Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/94 bl. 3
  • Nuwe kringbyeenkomsprogram

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nuwe kringbyeenkomsprogram
  • Ons Koninkryksbediening—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Nuwe Kringbyeenkomsprogram
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Nuwe kringbyeenkomsprogram
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Maak seker van die belangriker dinge
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Let voortdurend op hoe julle wandel
    Ons Koninkryksbediening—1989
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1994
km 7/94 bl. 3

Nuwe kringbyeenkomsprogram

1 Die tema wat ontwikkel sal word by die nuwe kringbyeenkomsprogram wat in September begin, is “Bly wakker, staan vas, word sterk”. Dit is gegrond op die apostel Paulus se bemoedigende woorde aan die eerste-eeuse Christene wat in 1 Korinthiërs 16:13 opgetekenis.

2 Die program sal begin deur ons voortdurende behoefte aan geestelike selfondersoek te beklemtoon. Om in hierdie “laaste dae” standvastig te bly by wat reg is, is dit nodig dat ons ’n realistiese evaluasie maak van ons verhouding met Jehovah en waar ons ten opsigte van sy aardse organisasie staan (2 Tim. 3:1). Ons sal herinner word aan God se waardering vir al ons harde werk. Dit is nodig dat ons onderrig word in maniere waarop ons ons Christelike eienskappe kan verbeter en ons altyd voorbeeldig kan gedra.

3 Die noodsaaklikheid daarvan om ywerig dissipels te maak terwyl ons daarna streef om geestelik vooruitgang te maak en verantwoordelikhede na te kom, sal ook beklemtoon word. Praktiese wenke oor hoe individue en gesinne ’n gereelde geestelike voedingsprogram kan handhaaf, sal in ’n verskeidenheid van toesprake, demonstrasies en besprekings aangebied word. Daar sal ook ’n vergadering wees vir alle ongetroude broers wat as ouere manne of bedieningsknegte dien en wat daarin belangstel om die Bedieningsopleidingskool by te woon.

4 Op die Saterdag van die byeenkoms sal doopkandidate wat kwalifiseer hulle toewyding deur middelvan waterdoop in die openbaar kan bekend maak. Dan, op Sondag, sal ons almal teenwoordig wil wees vir die openbare toespraak met die titel: “Wat is jou posisie voor God?”

5 Die program sal afsluit met aanmoediging om vas te staan in die geloof en altyd in die gees van liefde en vrede teenoor mekaar op te tree. Die kringbyeenkoms is een van die spesiale geleenthede wat Jehovah vir ons almal voorsien sodat ‘ons mekaar tot liefde en goeie werke kan aanspoor’ (Hebr. 10:24, 25). Tref definitiewe reëlings sodat jy albei dae vir die hele program teenwoordig kan wees.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel