Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/01 bl. 7
  • Gedenkmaalherinneringe

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gedenkmaalherinneringe
  • Ons Koninkryksbediening—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Gedenkmaalherinneringe
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Gedenkmaalherinneringe
    Ons Koninkryksbediening—1999
  • Gedenkmaal- herinneringe
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Gedenkmaalherinneringe
    Ons Koninkryksbediening—2002
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2001
km 3/01 bl. 7

Gedenkmaalherinneringe

Die Gedenkmaalviering val vanjaar op Sondag, 8 April. Die ouer manne moet aan die volgende sake aandag skenk:

◼ Wanneer die tyd vir die vergadering gereël word, moet julle seker maak dat die embleme eers ná sononder omgestuur sal word.

◼ Almal, met inbegrip van die spreker, moet van die presiese tyd en plek vir die viering in kennis gestel word.

◼ Die regte soort brood en wyn moet verkry en voorberei word.—Sien Die Wagtoring van 15 Februarie 1985, bladsy 19.

◼ Borde, glase en ’n geskikte tafel en tafeldoek moet vooraf na die saal gebring en reggesit word.

◼ Die Koninkryksaal of ander vergaderplek moet voor die tyd deeglik skoongemaak word.

◼ Saalwagters en bedieners moet vooraf gekies en oor hulle pligte en die regte prosedure ingelig word.

◼ Reëlings moet getref word om die embleme te bedien aan enige van die gesalfdes wat siek is en nie teenwoordig kan wees nie.

◼ As ’n uitgesette persoon van die embleme gebruik, moet hy nie as ’n gebruiker getel word nie, maar hy kan by die bywoningsyfer getel word.—Sien The Watchtower van 1 Februarie 1976, bladsy 76.

◼ Wanneer meer as een gemeente dieselfde Koninkryksaal gaan gebruik, moet daar goeie samewerking tussen gemeentes wees om ’n onnodige samehoping in die voorportaal of die ingang, op openbare sypaadjies en in die parkeerterrein te vermy.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel