat sê: “Laat niemand ooit op jou neersien omdat jy jonk is nie. Word eerder ’n voorbeeld vir die getroues in woord.”

Norianni en ’n ouer suster doen velddiens, en sy help haar om briewe te skryf.

Norianni

Hierdie teks het Norianni beweeg om meer tyd met ouer mense in haar gemeente te spandeer. Sy het saam met hulle velddiens gedoen en hulle gehelp om briewe te skryf en het hulle selfs genooi om saam met haar na haar Bybelstudies te gaan. Sy het hulle ook gebel en aanmoedigende boodskappe vir hulle gestuur. Norianni sê: “Jehovah het my gewys dat ek baie kan doen.”

Ons broers en susters in Venezuela het baie uitdagings gedurende hierdie moeilike tye. Maar hulle bly ywerig in hulle bediening en is “’n bron van groot vertroosting” vir mekaar. – Kolossense 4:11; 2 Timoteus 4:2.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel