Bied die Goeie Nuus Aan—Deur gesprekdempers te bowe te kom
1 Dit moet ons innige begeerte wees om met elke geleentheid wat ons het om ’n Koninkryksgetuienis te gee, die boodskap op die beste, bekwaamste manier moontlik aan te bied. Selfs wanneer ons voor moeilike omstandighede te staan kom, herinner Hebreërs 13:15 ons: “Laat ons dan gedurig . . . aan God ’n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.” As ons gereed is om die Redenering-boek bekwaam te gebruik om gesprekdempers te bowe te kom, sal dit die gehalte van ons bediening verbeter.
2 Daar kan verskeie redes wees waarom ’n huisbewoner ’n potensiële gesprekdemper gebruik. Hoewel baie mense miskien opreg is, is ander opsetlik ontwykend of probeer hulle die doeltreffendheid en voortsetting van ons aanbiedinge in die wiele ry. As ons met party van die wenke in die Redenering-boek vertroud is, kan ons die situasie vinnig beoordeel en paslik antwoord (Spr. 25:11; Jes. 50:4). Dit kan die weg baan vir ’n goeie getuienis wat andersins nie moontlik sou wees as ons nie voorberei was om hierdie uitdaging te aanvaar nie. Dink gerus ernstig oor hoe jy party alledaagse, potensiële gesprekdempers kan antwoord.
3 “EK STEL NIE BELANG NIE”: Let op dat feitlik al die antwoordwenke op bladsy 16 van die Redenering-boek behels dat ons ’n paar taktvolle, direkte en gedagteprikkelende vrae aan die huisbewoner stel. Dit is ’n goeie benadering, aangesien dit die huisbewoner aan die praat kry. Sodoende kan sy mening en gevoelens geopenbaar word. Dit kan jou weer help om die gesprek verder te voer.
4 Het jy ooit wanneer iemand gesê het, “Ek stel nie belang nie”, gevra: “Sal u belang stel as ek vir u uit die Bybel kon toon hoe alle misdaad, oorlog en rassespanning uit die weg geruim sal word?” Probeer dit. Ander het goeie welslae behaal deur sulke vrae te gebruik.
5 “EK IS BESIG”: Soos met alle ander potensiële gesprekdempers kan hierdie een kortliks erken word en dan as ’n trapklip gebruik word om ’n verkorte boodskap aan te bied. Jy kan miskien die eerste wenk op bladsy 19 gebruik: “Dan sal ek saaklik wees. Ek het gekom om net een belangrike gedagte met u te deel.” Jy kan dan die kerngedagte van die huidige ‘Onderwerp vir gesprekke’ oor godsdiens meld.
6 Wanneer ons sien dat die huisbewoner regtig besig is, moet ons dit erken, en kan ons dan ’n gedagteprikkelende vraag stel en aanbied om dit by ’n latere geleentheid te antwoord. Een verkondiger het laasgenoemde benadering gebruik, en die huisbewoner wat ’n onmiddellike antwoord op die vraag wou hê, het na hom kom soek. Is sulke resultate nie die tyd en inspanning werd wat ons bestee aan voorbereiding om potensiële struikelblokke wat ons in die bediening teëkom, te bowe te kom nie?
7 Die openingskommentaar op bladsy 15 van die Redenering-boek herinner ons daaraan dat die Koninkryksboodskap aangrypend sowel as geloofversterkend is. Dit het die vermoë om die lewens van diegene wat luister te verander. Elke Koninkryksverkondiger wat hierdie feite erken, sal ’n voortreflike offer, “die jong stiere van ons lippe”, wil gee wanneer hy aan die getuieniswerk deelneem (Hos. 14:2, NW). Moenie toelaat dat potensiële gesprekdempers die gehalte van jou diens laat afneem of jou vreugde demp nie. Maak goed gebruik van die Redenering-boek wanneer jy die goeie nuus aanbied.