Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/85 bl. 1-2
  • Toon die “gees van die geloof”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Toon die “gees van die geloof”
  • Ons Koninkryksbediening—1985
  • Soortgelyke materiaal
  • Gaan jy binnekort die pionierdiens betree?
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Gewone pionierdiens—’n Uitnodiging om groter geluk te smaak
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Pionierdiens—Is dit vir jou?
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Kan jy Jehovah as ’n pionier dien?
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1985
km 8/85 bl. 1-2

Toon die “gees van die geloof”

1 Dit verg ware geloof om die boodskap van God se Koninkryk onbevrees te spreek. Die apostel Paulus het geskryf: “Omdat ons dieselfde Gees van die geloof het​—soos geskrywe is . . . glo ons ook, daarom spreek ons ook” (2 Kor. 4:13). Jehovah se volk het vandag daardie geloof. En ons het beslis gespreek​—meer as 505 miljoen uur gedurende die 1984-diensjaar! Die pioniers was onder die wat die leiding geneem het in hierdie betuiging van ware Christelike geloof. Gemeentelike verkondigers het ook ’n prysenswaardige bewys van ware geloof gelewer.

2 As ’n Koninkryksverkondiger beklee jy die sleutelposisie in die hedendaagse teokratiese gemeenskap. Geloof dat ons in die laaste dae lewe, tesame met ’n gevoel van dringendheid, kan jou beweeg om jou omstandighede biddend te oorweeg om te sien of jy meer kan doen as ’n Koninkryksverkondiger of miskien selfs die pionierdiens kan betree. Het jy gesinsverantwoordelikhede? Verantwoordelikhede in die gemeente? Miskien geniet jy nie goeie gesondheid nie. Party het finansiële verpligtinge. Ander meen dalk dat hulle te oud is. Vir party is dit miskien grondige redes om nie nou die pionierdiens te betree nie. Maar tienduisende van ons broers en susters het die pionierdiens as doelwit gestel, en toe hulle omstandighede dit toegelaat het, het hulle die pionierdiens met vreugde betree.

3 Die “vaste vertroue” wat ons as Christene het, behoort ons besluite te beïnvloed en ons lewens diep te raak. As jy binnekort jou hoërskoolloopbaan gaan voltooi, moet jy jou afvra: Wat is die beste manier waarop ek my liefde vir God en vir Christus kan toon met die vryheid wat ek as ’n jong, ongebonde persoon geniet?’ Beroof materiële strewes party lede van jou gesin van die vreugde van uitgebreide diens? Wat verhinder jou, as jy ’n jong, ongetroude broer is, om die voltydse diens te betree en sodoende nuttiger te word vir Jehovah se sigbare organisasie? Party wat uit hulle sekulêre werk afgetree het, het gevind dat hulle nuwe omstandighede die deur tot die pionierdiens open. Wat ook al jou omstandighede, jy kan in ’n groter mate uiting gee aan jou geloof as jy jou omstandighede eerlik takseer met die doel om as ’n gewone pionier te dien.​—Hebr. 11:1.

4 In Suid-Afrika en die buurlande onder toesig van hierdie tak het die pioniergeledere vermeerder van 1 537 in September 1983 tot 1 750 verlede September toe die 1985-diensjaar begin het. Kan ons hierdie September iets soortgelyks doen? Aansoeke om pionierdiens moet ’n maand voor die tyd ingegee word. As jy egter die eerste September vanjaar met pionierdiens wil begin, kan jy nog jou aansoekvorm aan die Gemeentelike Dienskomitee gee. Dit is nie te laat nie!

5 Kan jy besliste planne maak om ten minste ’n jaar lank pionierdiens te doen? Die wete dat jy jou daartoe verbind het, sal vir jou ’n groter aansporing wees. Kan jy, as jy nie nou aanpassings in jou omstandighede kan maak sodat jy ’n gewone pionier kan wees nie, jou diens as ’n gemeentelike verkondiger verbeter of kan jy miskien af en toe of selfs ononderbroke as ’n hulppionier dien? Geloof neem toe wanneer dit beoefen word. Jou geloof en vertroue kan gevoed word deur hulppionierdiens te doen, en jy besef dalk selfs dat jy, met Jehovah se hulp en seën, as ’n gewone pionier kan dien.​—Mal. 3:10; Luk. 14:28-30.

6 Die “gees van die geloof” is vandag waarlik duidelik onder Jehovah se volk. Dink gerus ernstig daaroor na om jouself geestelik te verryk deur van 1 September af as ’n gewone of hulppionier te dien.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel