Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/93 bl. 1
  • Help nuwelinge om vooruitgang te maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Help nuwelinge om vooruitgang te maak
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe ons met ons Gemeentelike Boekstudiehouer kan saamwerk
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Gaan April ’n spesiale maand vir jou wees?
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • April—’n Tyd om ‘hard te werk en ons in te span’
    Ons Koninkryksbediening—2001
  • Kan ons April 2000 ons beste maand tot nog toe maak?
    Ons Koninkryksbediening—2000
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1993
km 4/93 bl. 1

Help nuwelinge om vooruitgang te maak

1 Op 17 April 1992 het byna 11,5 miljoen mense wêreldwyd vergader om die herdenking van Christus se dood te vier. Dit was meer as twee en ’n halwe keer die totale getal verkondigers wat met gemeentes van Jehovah se Getuies assosieer. Hoe bemoedigend is dit tog nie om sulke menigtes “na die berg van die HERE” te sien stroom nie! (Miga 4:2). Daar is tans ongeveer sewemiljoen mense wat ’n mate van belangstelling in ware aanbidding toon en nog nie openbare lowers van Jehovah is nie. Jesus se woorde dat “die oes wel groot is”, het beslis nog nooit soveel beteken nie!—Matt. 9:37, 38.

2 Gedurende die maand April sal ons ’n spesiale poging aanwend om almal wat aan die vereistes voldoen te help om ’n aandeel aan die veldbediening te hê. Die Gemeentelike Boekstudiehouer, wat deur ander bekwame verkondigers en pioniers in sy groep bygestaan word, sal ’n sleutelrol hierin speel. Ons drieledige doel is (1) om ’n tuisbybelstudie te reël met nuwelinge wat die spesiale openbare toespraak en die Gedenkmaal hierdie jaar bywoon; (2) om diegene wat studeer aan te moedig om aan die vereistes te voldoen om ongedoopte verkondigers te wees en (3) om ons persoonlike aandeel aan die veldbediening te vergroot.

3 Almal moet ’n spesiale poging aanwend om nuwelinge wat enige van ons vergaderinge bywoon te verwelkom en te leer ken. Wat kan ons doen om meer van hierdie belangstellendes aan te moedig om ’n gereelde tuisbybelstudie te hê?

4 Gedurende die 1992-diensjaar is gemiddeld 53 352 Bybelstudies elke maand in Suid-Afrika gehou. Verkondigers kan hulle boekstudiehouer nooi om saam met hulle na Bybelstudies te gaan sodat hulle die studente kan leer ken (kmAF 7/81 bl. 3). Party van die Bybelstudente woon moontlik nou vergaderinge by en voldoen aan die vereistes om aan die huis-tot-huis-werk deel te neem. Doen nuwelinge min of meer gereeld informele getuieniswerk? Voldoen hulle aan die vereistes om ongedoopte verkondigers te word, soos uiteengesit in Ons bediening, bladsye 97-9? Indien wel, moet julle aan hulle verduidelik hoe hulle moontlik met die huis-tot-huis-werk kan begin nadat hulle as ongedoopte verkondigers goedgekeur is.

5 Ons moet nie vergeet om mekaar aan te moedig in ons Christelike assosiasie nie (Hebr. 10:24, 25). As enigiemand in hulle bediening verslap het, moet boekstudiehouers definitiewe reëlings tref om hulp en bemoediging te bied. Partykeer is ’n hartlike uitnodiging om ons in die veldbediening te vergesel al wat nodig is.

6 Almal se samewerking word vereis om van April ’n uitstaande maand van velddiensbedrywigheid te maak. Die boekstudiehouer se entoesiastiese leiding kan die verskil maak namate hy elke lid van sy groep help om ’n volle aandeel aan die bediening te hê. Bykomende vergaderinge vir velddiens kan gereël word. Spesiale aandag kan aan die bejaardes geskenk word, en jongmense kan op praktiese maniere gehelp word. Ouers moet daarvoor sorg dat die hele gesin gedurende April aan die bediening deelneem. As ons almal ons bes vir Jehovah in hierdie oestyd doen, sal ons sy ryk seëning ontvang.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel