Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 8/1 bl. 18
  • Die hoop op ’n opstanding

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die hoop op ’n opstanding
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Soortgelyke materiaal
  • Daar sal ’n opstanding van die regverdiges wees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Die opstanding—’n Lering wat jou raak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Waar kan jy ware hoop vind?
    Ontwaak!—2004
  • Die krag van die opstandingshoop
    Aanbid die enigste ware God
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 8/1 bl. 18

Koninkryksverkondigers berig

Die hoop op ’n opstanding

Die hoop op die opstanding maak deel uit van die “grondleer” van die Bybel en gee aan ’n persoon geestelike krag wanneer hy voor die dood te staan kom (Hebreërs 6:1, 2, vgl. NW; Johannes 5:28, 29). Jehovah het hierdie hoop voorsien. ’n Leerling in Japan het hierdie hoop sy eie gemaak en dit met ander gedeel.

Toe hierdie leerling die eerste keer deur ’n Koninkryksverkondiger genader is, het hy Bybellektuur van die hand gewys omdat hy nie graag gelees het nie. Hy is egter na die Koninkryksaal van Jehovah se Getuies genooi en is hartlik verwelkom. Hy het gehou van die dinge wat hy gehoor het en het later drie van sy hoërskoolmaats genooi om saam met hom te gaan. Hulle het die uitnodiging aanvaar. Al vier is deur hulle onderwysers as “moeilike” seuns beskou.

Namate hulle die boek “Jou jeug—Hoe om dit ten beste te benut” bestudeer het, het hulle opstandige gesindheid verander. Hulle onderwyser het dit opgemerk, en dit het sy belangstelling gewek sodat hy ook die Bybel begin bestudeer het. Die leier van die “moeilike” seuns was sieklik en het op die ouderdom van 15 jaar beswyk. Hoewel hy die Christelike vergaderinge van Jehovah se Getuies maar net ’n kort tydjie bygewoon het, het hy ’n wonderlike geloof verkry. Net voor sy dood het hy ’n brief geskryf waarin hy sy sterk geloof in die opstandingshoop uitgespreek het. Hy het gesê:

“My lewe sal na 15 jaar eindig weens die komplikasies van dwerggroei. ln vergelyking met ’n normale persoon het ek net een vyfde van my lewe voltooi. Maar in daardie 15 jaar het ek volkome tevredenheid gehad. Veral in die lente van my 15de jaar het ek verruklike dae geniet. . . . Die allerbeste is die kennis dat daar ’n almagtige God is wat siektes kan genees en die dood kan wegneem. Dit is heerlik om te weet dat daar hoop op ’n opstanding is as ’n mens sou sterf.”

Hierdie jong persoon was lief vir die teks wat hoop bied op “nuwe hemele en ’n nuwe aarde waarin geregtigheid woon” (2 Petrus 3:13). Hy het bygevoeg: “Ek sal ’n kort rukkie slaap. As dit God se wil is, sal ons mekaar in die Paradys weer sien. . . . Moenie oor my huil nie. Ek sal net slaap. Ek sal een van die dae wakker word. Hou julle oë oop vir my in die duisendjarige Koninkryk. Wag vir my. Ek sien julle gou weer.”

Hierdie jong persoon het ander deur sy sterk geloof en hoop bemoedig. Twee van sy onderwysers en drie van sy maats het volgehou met hulle studie van die Bybel en hulle bywoning van vergaderinge van Jehovah se Getuies. Die hoop op die opstanding het nie alleen hierdie jong man versterk nie, maar kan ook almal versterk wat geloof stel in Jehovah God se beloftes.

[Prent op bladsy 18]

“Ek sal ’n kort rukkie slaap. As dit God se wil is, sal ons mekaar in die Paradys weer sien.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel