Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 12/15 bl. 8-9
  • Onthaal deur ’n prominente Fariseër

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthaal deur ’n prominente Fariseër
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Soortgelyke materiaal
  • Onthaal deur ’n Fariseër
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Uitnodigings na ’n maaltyd – Wie word deur God genooi?
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Die gelykenis van die bruilof
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Wil jy altyd eerste wees?
    Leer by die Groot Onderwyser
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 12/15 bl. 8-9

Jesus se lewe en bediening

Onthaal deur ’n prominente Fariseër

JESUS is ’n gas in die huis van ’n prominente Fariseër, waar hy pas ’n man van watersug genees het. Nou, terwyl Jesus sien hoe medegaste prominente plekke vir die maaltyd uitsoek, gee hy ’n les oor nederigheid.

“Wanneer jy deur iemand na ’n bruilof uitgenooi is”, maan Jesus, “moenie die voorste plek inneem nie, ingeval daar nie miskien een wat waardiger is as jy deur hom uitgenooi is nie, en hy wat jou en hom genooi het, kom en vir jou sê: Maak plek vir hierdie man. En dan sal jy met skaamte die agterste plek begin inneem.”

Jesus se raad is dus: “Maar wanneer jy genooi is, gaan en neem die agterste plek in; sodat wanneer hy kom wat jou genooi het, hy vir jou kan sê: Vriend, gaan hoër op! Dan sal jy eer hê voor die wat saam met jou aan tafel is.” Jesus beklemtoon die les deur ten slotte te sê: “Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word.”

Jesus praat vervolgens met die Fariseër wat hom uitgenooi het en beskryf hoe ’n mens ’n maaltyd kan voorsien wat werklik verdienstelik is in God se oë. “Wanneer jy ’n môre- of middagete gee, moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, sodat hulle jou nie miskien ook eendag weer uitnooi en jy vergelding ontvang nie. Maar wanneer jy ’n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes, en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie.”

Die persoon wat so ’n maaltyd vir die ongelukkiges gee, sal geluk daaruit put, want, verduidelik Jesus vir sy gasheer: “Dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges.” Jesus se beskrywing van hierdie verdienstelike maaltyd laat ’n medegas aan ’n ander soort maaltyd dink. “Salig is hy wat brood eet in die koninkryk van God”, sê hierdie gas. Maar nie almal waardeer daardie gelukkige vooruitsig genoeg nie, soos Jesus voorts deur middel van ’n gelykenis toon.

“’n Sekere man het ’n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi. En . . . hy [het] sy dienskneg uitgestuur om vir die genooides te sê: Kom, want alles is nou gereed. En hulle het hul almal eenparig begin verontskuldig. Die eerste het vir hom gesê: Ek het ’n stuk grond gekoop en ek moet noodsaaklik uitgaan om daarna te kyk. Ek vra u, verskoon my tog. En ’n ander een het gesê: Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u, verskoon my tog. En ’n ander een het gesê: Ek het ’n vrou getrou en daarom kan ek nie kom nie.”

Watter flou verskonings! Mense kyk gewoonlik na ’n stuk grond of diere voordat hulle dit koop, daarom is dit nie werklik dringend om na die tyd daarna te gaan kyk nie. lemand se huwelik moet hom eweneens nie verhinder om so ’n belangrike uitnodiging te aanvaar nie. Wanneer hy van hierdie verskonings hoor, raak die heer kwaad en beveel hy sy dienskneg:

“Gaan gou uit in die strate en die gangetjies van die stad en bring die armes en verminktes en kreupeles en blindes hier in. En die dienskneg het gesê: Meneer, wat u beveel het, is gedoen, en daar is nog plek. Toe sê die heer vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word. . . . Nie een van daardie manne wat genooi is, [sal] my maaltyd . . . smaak nie.”

Watter situasie word deur die gelykenis beskryf? Wel, “die heer” wat die maaltyd voorsien, beeld Jehovah God af; “die dienskneg” wat die uitnodiging rig, Jesus Christus; en die “groot maaltyd” die geleenthede om vir die Koninkryk van die hemele in aanmerking te kom.

Diegene wat eerste die uitnodiging ontvang het om in aanmerking te kom vir die Koninkryk was, in die besonder, die Joodse godsdiensleiers van Jesus se dag. Maar hulle het die uitnodiging verwerp. Daarom is ’n tweede uitnodiging, veral sedert Pinkster van 33 G.J., tot die veragtes en geringes van die Joodse nasie gerig. Maar nie genoeg het gereageer om die 144 000 plekke in God se hemelse Koninkryk te vul nie. Daarom is die derde en finale uitnodiging in 36 G.J., drie en ’n half jaar later, tot onbesnede nie-Jode gerig, en die insameling van diesulkes het tot in die 20ste eeu voortgeduur. Lukas 14:1-24.

◆ Watter les oor nederigheid gee Jesus?

◆ Hoe kan ’n gasheer ’n maaltyd voorsien wat verdienstelik is in God se oë, en waarom sal dit hom geluk bring?

◆ Waarom is die uitgenooide gaste se verskonings flou?

◆ Wat beeld Jesus se gelykenis oor die “groot maaltyd” af?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel