Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/96 bl. 8
  • Verkondig die kennis wat tot die ewige lewe lei

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Verkondig die kennis wat tot die ewige lewe lei
  • Ons Koninkryksbediening—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • “Dít beteken die ewige lewe”
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Kennis wat van God af kom, beantwoord baie vrae
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Voorgestelde velddiensaanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • ‘Geloof volg op wat gehoor word’
    Ons Koninkryksbediening—1996
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1996
km 6/96 bl. 8

Verkondig die kennis wat tot die ewige lewe lei

1 Jehovah is die een “wat die mens kennis leer” (Ps. 94:10). Hy gebruik ons om lewensreddende kennis aangaande hom te verkondig aan diegene wat nie weet hoe om hom op aanneemlike wyse te dien nie. Die boek Kennis wat tot die ewige lewe lei is ’n goeie onderrigmiddel waardeur opregtes van hart ’n juiste begrip van God uit sy geskrewe Woord, die Bybel, kan verkry (1 Tim. 2:3, 4). Die Kennis-boek se duidelike en logiese uiteensetting van die waarheid sal mense help om te begryp wat Jehovah hulle wil leer. Hierdie maand wil ons mense by gesprekke betrek wat daartoe sal lei dat hulle die boek wil lees. Hier is ’n paar wenke. Moenie dit probeer memoriseer nie, maar probeer eerder om die sleutelgedagtes in jou eie woorde en op ’n natuurlike manier uit te druk.

2 Aangesien die meeste mense al ’n geliefde aan die dood afgestaan het, kan jy die opstandingshoop in ’n gesprek inbring deur eers iets te sê soos:

◼ “Die meeste van ons het al ’n geliefde aan die dood afgestaan. Het jy al gewonder of jy daardie persoon weer sal sien? [Wag vir ’n antwoord.] Die dood was nie deel van God se oorspronklike voorneme met die mens nie. Jesus het bewys dat ons geliefdes uit die dood gered kan word. [Lees Johannes 11:11, 25, 44.] Hoewel dit eeue gelede plaasgevind het, toon dit wat God belowe het om vir ons te doen. [Maak die Kennis-boek by die prent op bladsy 85 oop en lees die byskrif. Wys dan die prent op bladsy 86 en lewer kommentaar daaroor.] As jy meer wil lees oor hierdie vertroostende hoop van die opstanding, sal ek graag hierdie boek by jou wil laat teen ’n bydrae van R3,50.”

3 Ná die eerste bespreking oor die opstandingshoop kan jy die volgende gesprek met dieselfde persoon so begin:

◼ “Jy onthou dalk dat ek gesê het dat die dood nie deel van God se oorspronklike voorneme met die mens was nie. As dit die geval is, waarom word ons oud en sterf ons? Party skilpaaie lewe meer as 100 jaar, en daar is bome wat al duisende jare oud is. Waarom lewe mense net 70 of 80 jaar? [Wag vir ’n antwoord.] Ons sterf omdat die eerste mensepaar ongehoorsaam was aan God.” Lees Romeine 5:12. Blaai na bladsy 53 in die Kennis-boek en lees die hoofstuk se titel. Bespreek die eerste drie paragrawe en dui die antwoorde op die gedrukte vrae aan. Reël om later terug te kom om die res van die hoofstuk te bespreek. Spoor die persoon aan om dit intussen klaar te lees.

4 As jy met iemand praat wat blykbaar godsdienstig is, kan jy sê:

◼ “Daar is vandag letterlik honderde verskillende godsdienste. Hulle leer allerhande teenstrydige opvattings. Party mense sê dat alle godsdienste goed is en dat dit geen verskil maak wat ons glo nie. Hoe voel jy hieroor? [Wag vir ’n antwoord.] Jesus het mense die ware godsdiens geleer en het getoon dat ander vorme van aanbidding nie vir God aanneemlik is nie. [Lees Matteus 7:21-23.] As ons God wil behaag, moet ons hom in ooreenstemming met sy wil aanbid.” Maak die Kennis-boek by hoofstuk 5 oop, lees die titel, en vestig die aandag op ’n paar van die onderhofies. Verduidelik dat hierdie inligting ’n mens sal help om te leer hoe om God te behaag. Bied die boek aan teen ’n bydrae van R3,50.

5 Mense wat verward is omdat daar soveel godsdienste is, sal dalk met jou herbesoek die antwoord op hierdie vraag waardeer:

◼ “Hoe kan ons weet watter godsdiens die regte een is, aangesien daar vandag soveel verskillende godsdienste bestaan? Waarna sou jy soek? [Wag vir ’n antwoord.] Jesus het vir ons gesê hoe ons sy ware volgelinge kan identifiseer.” Lees Johannes 13:35. Bespreek paragrawe 18 en 19 in hoofstuk 5 van die Kennis-boek. Wys daarop dat ’n mens die ware godsdiens kan uitken deur hierdie skriftuurlike riglyne en die proses van uitskakeling te gebruik. Vertel hoe Jehovah se Getuies regoor die wêreld vir hulle opregte liefde en hoë sedelike standaarde bekend is. Verduidelik hoe ’n studie van die Bybel, met behulp van die Kennis-boek, die vorm van aanbidding wat God goedkeur duidelik sal identifiseer.

6 As jy ’n ouer teëkom, sal hierdie benadering dalk doeltreffend wees:

◼ “Ons hoor elke dag verslae oor die roekelose gedrag van jeugdiges wat lyk of hulle hoegenaamd geen sedelike waardes het nie. Party volwassenes wil die skoolstelsel blameer omdat hulle die kinders nie die verskil tussen reg en verkeerd leer nie. Wie dink jy behoort hierdie opleiding te voorsien? [Wag vir ’n antwoord.] Luister na wat die Bybel oor hierdie vraag sê. [Lees Efesiërs 6:4.] Dit sê vir ons dat dit die ouers se verantwoordelikheid is om sedelike waardes by kinders in te skerp.” Maak die Kennis-boek op bladsy 145 oop, lees paragraaf 16 en lewer kommentaar oor die prente op bladsy 147. Verduidelik dat die boek só saamgestel is dat die hele gesin dit kan bestudeer. Bied aan om te demonstreer hoe ons so ’n studie met gesinne hou deur paragrawe 17 en 18 op bladsy 146 te gebruik.

7 As jy met die eerste besoek ’n studie met ’n bekommerde ouer begin het, kan jy dit met die herbesoek voortsit deur te sê:

◼ “Vandag se wêreld plaas baie versoekings voor ons jongmense. Dit maak dit vir hulle so moeilik om godvresend te wees terwyl hulle groot word. Jy onthou dalk dat ons gedurende ons laaste bespreking twee beginsels uitgelig het. As godvrugtige ouers moet ons vir ons kinders goeie voorbeelde stel, en ons moet voortdurend vir hulle wys dat ons hulle liefhet. Daar is nog iets wat kinders volgens die Bybel van hulle ouers nodig het.” Lees Spreuke 1:8. Blaai na bladsy 148 in die Kennis-boek en sit die studie voort deur paragrawe 19-23 te dek. Stel voor dat jy terugkom om met die hele gesin te studeer deur by hoofstuk 1 te begin.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel