Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/02 bl. 2
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—2002
  • Soortgelyke materiaal
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—2008
  • Hoekom ons kleredrag en voorkoms saak maak
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2002
km 6/02 bl. 2

Vraebus

◼ Watter standaard van kleredrag en persoonsversorging sal gepas wees wanneer ons Bethelhuise en takkantore besoek?

Wanneer ons Bethel besoek, hetsy ons op ’n toer gaan of by lede van die Bethelgesin gaan kuier, “moet ons kleredrag, persoonsversorging en gedrag dieselfde wees as wat van ons verwag word wanneer ons vergaderinge vir aanbidding by die Koninkryksaal bywoon” (om-AF 131). Daar is egter al opgelet dat party broers en susters uiters informeel aangetrek is wanneer hulle die takkantore besoek. Dit is nie gepas wanneer hierdie fasiliteite besoek word nie. Ons voorkoms moet voorbeeldig, goed versorg en beskeie wees en die fatsoenlikheid en waardigheid weerspieël wat by knegte van Jehovah God pas.—1 Tim. 2:9, 10.

Dit is veral belangrik wanneer ons Bethelhuise en takkantore besoek omdat ons waargeneem word deur baie mense wat nie Getuies is nie. Hierdie mense vorm dalk opinies van God se volk en sy organisasie op grond van wat hulle sien. Dit sal goed wees om Bybelstudente en ander wat Bethel gaan besoek, te herinner aan hoe belangrik dit is om te sorg dat ons kleredrag en persoonsversorging gepas is. Die Bethelgesin sal dit baie waardeer.

As Christenbedienaars moet ons seker maak dat ons voorkoms geen rede tot struikeling gee nie (2 Kor. 6:3, 4). Mag ons eerder deur ons gepaste kleredrag en persoonsversorging altyd “die leer van ons Redder, God, in alles . . . versier”.—Tit. 2:10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel