Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w97 4/1 bl. 19
  • Die “Heilige Kleed van Trier”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die “Heilige Kleed van Trier”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom gaan kyk hulle na die kleed?
  • Die ysbeer se ingenieursprestasie
    Ontwaak!—1991
  • “Gryp die slip van ’n Joodse man vas”
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2017
  • Jehovah se gesin geniet kosbare eenheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Handhaaf eenheid in hierdie laaste dae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
w97 4/1 bl. 19

Die “Heilige Kleed van Trier”

TRIER, wat ’n geskiedenis van 2000 jaar het, is die oudste stad in Duitsland.a Eeue lank het Trier noue bande met die Katolieke Kerk gehad. In 1996 het die katedraal in Trier ’n reliek vertoon wat skynbaar amper so oud soos die stad self is. Dit word die Heilige Kleed van Trier genoem.

Die kleed is 1,57 meter lank en 1,09 meter wyd en het halfmoue. Dit is van katoen en is waarskynlik as ’n bokleed gedra, aldus Hans-Joachim Kann in sy boek Wallfahrtsführer Trier und Umgebung (Pelgrimstog-gids vir Trier en omgewing). Volgens party skattings dateer die oorspronklike kledingstuk—waarvan groot dele oor die eeue met ander materiaal heelgemaak en versterk is—uit die tweede of selfs die eerste eeu G.J. Indien dit korrek is, is dit ’n seldsame kledingstuk, ’n interessante museumstuk.

Maar party hou vol dat die kledingstuk nie net seldsaam nie maar ook heilig is—vandaar die naam Heilige Kleed. Dit is omdat dit naatloos is, soos die onderkleed wat deur Jesus Christus gedra is (Johannes 19:23, 24). Party beweer dat die “Heilige Kleed” in werklikheid aan die Messias behoort het.

Hoe die kleed in Trier beland het, is onseker. Een naslaanwerk sê dat dit “aan die stad gegee [is] deur die keiserin Helena, moeder van Konstantyn die Grote”. Kann wys daarop dat die eerste betroubare verslag toon dat die mantel van 1196 af in Trier is.

Die kleed, wat in die katedraal bewaar word, is sedert die 16de eeu met ongereelde tussenposes ten toon gestel. Dit is byvoorbeeld in 1655 gedoen, kort ná die Dertigjarige Oorlog, wat Trier baie geld gekos het. Die verkoop van pelgrimstog-aandenkings was soms ’n bron van groot inkomste.

Daar was in hierdie eeu drie “Heilige Kleed”-pelgrimstogte—in 1933, 1959 en 1996. In 1933 is die pelgrimstog op dieselfde dag aangekondig as waarop Hitler as kanselier van die Duitse Ryk aangestel is. Kann wys daarop dat hierdie samevalling van die twee gebeure op dieselfde dag die omringende omstandighede van die pelgrimstog beklemtoon. Nazi-kavalleriesoldate in uniform het ’n erewag vir pelgrims buite die katedraal gevorm. Twee en ’n half miljoen mense het die kleed daardie jaar besigtig.

Herbert, wat al jare lank ’n inwoner van Trier is, het die pelgrimstogte van 1959 en 1996 met mekaar vergelyk. “In 1959 was die strate stampvol mense, met stalletjies wat aandenkings op byna elke straathoek verkoop het. Hierdie jaar is alles baie stiller.” Trouens, net 700 000 mense het in 1996 na die kleed gaan kyk, ’n miljoen minder as in 1959.

Waarom gaan kyk hulle na die kleed?

Die kerk beklemtoon dat die kleed nie as ’n voorwerp van verering beskou moet word nie. Die naatlose kleed word as ’n simbool van kerkeenheid beskou. Die Frankfurter Allgemeine Zeitung berig dat biskop Spital, toe hy die pelgrimstog aangekondig het, gesê het: “Die ongewone situasie in ons wêreld vereis van ons as Christene om ongewone antwoorde te hê. Ons moet die groeiende golf van haat, wreedheid en geweld weerstaan.” Die biskop het verduidelik dat ’n mens aan eenheid herinner sou word as jy na die kleed kyk.

Maar waarom het enigiemand die “Heilige Kleed” nodig om aan kerkeenheid herinner te word? Gestel die kleed word beskadig of disintegreer of dit kom aan die lig dat dit ’n bedrogstuk is. Sal kerkeenheid dan bedreig word? Wat van mense wat nie ’n pelgrimstog na Trier kan onderneem nie? Is hulle minder bewus van enige eenheid in die kerk?

Die Heilige Geskrifte maak geen melding van vroeë Christene wat voorwerpe nodig gehad het om hulle aan die nodigheid van Christelike eenheid te herinner nie. Trouens, die apostel Paulus het Christene aangemoedig met die woorde: “Ons wandel deur geloof, nie deur aanskouing nie” (2 Korintiërs 5:7). Die eenheid wat ware Christene geniet, word dus beskryf as ’n “eenheid in die geloof”.—Efesiërs 4:11-13.

[Voetnoot]

a Sien die Ontwaak! van 8 Oktober 1980, bladsye 16-19.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel