Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w95 3/15 bl. 3-4
  • Hoe kan jy jou gebede verryk?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe kan jy jou gebede verryk?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Gebede wat verhoor word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Verryk jou gebede deur Bybelstudie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Kom nader aan God deur gebed
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Wie se gebede word verhoor?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
w95 3/15 bl. 3-4

Hoe kan jy jou gebede verryk?

GEBED is uniek onder die liefdevolle voorsienings van Jehovah God. Teenstanders neem moontlik jou Bybel by jou af of verhinder jou om met medeaanbidders byeen te kom, maar niemand kan gebed van jou wegneem nie. Die waarde van gebed kan nie oorbeklemtoon word nie. Hoe belangrik is dit dus tog dat elkeen van ons hierdie voorreg waardeer en ten volle benut. Wat kan jou help om jou gebede te verryk?

Die Bybel is nie ’n gebedeboek nie. Tog kan dit beskryf word as die mensdom se beste handboek oor gebed. Die Hebreeuse Geskrifte alleen bevat meer as 150 gebede. Party is kort; ander is lank. Hulle is in die openbaar of privaat uitgespreek, deur konings of deur gevangenes, tydens oorwinnings of tydens verdrukking. Soos Dawid in Psalm 65:3 gesing het, wend “alle vlees” hulle tot Jehovah, die “Hoorder van die gebed”. Waarom het God die skrywers van die Bybel geïnspireer om so ’n groot verskeidenheid gebede op skrif te stel?

Om daardie vraag te beantwoord, kan ons 2 Timoteus 3:16 in gedagte hou. Dit sê: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig.” Die gebede in die Bybel is dus opgeteken om ons te lei, net soos die geval met skriftuurlike profesieë, beginsels en geskiedenis. Hoe kan hierdie gebede ons van nut wees?

As ons skriftuurlike gebede van naderby beskou, kan ons dié identifiseer wat in situasies soortgelyk aan ons s’n uitgespreek is. Ons kan leer hoe gebede ten opsigte van doel en agtergrond verskil. Ons sal bowendien nuwe uitdrukkings van lof en danksegging ontdek en sal nuwe woorde vir ons versoeke en smekinge vind. Kortom, die gebede in die Bybel kan ons help om ons eie gebede te verryk.

Maria, wat die moeder van Jesus geword het, was iemand wat blykbaar baat gevind het by die uitdrukkings in ’n gebed wat in die Bybel opgeteken staan. Sy het haar bloedverwant Elisabet besoek nadat hulle albei met Goddelike hulp swanger geword het met ’n seun. Maria het God geloof en gedank, en daar is ’n opmerklike ooreenkoms tussen party van haar woorde en dié van ’n gebed in die Hebreeuse Geskrifte. Maria was heel waarskynlik bekend met die gebed wat Hanna, die moeder van Samuel die profeet, uitgespreek het. Hanna het, meer as 1 000 jaar vroeër, ook ’n seun met God se hulp ontvang. Kan dit wees dat Maria oor hierdie gebed gepeins het omdat dit haar eie gevoelens weergegee het?—1 Samuel 2:1-10; Lukas 1:46-55.

Wat van jou? Kan jy aan ’n gebed in die Bybel dink wat onder omstandighede soortgelyk aan joune gedoen is? As jy sulke gebede vind, lees en bepeins, sal dit jou help om jou eie kommunikasie met God te verryk. In die volgende artikel nooi ons jou om drie gebede uit die Heilige Skrif te ondersoek. Hulle is onder verskillende omstandighede uitgespreek, wat miskien soortgelyk aan joune is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel