Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 10/15 bl. 8-9
  • Baie dissipels hou op om Jesus te volg

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Baie dissipels hou op om Jesus te volg
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Soortgelyke materiaal
  • Baie dissipels hou op om Jesus te volg
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Jesus se woorde skok baie
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • “Die brood van die lewe” is vir almal beskikbaar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Die ewige lewe vir jou – Maar hoe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2024
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 10/15 bl. 8-9

Jesus se lewe en bediening

Baie dissipels hou op om Jesus te volg

JESUS onderrig in ’n sinagoge in Kapernaüm aangaande sy rol as die ware brood uit die hemel. Sy toespraak is klaarblyklik ’n voortsetting van die bespreking met die mense wat begin het toe hulle hom gevind het ná hulle terugkeer van die oostelike kant van die See van Galilea, waar hulle van die wonderdadig voorsiende brode en visse geëet het.

Jesus gaan voort met sy bespreking en sê: “Die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.” Net twee jaar tevore, in die noordelike lente van 30 G.J., het Jesus vir Nikodemus gesê dat God die wêreld so lief gehad het dat hy sy Seun as ’n Verlosser voorsien het. Jesus toon dus nou dat enigeen van die mensewêreld wat simbolies van sy vlees eet, deur geloof te beoefen in die offer wat hy binnekort gaan bring, die ewige lewe kan verkry.

Maar die mense struikel oor Jesus se woorde. “Hoe kan Hy ons sy vlees gee om te eet?” vra hulle. Jesus wil hê dat sy gehoor moet begryp dat sy vlees in ’n figuurlike sin geëet sal word. Om dit te beklemtoon, sê hy dus iets wat selfs afstootliker is as dit letterlik opgeneem word.

“As julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie”, verklaar Jesus, “het julle geen lewe in julleself nie. Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank. Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.”

As Jesus hier op kannibalisme dui, sal sy lering weliswaar uiters weersinwekkend klink. Dit is egter vanselfsprekend dat Jesus nie te kenne gegee het dat vlees letterlik geëet of bloed letterlik gedrink moet word nie. Hy beklemtoon eenvoudig dat almal wat die ewige lewe kry geloof moet beoefen in die offer wat hy gaan bring wanneer hy sy volmaakte menseliggaam opoffer en sy lewensbloed uitstort. Maar selfs baie van sy dissipels wend geen poging aan om sy lering te verstaan nie en maak dus beswaar: “Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister?”

Omdat Jesus weet dat baie van sy dissipels murmureer, sê hy: “Is dit julle tot ’n aanstoot? Hoe dan as julle die Seun van die mens daarheen sien opvaar waar Hy tevore was? . . . die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe. Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie.”

Jesus gaan voort: “Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie.” Daarop verlaat baie van sy dissipels hom, en hulle hou op om hom te volg. Daarom wend Jesus hom tot sy 12 apostels en vra: “Wil julle nie ook weggaan nie?”

Petrus antwoord: “Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe. En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God.” Wat ’n pragtige betuiging van lojaliteit, selfs al het Petrus en die ander apostels Jesus se lering oor hierdie saak dalk nie ten volle verstaan nie!

Al is hy ingenome met Petrus se antwoord, merk Jesus op: “Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is ’n duiwel!” Hy praat van Judas Iskariot. Moontlik bespeur Jesus op hierdie tydstip in Judas ’n “begin”, of ’n aanvang, van ’n verkeerde gedragslyn.

Jesus het pas die mense teleurgestel deur hom te versit teen hulle pogings om hom koning te maak, en hulle dink miskien: ‘Hoe kan hy die Messias wees as hy nie die Messias se regmatige posisie wil aanvaar nie?’ Dit sal eweneens ’n saak wees wat vars in die geheue van die mense is. Johannes 6:51-71; 3:16.

◆ Vir wie gee Jesus sy vlees, en hoe ‘eet’ hulle ‘sy vlees’?

◆ Watter verdere woorde van Jesus skok die mense, maar wat beklemtoon hy?

◆ Wat is Petrus se reaksie wanneer baie ophou om Jesus te volg?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel