Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w94 11/1 bl. 2-4
  • Menselyding—Sal dit ooit eindig?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Menselyding—Sal dit ooit eindig?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat die Bybel oor lyding sê
    Ontwaak!—2015
  • Wat sê die Bybel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
  • Vraag 3: Waarom laat God toe dat ek ly?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Waarom is daar soveel lyding as die Skepper vir ons omgee?
    Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
w94 11/1 bl. 2-4

Menselyding—Sal dit ooit eindig?

GRUSAME tonele ná ’n bomontploffing in ’n mark vol mense in Sarajevo; moord en doodslag in Rwanda; verhongerde kinders wat in Somalië om kos smeek; verslae gesinne wat ná ’n aardbewing in Los Angeles deur die oorblyfsels van hulle besittings soek; hulpelose slagoffers van oorstromings in Bangladesj. Ons sien sulke tonele van menselyding daagliks op TV of in tydskrifte en koerante.

’n Betreurenswaardige gevolg van menselyding is dat dit daartoe lei dat party mense geloof in God verloor. “Die bestaan van boosheid was nog altyd die grootste hindernis vir geloof”, sê ’n verklaring wat deur ’n Joodse groep in die Verenigde State gepubliseer is. Die skrywers verwys na sterfgevalle in Nazi-konsentrasiekampe soos Auschwitz en as gevolg van bomme soos die een wat oor Hirosjima ontplof het. “Die vraag oor hoe ’n regverdige en magtige God die vernietiging van soveel onskuldige lewens kon toegelaat het, kwel die godsdienstige gewete en gaan die verstand te bowe”, sê die skrywers.

Ongelukkig kan die eindelose stroom berigte van tragiese gebeurtenisse mense se emosies afstomp. Solank vriende en familie nie daarby betrokke is nie, word baie mense koud gelaat deur die lyding van ander.

Maar die feit dat ons medelye kan voel, ten minste vir ons geliefdes, behoort ons iets van ons Maker te vertel. Die Bybel sê dat die mens “na die beeld van God” en “na [sy] gelykenis” geskep is (Genesis 1:26, 27). Dit beteken nie dat mense soos God lyk nie. Nee, want Jesus Christus het verduidelik dat ‘God Gees is’ en dat ‘’n gees nie vlees en bene het nie’ (Johannes 4:24; Lukas 24:39). Die feit dat ons na God se gelykenis geskep is, beteken dat ons die vermoë het om goddelike eienskappe aan die dag te lê. Aangesien normale mense medelye voel vir dié wat ly, moet ons dus daaruit aflei dat die mens se Skepper, Jehovah God, medelydend is en dat hy groot meegevoel het met sy lydende menseskepping.—Vergelyk Lukas 11:13.

Een manier waarop God sy medelye aan ons betoon het, is deur ’n geskrewe verslag van die oorsaak van lyding aan die mensdom te voorsien. Dit het hy in sy Woord, die Bybel, gedoen. Die Bybel toon duidelik dat God die mens geskep het om die lewe te geniet, nie om te ly nie (Genesis 2:7-9). Dit toon ook dat die eerste mense lyding oor hulleself gebring het deur God se regverdige heerskappy te verwerp.—Deuteronomium 32:4, 5; Romeine 5:12.

Desondanks het God steeds medelye met die lydende mensdom. Dit word duidelik getoon in sy belofte om ’n einde aan menselyding te maak. “Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.”—Openbaring 21:3, 4; sien ook Jesaja 25:8; 65:17-25; Romeine 8:19-21.

Hierdie wonderlike beloftes bewys dat God bewus is van menselyding en dat hy vasbeslote is om ’n einde daaraan te maak. Maar presies wat het in die eerste plek menselyding veroorsaak, en waarom het God toegelaat dat dit tot in ons dag voortduur?

[Foto-erkenning op bladsy 2]

Cover and page 32: Alexandra Boulat/Sipa Press

[Foto-erkenning op bladsy 3]

Kevin Frayer/Sipa Press

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel