Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb15 bl. 4-7
  • ’n Brief van die Bestuursliggaam

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Brief van die Bestuursliggaam
  • 2015 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Soortgelyke materiaal
  • Maniere om jou bediening uit te brei
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Wêreldkantoor vir Ontwerp en Konstruksie
    2015 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Hou aan vrug dra met volharding
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Bouwerk wat Jehovah tot eer strek
    God se Koninkryk regeer!
Sien nog
2015 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb15 bl. 4-7
Volbladillustrasie op bladsy 5

’n Brief van die Bestuursliggaam

Liewe broers en susters:

“Ons dank God altyd wanneer ons van julle almal melding maak in ons gebede, want ons dink onophoudelik aan julle getroue werk en julle liefdevolle arbeid en julle volharding weens julle hoop op ons Here Jesus Christus voor ons God en Vader” (1 Tess. 1:2, 3). Hoe mooi beskryf hierdie woorde tog hoe ons oor julle voel! Ons dank Jehovah vir julle en die goeie werk wat julle doen. Waarom?

Oor die afgelope jaar het julle “getroue werk” en “liefdevolle arbeid” in verband met Koninkryksbedrywighede verrig. Baie van julle het na maniere gesoek om julle bediening uit te brei. Party het na gebiede, en selfs na ander lande, getrek waar daar meer Koninkryksverkondigers nodig is. Ander het hulle bediening uitgebrei deur aan die openbare getuieniswerk deel te neem. Baie is beweeg om hulppionierdiens te doen gedurende die Gedenkmaalseisoen, die maand van die kringopsiener se besoek of die spesiale kampanje in Augustus 2014. Hoewel julle omstandighede verskil, kan ons sien dat julle met julle hele siel vir Jehovah werk, en ons prys julle hiervoor (Kol. 3:23, 24). Julle “getroue werk” is beslis vir ons ’n rede om Jehovah te dank!

Ons het ook diepe waardering vir julle “liefdevolle arbeid” in verband met die bou van verskeie teokratiese fasiliteite regoor die wêreld. Ons het sulke fasiliteite dringend nodig omdat Jehovah se volk aanhou toeneem (Jes. 60:22). Ons verkondigerhoogtepunt vir die afgelope jaar is 8 201 545, en gemiddeld 9 499 933 Bybelstudies is elke maand gehou—dit is ongelooflik! As gevolg van die vermeerdering moet baie takkantore uitgebrei of opgeknap word. Dit beteken natuurlik ook dat ons meer Koninkryksale nodig het! Terselfdertyd is daar ook satellietvertaalkantore in baie dele van die wêreld nodig sodat ons vertalers kan woon en werk in die gebied waar hulle taal gepraat word.

Ons kan ons dus afvra: ‘Wat kan ek doen om die bou van hierdie fasiliteite te ondersteun?’ Party van ons kan dalk as vrywilligers aan die bouwerk deelneem. En óf ons bouvaardighede het óf nie, ons het almal die voorreg om ons waardevolle dinge vir hierdie belangrike projekte by te dra (Spr. 3:9, 10). Toe die tabernakel gebou is, was die Israeliete so gretig om te gee dat daar ’n aankondiging gemaak moes word om hulle daarvan te weerhou om meer te gee (Eks. 36:5-7). Sulke skriftuurlike voorbeelde raak ongetwyfeld ons hart en spoor ons aan. Julle “liefdevolle arbeid” op hierdie belangrike gebiede van heilige diens is nog ’n rede waarom ons Jehovah dank!

Ons het spesiale rede om bly te wees wanneer ons sien hoe ons broers standvastig bly en volhard. Dink byvoorbeeld aan ons liewe broers in Suid-Korea. Sedert 1950 moes jong broers in daardie land tronkvonnisse van verskillende lengtes uitdien omdat hulle nie hulle Christelike neutraliteit wou skend nie. Geslag ná geslag van ons broers het hierdie behandeling verduur, sonder om te wankel. Hulle voorbeeld van volharding versterk ons geloof!

In Eritrea is drie van ons broers nou al meer as 20 jaar lank in die tronk. Ander, insluitende ons susters en hulle kinders, was vir korter tydperke opgesluit. Baie pogings is aangewend om hulle uit die tronk te laat vrylaat, maar tot dusver is al hierdie pogings onsuksesvol. Ons broers het nie hulle geloof prysgegee nie. Hulle het hulle onkreukbaarheid onder baie moeilike omstandighede gehandhaaf. Ons onthou altyd hierdie getroues in ons gebede.—Rom. 1:8, 9.

Die meeste van julle is natuurlik nie in die tronk weens julle geloof nie. Maar baie van julle het te kampe met bejaardheid, chroniese gesondheidsprobleme, teenstand van ongelowige huweliksmaats of familielede sowel as ander persoonlike uitdagings waarvan net julle dalk weet. Nogtans hou julle aan om Jehovah getrou te dien! (Jak. 1:12). Ons prys julle. Julle getroue volharding is nog ’n rede waarom ons Jehovah dank.

Ja, julle getroue werk, liefdevolle arbeid en volharding voorsien ons met baie redes om “Jehovah [te dank], want hy is goed” (Ps. 106:1). Ons is waarlik lief vir julle almal, en ons bid dat Jehovah julle sal versterk, onderskraag en seën sodat julle hom vir ewig kan dien.

Julle broers

Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel