Teokratiese Nuus
♦ Australië het in Oktober ’n hoogtepunt van 48 558 verkondigers gehad. Dit is ’n vermeerdering van 3 144 vergeleke met verlede Oktober.
♦ Die Ivoorkus het vir Oktober ’n hoogtepunt van 2 926 verkondigers gerapporteer. Die getal gewone pioniers neem elke maand toe. Agttien persent van die verkondigers is tans in die pionierdiens.
♦ Ciprus het in Oktober hulle vierde agtereenvolgende verkondigerhoogtepunt gehad met 1 168 wat gerapporteer het.
♦ Hongkong was bly om vir Oktober ’n hoogtepunt van 1 795 verkondigers en ’n hoogtepunt van 2 929 Bybelstudies te rapporteer. Die gemeentelike verkondigers het gemiddeld 16,4 uur gerapporteer.