Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 9/15 bl. 8-9
  • Hoeveel beteken die Koninkryk vir jou?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoeveel beteken die Koninkryk vir jou?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Soortgelyke materiaal
  • Hulle het die “pêrel van groot waarde” gevind
    Die Bybel verander lewens
  • “Een pêrel van groot waarde”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Soek na geestelike skatte
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
  • Geseën met verdere onderrigting
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 9/15 bl. 8-9

God se Woord is lewend

Hoeveel beteken die Koninkryk vir jou?

SÊ NOU jy het geweet dat ’n kosbare skat in ’n sekere saailand begrawe was. As jy al jou besittings verkoop, sal jy net genoeg geld hê om die saailand te koop waar die skat versteek was. Wat sou jy doen?

Jesus Christus het so ’n situasie gebruik om die belangrikheid van God se Koninkryk toe te lig. Hy het gesê: “Die koninkryk van die hemele [is] soos ’n skat wat verborge is in die saailand, wat ’n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand.”—Mattheüs 13:44.

Is jy soos die “man” in die gelykenis? Jesus was. Toe hy geleer het van God se voorneme om ’n hemelse regering op te rig—wat hy hier “die koninkryk van die hemele” noem—het hy as ’t ware al sy besittings verkoop om daardie verborge skat te bekom, wat in sy geval die voorreg was om die Heerser van daardie regering te wees. Jesus het sy posisie as ’n magtige geespersoon in die hemel prysgegee en ’n lid van ’n arm gesin in die afgeleë dorpie Nasaret op aarde geword. Later het hy pynlike vervolging ondergaan en uiteindelik aan ’n folterpaal gesterf. So het hy bewys dat hy dit waardig is om die Heerser van God se Koninkryk te word.

Sal jy ook opofferings maak om ’n soortgelyke skat te verkry? Jesus het die nodigheid hiervan beklemtoon toe hy gesê het: “Verder is die koninkryk van die hemele soos ’n koopman wat mooi pêrels soek; en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit.”—Mattheüs 13:45, 46.

Ja, die koopman het dadelik al sy besittings verkoop om die geld vir die pêrel bymekaar te kry. Watter ongerief en opoffering moes dit behels het! Maar dit het nie saak gemaak nie. Hy moes optree voor die kans deur sy vingers geglip het! Die kosbare pêrel sou vir enige opoffering en ongerief vergoed. So is dit met die Koninkryk. Dit is miskien moeilik om dit eerste in ons lewe te stel. Maar wat kan vergelyk met die beloning om ’n mede-heerser van Jesus Christus in die hemel te wees, of om een van sy Koninkryksonderdane te wees wat die ewige lewe op aarde geniet? Is dit hoe jy die saak beskou? Jesus het sy volgelinge aangespoor om daardie beskouing te hê en selfs vir hulle ’n voorbeeld nagelaat om te volg (1 Petrus 2:21). Sy lewensbeskouing blyk uit sy woorde: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring” (Johannes 4:34). Jesus se groot doel in die lewe was om God se wil te doen. Hy het nie eers probeer om dinge te kry wat ander as noodsaaklik beskou het vir ’n “normale” lewe nie. Hy was oor een ding besorg—om die saailand en die verborge skat te bekom, om die kosbare pêrel te koop. Soek jy ook waarlik eers God se Koninkryk? Bewys jou lewe dit?—Mattheüs 6:31-33.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel