SKATTE UIT GOD SE WOORD | GENESIS 36-37
Josef word ’n slagoffer van jaloesie
Dit wat met Josef gebeur het, wys vir ons watter slegte gevolge die verkeerde soort jaloesie kan hê. Ons moet ontslae raak van enige slegte gevoelens van jaloesie wat ons dalk het. Kyk watter teks pas by die rede hoekom ons dit moet doen.
TEKS
REDE
Jaloerse mense sal nie God se Koninkryk erf nie
Jaloesie versteur die vrede en eenheid van die gemeente
Jaloesie maak ons fisies siek
Jaloesie maak dat ons nie die goeie eienskappe in ander kan sien nie
Watter situasies kan maak dat ons jaloers word?