Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 10/15 bl. 7
  • Arende of aasvoëls?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Arende of aasvoëls?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die teken
  • Vaar op met vleuels soos die arende
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Waar arende invlieg vir visetes
    Ontwaak!—1995
  • Die oog van ’n arend
    Ontwaak!—2002
  • Lesse wat ons leer by die voëls van die hemel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2016
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 10/15 bl. 7

Arende of aasvoëls?

Die teken

“ORAL waar die dooie liggaam lê, daar sal die (arende) saamkom” (Mattheüs 24:28, vgl. NW). Pleks van uit hierdie illustrasie te leer, vit sommige daarop. Hulle sê dat arende alleenlewende jagters is wat van lewende prooi lewe, nie van karkasse nie. Sommige Bybels gebruik dus die woord “aasvoëls”. Maar die betrokke Griekse woord, a·e·tosʹ, word korrek met “arend” weergegee.

Die roofarend is een spesie wat in Israel voorkom. “Soos baie roofvoëls”, sê John Sinclair en John Mendelsohn, “is die roofarend nie afkerig van aas nie en is hy heel dikwels onder die eerste aankomelinge by ’n nuwe karkas.” ’n Ander waarnemer het vertel van 60 berghane en roofarende wat in die Kalahari versamel het. Hy het bygevoeg: “Die Roofarend is oorheersend wanneer hulle by aas ontmoet. Daar is verskeie kere gesien hoe twee voëls, vermoedelik ’n paar, ’n karkas deel.”

Seearende kom ook algemeen in lande om die Middellandse See voor. In vorige eeue het seearende en landarende gelewe van die karkasse van perde wat in veldslae doodgemaak is. “Dit is welbekend . . . dat hulle leërs met daardie doel volg”, sê McClintock en Strong se Cyclopædia.

Aangesien arende vinnig en versiende is, is hulle soms die eerste voëls wat by ’n nuwe karkas aankom. Jesus was bekend met die beskrywing waarin Jehovah God vir Job hierdie vernederende vraag gevra het: “Vlieg die adelaar (“arend”, NW) hoog op jou bevel en bou hy hoog sy nes? Op die rots woon hy . . . op die rotspunt en bergvesting. Daarvandaan loer hy op voedsel, sy oë kyk in die verte. . . . Waar gesneuweldes lê, daar is hy.”—Job 39:30-33.

Jesus het dus gepas toegelig dat net diegene met ’n figuurlike arendsoog by die teken sou baat vind. Beskou die reeds gemelde voorbeeld van skerp geestelike insig in verband met die teken.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel