Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w06 12/15 bl. 3
  • Die Kersgees—Die hele jaar deur?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Kersgees—Die hele jaar deur?
  • ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • Moet jy Kersfees vier?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Die oorsprong van die hedendaagse kersfees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Wat beteken Kersfees vir jou?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Die soeke na die Kersgees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
Sien nog
ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
w06 12/15 bl. 3

Die Kersgees—Die hele jaar deur?

“Heerlikheid aan God in die hoogtes daar bo, en op aarde vrede onder mense van welwillendheid.”—Lukas 2:14.

MILJOENE mense is vertroud met hierdie woorde van God se engele toe hulle Jesus se geboorte bekend gemaak het aan herders wat in die nag hulle kuddes opgepas het. Op min of meer die datum waarop Jesus volgens die kerke gebore is, wend talle naamchristene ’n spesiale poging aan om hulle gedrag te verbeter. Die vreugde, vrede en welwillendheid—eienskappe wat in die engele se aankondiging gemeld is—wat tydens hierdie seisoen waarneembaar is, word dikwels die Kersgees genoem.

Sulke positiewe gevoelens trek selfs mense aan wat geen godsdienstige betekenis aan Kersfees heg nie. Hulle waardeer ook die hartlike gevoelens wat hierdie viering skynbaar bevorder. Op plekke waar mense tydens Kersfees nie skool of werk toe hoef te gaan nie, bied die vakansie mense die geleentheid om te ontspan, tyd saam met hulle gesin en vriende deur te bring, of bloot ’n aangename tyd te hê. Natuurlik beskou talle opregte mense Kersfees hoofsaaklik as ’n tyd om Jesus Christus te eer.

Watter betekenis hulle ook al aan Kersfees heg, die meeste mense sal geredelik erken dat enige positiewe gevoelens wat daardeur gewek word, dikwels kortstondig is. Mense keer gou weer terug na hulle normale gedragspatroon. ’n Essay met die titel “Die Kersgees”, wat in ’n brief deur die Koninklike Bank van Kanada gepubliseer is, het gesê: “Gans te veel ‘Christene’ beantwoord slegs ’n paar weke elke jaar aan hierdie beskrywing, en dan loop hulle oor van welwillendheid teenoor hulle medemens tot ná Nuwejaar, wanneer hulle terugkeer na hulle selfsugtige bestaan en hulle onverskilligheid teenoor die benarde toestand van ander mense.” Wat “wesenlik verkeerd” is met die Kersgees, het dieselfde brief verder gesê, is dat mense dit nie “die hele jaar deur” openbaar nie.

Hetsy jy met daardie beskouing saamstem of nie, dit laat belangrike vrae ontstaan. Sal mense ooit in staat wees om altyd vrygewig teenoor ander te wees en hulle altyd met begrip te behandel? Is dit hoegenaamd realisties om te hoop dat die engele se verklaring op die aand van Jesus se geboorte bewaarheid sal word? Of is die hoop van ware vrede maar net ’n droom?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel