Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/97 bl. 8
  • Die Bybel—god se gids vir alle mense

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Bybel—god se gids vir alle mense
  • Ons Koninkryksbediening—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • God se Woord voorsien leiding
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Kennis wat van God af kom, beantwoord baie vrae
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Voorgestelde velddiensaanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—2002
  • Begin Bybelstudies gedurende Desember
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1997
km 12/97 bl. 8

Die Bybel—god se gids vir alle mense

1 Daar Is Volgens Skatting Al Viermiljard Bybels In Meer As 2 100 Tale En Dialekte Gedruk, Wat God Se Woord Beskikbaar Stel Aan Meer As 90 Persent Van Die Aarde Se Bevolking. Tog Heers Daar ’N Honger In Die Wêreld “Om Die Woorde Van Die Here Te Hoor” (Amos 8:11). Baie Mense Wat ’N Eksemplaar Van Die Bybel Het, Lees Dit Nie Of Verstaan Nie Die Inhoud Daarvan Nie. Hoe Kan Ons Hulle Motiveer Om Die Bybel As ’N Praktiese Gids In Hulle Lewe Te Gebruik?

2 In Desember Gaan Ons Die Boek Die Bybel—god Se Woord Of Die Mens S’n? Aanbied Saam Met Die Nuwe Wêreld-vertaling Van Die Christelike Griekse Geskrifte Teen ’N Bydrae Van R8,00. Ons Is Spesiale Toestemming Verleen Om Die Nuwe Wêreld-vertaling Van Die Christelike Griekse Geskrifte In Die Vyf Plaaslike Tale Teen ’N Verlaagde Tarief Van R4,00 Aan Te Bied. Almal Word Aangemoedig Om Dit By Elke Gepaste Geleentheid Aan Te Bied. Dit Kan Gedoen Word Deur Die Aandag Te Vestig Op Die Duidelike, Moderne Taal Waarin Dit Vertaal Is. (Sien die “Hele Skrif”-boek, bladsy 328, paragraaf 6.) Ons Sal Ons Opregte Waardering Vir Hierdie Gawe Van Jehovah Toon Deur Ander Geesdriftig Te Help Om Die Bybel As God Se Gids Vir Alle Mense Te Aanvaar.

3 Jy kan ’n aanbieding inlei deur die traktaat “Waarom jy die Bybel kan vertrou” te gebruik. Dalk kan jy iets sê soos:

◼ “Al is die Bybel beskikbaar aan meer as 90 persent van die wêreld se bevolking, is daar min mense wat dit gereeld lees. Wat dink jy is die rede hiervoor?” Lees die eerste twee paragrawe van die traktaat, asook 2 Timoteus 3:16. Bied die Christelike Griekse Geskrifte saam met die God se woord-boek teen ’n bydrae van R8,00 aan. As die huisbewoner die aanbod van die hand wys, kan jy hom vra om self die res van die traktaat te lees. Vestig die aandag op die laaste onderhofie “Voorspellings”.

4 Wanneer jy teruggaan na mense by wie jy die traktaat “Waarom jy die Bybel kan vertrou” gelaat het, kan jy die volgende probeer:

◼ Nadat jy jou weer voorgestel het, kan jy die laaste twee paragrawe van die traktaat lees. Vra die huisbewoner of hy al ooit aan die moontlikheid gedink het om vir ewig op die aarde te lewe. Nadat hy geantwoord het, kan jy sê: “Jehovah se Getuies is seker dat al die profesieë in die Bybel vervul sal word, onder andere dié wat ’n wonderlike toekoms voorspel vir alle mense wat aan God se vereistes voldoen.” Wys vir die huisbewoner die prent op bladsy 13 in die Vereis-brosjure, blaai terug na les 5 en bied aan om die antwoorde op die lys vrae te bespreek, en begin sodoende ’n studie.

5 In gebiede waar mense godsdienstig is, kan jy hierdie benadering tydens die eerste besoek probeer:

◼ “Ons moedig groter respek vir die Bybel aan. Baie gesinne het ’n Bybel, maar hulle raadpleeg dit selde wanneer hulle ernstige probleme het. Het jy dit al opgelet? [Wag vir ’n antwoord.] Moontlik glo hulle dat die Bybel verouderd is. Hierdie boek Die Bybel—God se woord of die mens s’n? bied afdoende bewys dat die Bybel wetenskaplik akkuraat is en dat dit praktiese oplossings vir vandag se dringende probleme bied.” Vestig die aandag op ’n paar punte in hoofstuk 8 of hoofstuk 12 van die boek en bied dit dan saam met die Bybel aan.

6 Wanneer jy teruggaan na iemand wat die Bybel en die “God se woord”-boek geneem het, kan jy sê:

◼ “Toe ek jou laas besoek het, het ons bespreek hoe die Bybel ons help om vandag se ingewikkelde probleme op te los. Diegene wat dit as God se Woord aanvaar het, is ook gehelp om gelukkiger, bevredigender lewens te lei. Ek wil graag vir jou een van die praktiese Bybelbeginsels wys wat verduidelik word in die boek wat ek by jou gelaat het.” Bespreek een van die skriftuurlike beginsels wat in hoofstuk 12, paragrawe 3-6, gevind kan word, en lees ten slotte paragraaf 7. As belangstelling getoon word, kan jy ’n studie in die Kennis-boek of die Vereis-brosjure aanbied.

7 Die volgende aanbieding wek dalk belangstelling by ouer mense:

◼ “Daar was ’n tyd toe die Bybel in die meeste huise gelees is en toe gesinne volgens die beginsels daarin geleef het. Was dit die geval in u gesin? [Wag vir ’n antwoord.] Dit lyk asof baie se aandag vandag deur te veel dinge afgelei word om tyd aan Skriflesing te wy, of hulle meen dat die sedelike beginsels daarin verouderd is. Hoofstuk 13 van hierdie boek Die Bybel—God se woord of die mens s’n? vertel van drie werklike ondervindinge van individue wie se lewens ten goede verander het nadat hulle die Bybel bestudeer het. As u wil lees hoe die krag van God se Woord hulle gehelp het, sal ek graag hierdie boek saam met hierdie maklik leesbare vertaling van die Bybel by u laat.”

8 Tydens die herbesoek kan jy sê:

◼ “Toe ons laas gesels het, het ons saamgestem dat die Bybel se sedelike beginsels deur vandag se samelewing geïgnoreer word. Behoort hierdie onverskilligheid vir ons van belang te wees? [Wag vir ’n antwoord.] Jesus Christus het groot waarde daaraan geheg om Bybelkennis in te neem.” Lees Johannes 17:3. Bespreek dan paragraaf 5 van hoofstuk 1 in die Kennis-boek. Verduidelik ons gratis Bybelstudieprogram, en bied aan om dit te demonstreer.

9 Bid dat Jehovah al jou pogings sal seën om mense se aandag op die Bybel—God se gids vir alle mense—te vestig.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel