Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w05 4/15 bl. 21-22
  • ’n Nuttige hulpmiddel vir vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Nuttige hulpmiddel vir vertaling
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Behou ’n gebalanseerde beskouing van rekenaartegnologie
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Kuberaanval!
    Ontwaak!—2012
  • Jou Bybel—Hoe dit gemaak is
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • ’n Mylpaal vir liefhebbers van God se Woord
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
w05 4/15 bl. 21-22

’n Nuttige hulpmiddel vir vertaling

DIE Outeur van die Bybel, Jehovah God, wil hê dat die goeie nuus van sy Koninkryk “aan elke nasie en stam en taal en volk” bekend gemaak moet word (Openbaring 14:6). Hy wil hê dat sy geskrewe Woord geredelik beskikbaar moet wees vir die hele mensdom. Daarom is die Bybel in meer tale vertaal as enige ander boek in die wêreld. Duisende vertalers het geen tyd of moeite ontsien om God se gedagtes in ’n ander taal weer te gee nie.

Maar die Bybel is nie net teks wat vertaal moet word nie. Dit is al keer op keer gebruik as ’n hulpmiddel om ander tekste te vertaal. Baie vertalers het al die vertalings van Bybelterme in verskillende tale vergelyk om ’n goeie vertaling vir sekere woorde te vind. Die Bybel se kenmerke as ’n hulpmiddel vir vertaling word nou ook in rekenaarvertaling benut.

Dit is werklik moeilik vir ’n rekenaar om te vertaal. Sommige deskundiges het selfs gemeen dat ’n rekenaar dit nie kan doen nie. Waarom nie? ’n Taal is nie net ’n stel woorde nie. Elke taal het sy eie woordkombinasies, reëls, uitsonderings op hierdie reëls, idiome en sinspelings. Pogings om ’n rekenaar dit alles te leer, was nie baie suksesvol nie. Die meeste van die rekenaarvertalings wat gedoen is, was nouliks verstaanbaar.

Nou ondersoek rekenaarwetenskaplikes egter nuwe maniere om te vertaal. “In ons benadering gebruik ons statistiese modelle om die waarskynlikste vertaling te vind”, sê Franz Josef Och, ’n vooraanstaande deskundige op die gebied van rekenaarvertaling. Gestel jy wil ’n Hindi-teks in Engels vertaal. Eerstens neem jy ’n teks wat in albei tale beskikbaar is. Dan voer jy dit in ’n rekenaar in. Die rekenaar vergelyk die tekste. Wanneer die rekenaar byvoorbeeld dieselfde Hindi-woord op verskeie plekke vind en elke keer die Engelse woord “house” in die ooreenstemmende frase vind, maak die rekenaar die gevolgtrekking dat die Hindi-woord die woord vir “house” moet wees. En dit is waarskynlik dat die woorde daar naby byvoeglike naamwoorde sal wees, soos “groot”, “klein”, “ou” of “nuwe”. Die rekenaar maak dus ’n lys van ooreenstemmende terme en woordkombinasies. Ná hierdie “opleiding”, wat dalk net ’n paar dae of weke neem, kan die rekenaar die dinge wat dit “geleer” het, op nuwe teks toepas. Hoewel die vertaling wat dan gedoen word, dalk swak is wat die grammatika en styl betref, is dit gewoonlik leesbaar genoeg om die betekenis en die belangrike besonderhede oor te dra.

Die gehalte van die vertaling hang tot ’n groot mate af van die hoeveelheid en gehalte van die teks wat oorspronklik in die rekenaar ingevoer is. En in hierdie opsig is die Bybel waardevol. Dit is in baie tale sorgvuldig vertaal, is maklik verkrygbaar en bevat ’n groot hoeveelheid teks. Die Bybel was dus die navorser se eerste keuse toe hy die rekenaar opgelei het om in ’n nuwe taal te vertaal.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel