Gebruik die nuwe Webwerf-traktaat
Die titel van die traktaat is Waar kan ons antwoorde op die belangrikste vrae in die lewe vind? Drie vrae verskyn op die agterkant van die traktaat. Wanneer ’n geleentheid ontstaan, vra ’n persoon in watter vraag hy die meeste belangstel en verwys hom na BYBELLERINGE > ANTWOORDE OP BYBELVRAE op die webwerf om die antwoord te vind. Daar sal hy ook antwoorde vind op die vrae: Wat is die Koninkryk van God? en Wat sal God se Koninkryk tot stand bring?
Hou eksemplare van hierdie traktaat byderhand om mense te help leer wat die Bybel oor ons wonderlike toekoms onder God se Koninkryk sê.