Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/03 bl. 8
  • Herbesoeke lei tot Bybelstudies

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Herbesoeke lei tot Bybelstudies
  • Ons Koninkryksbediening—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Skraap die vrymoedigheid bymekaar om herbesoeke te doen
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Tydens herbesoeke
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Die uitdaging om herbesoeke te doen
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Doen jy jou herbesoeke?
    Ons Koninkryksbediening—1989
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2003
km 4/03 bl. 8

Herbesoeke lei tot Bybelstudies

1. Waarom is dit so belangrik om herbesoeke te doen?

1 Jesus het sy dissipels beveel om nie net te preek nie, maar ook om ‘dissipels te maak en hulle te leer’ (Matt. 28:19, 20). ’n Prediker verkondig ’n boodskap, maar ’n onderrigter doen meer. Hy onderrig, verduidelik en gee bewyse. Een manier waarop ons ander leer, is deur herbesoeke by belangstellendes te doen met die doel om Bybelstudies met hulle te begin.

2. Na wie moet ons teruggaan?

2 By wie moet ons herbesoeke doen? Maak ’n punt daarvan om terug te gaan na almal wat lektuur neem of wat selfs net ’n bietjie belangstelling in die goeie nuus toon. As jy belangstelling vind wanneer jy op ’n openbare plek getuig, moet jy die persoon se adres of telefoonnommer probeer kry sodat die belangstelling verder gekweek kan word. Wees optimisties oor ’n Bybelstudie. Hou aan om na mense te soek wat die aanbod van ’n Bybelstudie sal aanvaar, en jy sal hulle waarskynlik vind.—Matt. 10:11.

3, 4. Wat behels dit om doeltreffende herbesoeke te doen?

3 Toon persoonlike belangstelling: Voorbereiding vir ’n doeltreffende herbesoek begin met die eerste besoek. Suksesvolle evangeliedienaars let op waarin die huisbewoner belangstel, en hulle gebruik dit as ’n grondslag vir verdere besprekings. Party vind dit nuttig om ’n vraag aan die einde van die besoek te vra om die huisbewoner se belangstelling vir die volgende besoek te wek. Omdat ons opreg in mense belangstel, hou ons aan om aan hulle te dink selfs nadat ons by die deur weg is, en dit spoor ons aan om hulle so gou moontlik weer te besoek. Probeer, indien moontlik, om terug te gaan terwyl hulle belangstelling nog lewendig is—dalk selfs binne ’n dag of twee.

4 Probeer om voort te bou op jou vorige bespreking wanneer jy ’n herbesoek doen. Stel jou dit ten doel om elke keer ten minste een opbouende skriftuurlike punt te bespreek, en wees gewillig om te luister. Leer die huisbewoner beter ken. Dan kan jy met daaropvolgende besoeke die waarhede uit God se Woord bespreek wat direk verband hou met dinge waaroor hy besorg is.

5. Watter eenvoudige benadering kan gebruik word om Bybelstudies te begin?

5 Wees Bybelstudiebewus: Doen herbesoeke met die doel om ’n Bybelstudie te begin. Hoe kan dit gedoen word? Sê vir die persoon dat jy graag ’n interessante punt vir hom wil wys en gaan dan in die Kennis-boek of Vereis-brosjure na ’n paragraaf waarin jy meen hy sal belangstel. Lees die paragraaf, vra die vraag en bespreek een of twee van die teksverwysings. Dit kan reg daar by die deur binne vyf of tien minute gedoen word. Sluit af deur die volgende vraag te vra en te reël om die gesprek op ’n ander tyd voort te sit.

6. Hoe kan ons toon dat ons besef hoe belangrik dit is om herbesoeke te doen?

6 ’n Belangrike aspek van ons bediening is om al die belangstelling wat ons vind, op te volg. Sit dus tyd opsy in jou weeklikse rooster om herbesoeke te doen. As jy dit doen, sal dit bydra tot die doeltreffendheid van jou bediening en ware vreugde meebring.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel