Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb07 bl. 3-5
  • ’n Brief van die bestuursliggaam

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Brief van die bestuursliggaam
  • 2007 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Soortgelyke materiaal
  • “Jy moet Jehovah jou God liefhê”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Verheerlik Jehovah as die enigste ware God
    Aanbid die enigste ware God
  • Moenie toelaat dat jou liefde verkoel nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
  • Jy moet die God liefhê wat jou liefhet
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
Sien nog
2007 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb07 bl. 3-5

’n Brief van die bestuursliggaam

IN NAVOLGING van Jesus se voorbeeld bid ons opreg tot God: “Laat u naam geheilig word.” Ons toon ons innige begeerte om in ooreenstemming met daardie gebed te lewe deur die manier waarop ons ons lewe as Jehovah se Getuies lei. Daar word natuurlik baie meer van ons verwag as om net te weet wat God se naam is. Ons moet elke geleentheid benut om daardie naam te verheerlik. Ja, die grootste eer wat enigeen van ons kan geniet, is om een van Jehovah se Getuies genoem te word.—Matt. 6:9; Jes. 43:10.

In ooreenstemming met Psalm 110:3 neem Jehovah se volk gewillig deel aan die werk wat volgens Jehovah se bevel gedoen moet word. Waarom span mense van alle ouderdomme en uit alle agtergronde hulle in om die predikingswerk te doen? Dit is hoofsaaklik weens hulle liefde vir God en hulle persoonlike toegewydheid aan hom. Deuteronomium 6:5, 6 beveel ons om Jehovah met ‘ons hele hart, siel en al ons lewenskrag’ lief te hê. Hierdie hartgrondige liefde beweeg ons om ons tyd, energie en middele te gebruik om die belange van God se Koninkryk te bevorder, wat insluit dat ons soveel in die bediening doen as wat ons omstandighede ons toelaat.

Weens Jehovah se liefde vir die mensdom het hy die opdrag gegee dat die goeie nuus van sy Koninkryk in die hele aarde verkondig moet word. Hy wil nie hê dat enigeen vernietig moet word nie, maar wil hê dat almal berou moet toon oor hulle sondige weg en hulle tot hulle Skepper moet wend, met die lewe in die vooruitsig (2 Pet. 3:9). Jehovah sê: “Ek skep geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat ’n goddelose hom van sy weg afkeer en bly lewe” (Eseg. 33:11). Wanneer ons aan die bediening deelneem, is ons ’n sigbare bewys van Jehovah se liefde vir ons medemens. Hierdie feit dra ongetwyfeld by tot die vreugde en bevrediging wat ons ervaar wanneer ons aan hierdie belangrike werk deelneem.

Ons innige liefde vir Jehovah word ook weerspieël in ons beskouing van sy geïnspireerde Woord, die Heilige Skrif. Sonder die Bybel sou ons God nie leer ken het en nader aan hom gekom het, soos Jakobus 4:8 ons nooi om te doen nie. Ons sou ook nie geweet het waarom ons hier is en wat die toekoms inhou nie. Ons sou nie geweet het dat ons gemeenskaplike voorouer Adam die oorsaak van ons probleme is nie (Rom. 5:12). Nog minder sou ons geweet het van God se groot liefde deurdat hy sy enigverwekte Seun as ’n losprys vir ons gegee het. Jehovah gee ons ook op baie ander maniere ’n mate van sy kennis, wysheid en insig. Hoe waardeer ons tog die gawe wat hy ons gegee het, naamlik sy geesgeïnspireerde Woord! Ons waardering vir hierdie wonderlike gawe beweeg ons om ‘tyd uit te koop’ om sy woorde te lees, te bestudeer en daaroor te peins (Ef. 5:15, 16; Ps. 1:1-3). Ons moet nooit ontevrede voel oor die tyd wat dit verg om God se Woord elke dag te lees nie. Ons liefde vir God moet ons eerder na sy Woord toe aantrek, wat ons in staat sal stel om ons kennis van hom en ons liefde vir hom te vergroot.

Ons het uit die Bybel geleer dat Adam, toe hy teen Jehovah gesondig het, sy hele toekomstige nageslag, met inbegrip van elkeen van ons, in ’n droewige, hopelose situasie gedompel het. Maar God kon, en het ook, vir die mensdom ’n uitweg voorsien deur stappe te doen om te verseker dat sy voorneme met hierdie aarde verwesenlik word.—Gen. 3:15.

Elkeen van ons het ongetwyfeld ’n sterk begeerte om die wonderlike naam van ons God te heilig. Namate ons meer leer oor die wonderlike God wat Jehovah is, word ons beweeg om met hom en sy organisasie saam te werk om sy grootse naam en voorneme bekend te maak. Ons kan nou seker wees van sy guns en seën, asook van ’n eindelose toekoms in die nuwe wêreld.

As lede van die Bestuursliggaam wil ons julle dierbare broers en susters van ons liefde verseker. Ons wil ook graag ons innige waardering uitspreek vir julle ywerige pogings om die oorblywende tyd voor “die groot verdrukking” te gebruik om soveel mense as moontlik met die goeie nuus te bereik (Op. 7:14). Deur dit te doen, gee julle hulle dieselfde geleentheid wat julle gekry het, naamlik om van God en van Christus kennis in te neem wat tot die ewige lewe lei.—Joh. 17:3.

Julle broers

Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies

[Prent op bladsy 4]

Carey W. Barber

[Prent op bladsy 4]

John E. Barr

[Prent op bladsy 4]

Samuel Herd

[Prent op bladsy 4]

Geoffrey Jackson

[Prent op bladsy 5]

Theodore Jaracz

[Prent op bladsy 4]

Stephen Lett

[Prent op bladsy 5]

Gerrit Lösch

[Prent op bladsy 5]

Anthony Morris III

[Prent op bladsy 5]

Guy Pierce

[Prent op bladsy 5]

David Splane

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel