Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 1/15 bl. 21
  • “Dit is my liggaam”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Dit is my liggaam”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Doen dit tot my gedagtenis’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Die Here se Aandmaal het groot betekenis vir jou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Die Here se Aandmaal—’n Viering wat God eer
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Waarom moet ons die Here se Aandmaal vier?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 1/15 bl. 21

“Dit is my liggaam”

“NEEM dit en eet; dit is my liggaam” (Mattheüs 26:26, The New Jerusalem Bible).

Met hierdie woorde het Jesus ongesuurde brood aan sy apostels gegee toe hy die Here se Aandmaal ingestel het. Maar wat het hy bedoel met die woorde: “Dit is my liggaam”?

DIE antwoord op hierdie vraag is vir Rooms-Katolieke belangrik, aangesien Jesus se woorde die grondslag vorm van die leerstelling van transsubstansiasie. Volgens hierdie opvatting verander die hostie wat Katolieke sluk wanneer hulle die Mis opdra, in Christus se letterlike liggaam, of vlees. Hulle sal gevolglik glad nie saamstem met die New World Translation of the Holy Scriptures, wat Jesus se woorde só weergee nie: “Neem, eet. Dit beteken my liggaam.” Hierdie vertaling gee te kenne dat die brood ’n simbool van Jesus se vlees was, nie die vlees self nie. Watter vertaling gee die regte gedagte weer?

Die Griekse woord wat met “is” of “beteken” vertaal word, is e·stinʹ. Dit beteken in wese “is”, maar dit kan ook “aandui of beteken” wees. Watter vertaling is in hierdie konteks die beste?

Opmerkenswaardig is ’n voetnoot oor Mattheüs 26:26 in die Spaanse La Sagrada Escritura, Texto y comentario por Profesores de la Compañía de Jesús, Nuevo Testamento I (Die Heilige Skrif, teks en kommentaar deur Professore van die Genootskap van Jesus, Nuwe Testament). Dit sê: ‘Die vertaling kan, uit ’n grammatikale oogpunt, net sowel vertaal word as aandui of simboliseer as is—wat ’n letterlike identiteit beteken. Genesis 41:26; Esegiël 5:5; Daniël 7:17; Lukas 8:11; Mattheüs 13:38; 16:18; Galasiërs 4:24; Openbaring 1:20 kan genoem word as voorbeelde waar die betekenis simboliseer is. Die betekenis van is ([in die sin van] identies aan) word, soos ons kan sien, afgelei uit die handleidings van dogma, wat die moontlikheid van die metafoor of simboliek uitsluit, asook uit die manier waarop die Vroeë Kerk die uitdrukking verstaan het.’

Soos hierdie Rooms-Katolieke vertaling eerlik toon, kon Jesus se woorde grammatikaal op enige van die twee maniere verstaan word. Trouens, die Griekse woord e·stinʹ word op ’n ander plek in die Katolieke New Jerusalem Bible as “die betekenis van” vertaal (Mattheüs 12:7). Watter woord moet ’n vertaler in Mattheüs 26:26 kies? Aangesien Jesus nog met ’n volmaakte liggaam gelewe het, toe hy die woorde van daardie vers gespreek het, kon die brood wat hy vir sy volgelinge aangebied het, nie sy letterlike vlees gewees het nie. Daarbenewens moes hy sy hele volmaakte menseliggaam as ’n losprysofferande offer (Kolossense 1:21-23). Gevolglik is die volgende die beste vertaling van hierdie vers: “Dit beteken my liggaam.” Die ongesuurde brood het Jesus se liggaam gesimboliseer, wat toe ten behoewe van die mensdom geoffer moes word.

Selfs al het jou eie Bybel die uitdrukking “Dit is my liggaam”, hoef dit jou nie te verwar nie. Jesus het dikwels soortgelyke taal gebruik. Toe hy gesê het: “Ek is die deur” en, “Ek is die ware wynstok”, het niemand gedink dat hy ’n letterlike deur of ’n letterlike wynstok was nie (Johannes 10:7; 15:1). En toe hy, volgens The New Jerusalem Bible, die beker wyn aan sy dissipels gegee en gesê het: “Hierdie beker is die nuwe verbond”, het niemand gedink dat die beker letterlik die nuwe verbond is nie (Lukas 22:20, NAV). Toe hy eweneens gesê het dat die brood sy liggaam ‘is’, verstaan ons dat die brood sy liggaam ‘beteken’, of gesimboliseer, het.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel