Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 5/15 bl. 3
  • Die mens se strewe om God te behaag

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die mens se strewe om God te behaag
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2004
  • Ware leringe—Waar kan jy dit vind?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2000
  • Wat gebeur by die dood?
    Jy kán God se vriend wees!
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 5/15 bl. 3

Die mens se strewe om God te behaag

“DAAR was nog nooit ’n mensegemeenskap waarin God nie ’n rol gespeel het nie, gewoonlik ’n rol as ’n beheerder en ’n skepper. Dit is selfs die geval met gemeenskappe wat doelbewus sekulêr probeer wees.” So skryf John Bowker in sy boek God—A Brief History. Hoe dit ook al sy, die strewe om God te vind en sy guns te verkry, vorm ’n onafskeidelike deel van menslike gedrag. Baie mense regoor die wêreld het ’n opregte begeerte om God te behaag. Die manier waarop hulle dit probeer doen, verskil natuurlik na gelang van hulle oortuigings.

Party glo dat ’n mens net ’n goeie lewe hoef te lei om God se guns te verkry. Ander meen dat hulle God se goedkeuring deur liefdadigheidswerk onder die armes kan verkry. Dan is daar miljoene wat godsdiensseremonies en -ritusse as belangrik beskou.

Aan die ander kant is daar mense wat glo dat God buite hulle bereik is—te ver verwyderd of te besig met ander sake om aandag te skenk aan gewone mense. Die filosoof Epikurus van eertydse Griekeland het na bewering geglo dat ‘gode te ver van ons is om ons te help of te benadeel’. Nietemin is baie wat so voel godsdienstig. Party bring selfs offerandes en voer ritusse uit om afgestorwe voorouers te paai.

Wat dink jy? Sien God werklik ons pogings raak om sy guns te verkry? Is dit vir ons moontlik om God se hart te raak en hom te behaag?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel