Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 10/15 bl. 16-20
  • Israel en die “tye van die heidene”?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Israel en die “tye van die heidene”?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Messias onderwerp hom aan die Heidense Tye
  • “Die Israel van God” en die einde van die Heidense Tye
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Jerusalem—’n rede “om bly te wees”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Wees dankbaar—Jehovah se Messiaanse Koninkryk regeer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • 1914—’n betekenisvolle jaar in Bybelprofesie
    Wat leer die Bybel werklik?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 10/15 bl. 16-20

Israel en die “tye van die heidene”?

“Jerusalem sal deur die heidene [Gojim] vertrap word totdat die tye van die heidene vervul is.”—Lukas 21:24, Die Katolieke “Nuwe Testament” (1938).

1. Hoe is Jesus se woorde in verband met Jerusalem vervul, maar watter vraag moet nog beantwoord word?

SEWE-EN-DERTIG jaar nadat Jesus Christus die bogemelde woorde geuiter het, is die stad Jerusalem in 70 G.J. deur die Romeinse legioene onder generaal Titus vernietig. Maar wat van die res van sy profesie, die deel aangaande die tydperk waartydens Jerusalem vertrap sou word deur die Heidene, die Gojim, soos die Jode hulle vandag noem?

2. (a) Het Jesus se woorde beteken dat die stad nie herbou en herbewoon sou word nie? (b) Hoe het die Heidene voortgegaan om Jerusalem te vertrap totdat die “tye” verstryk het, ondanks die feit dat die Kruisvaarders die heilige stad tydelik beset het?

2 Daardie woorde het nie beteken dat Jerusalem nie herbou en herbewoon sou word “totdat die tye van die heidene [Gojima] vervul is” nie. Die stad is gedurende die volgende eeu herbou, en die sogenaamde Kruisvaarders het gedurende die Middeleeue geveg om dit te verower. Daardie bloedbevlekte Kruisvaarders van die Christendom was net sulke Heidene, of Gojim, soos diegene wat die stad vantevore besit het en diegene wat dit daarna met geweld van die Kruisvaarders afgeneem het. Reg tot die Eerste Wêreldoorlog van 1914-1918 het daardie Gojim (“ongelowiges”, soos die Christendom hulle genoem het) die stad wat vir die Jode so heilig is, bly vertrap.

3. Wat het die Britse Minister van Buitelandse Sake, Arthur Balfour, vir lord Rothschild gesê toe die verowering van Jerusalem deur die Britse troepe in Desember 1917 nader gekom het, maar aan wie is Palestina na die oorlog toegeken?

3 Op 9 Desember 1917 het die Britse troepe, onder generaal Allenby Jerusalem verower van die Turke, die bondgenote van keiser Wilhelm van die Duitse Ryk. Toe daardie wapenfeit nader gekom het, het die Britse Minister van Buitelandse Sake, Arthur Balfour, op 2 November 1917 aan lord Rothschild van die beroemde Joodse familie Rothschild, geskryf en gesê dat Sy Majesteit se regering ten gunste was van die oprigting van ’n tuisland vir die Jode in Palestina. Maar nadat die Eerste Wêreldoorlog geëindig het, het die Volkebond (Gojim-bond) wat in 1920 tot stand gekom het, die mandaat oor Palestina (Jerusalem inkluis) tot 1948 aan Groot-Brittanje gegee. Daar is nie bepaal wie Jerusalem in besit sou neem nadat die Mandaat verstryk het nie.

4. Wat het die belanghebbende partye in Palestina gedoen nadat die Britse Mandaat oor Palestina in 1948 verstryk het?

4 Toe die Britse Mandaat in 1948 verstryk het, het die belanghebbende partye dadelik opgetree. Die Mohammedane het die beheer van ’n groot stuk van die oostelike gedeelte van die gebied, die ommuurde stad Jerusalem en sy heiligdom vir Allah se aanbidding, oorgeneem. Die Jode het die westelike deel van Palestina oorgeneem en die hedendaagse nasie Israel tot stand gebring. Maar die ommuurde stad Jerusalem, onder meer die Klaagmuur, waarbo die Jode se tempel vir aanbidding lank gelede uitgetoring het, is eers met die Sesdaagse Oorlog van 1967 van die Arabiere verower. Die Jode het seëvierend die beheer oor die westelike oewer van die Jordaanrivier en sy Mohammedaanse bevolking oorgeneem.

5. (a) Hoe is daar, as gevolg van die Sesdaagse Oorlog van 1967, ’n einde gemaak aan die vertrapping van die hedendaagse Jerusalem deur die Heidene? (b) Waarom skort daar iets al is Jerusalem sedert 1967 vry?

5 Die Heidene het dus tot 1967 aangehou om aardse Jerusalem te vertrap. Sedertdien word Jerusalem oënskynlik nie meer deur die Heidene vertrap nie. Ons voel egter verplig om te sê: “Wat daarvan?” Het dit die hele mensdom tot seën gestrek toe Israel in 1967 ’n einde aan die Heidene se vertrapping van Jerusalem gemaak het? In plaas daarvan om dit as ’n seën te beskou, voel baie nasies gekrenk oor Israel se bestaan. Die skepping van die hedendaagse nasie Israel het beslis nie tot die oprigting van die Koninkryk van die Joodse Messias gelei nie. Israel maak klaarblyklik nie op die God van Abraham, Isak en Jakob, naamlik Jehovah, staat vir hulp en redding nie. Die regering daarvan is nie ’n koninkryk met ’n ware afstammeling van die dinastie van antieke koning Dawid op ’n troon in Jerusalem nie.

6. Wat moet ons erken omtrent aardse Jerusalem se rol sedert 1967 en die profesie in Jesaja 2:1-4?

6 Ons sien dus nie dat die profesie in Jesaja 2:2-4 sedert 1967 deur aardse Jerusalem vervul is nie:

“En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies [gojim] sal daarheen toestroom. En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie, kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die Woord van die HERE uit Jerusalem. En Hy sal oordeel tussen die nasies [Gojim] en regspreek oor baie volke: en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie [goi] teen nasie [goi] die swaard ophef nie; en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.”

7. Wat sien ons vandag in skerp teenstelling met die profesie van Jesaja 2:1-4, en wat van die profesie in Sagaria 8:23?

7 In plaas daarvan om vredesinstrumente van oorlogswapens te smee, is die Heidennasies swaarder bewapen vir oorlog as ooit tevore, en die Republiek van Israel is geen uitsondering nie. Daarbenewens sien ons nie vandag hoedat die profesie in Sagaria 8:23 vervul word nie, naamlik:

“So sê die HERE van die leërskare: In dié dae sal tien man uit al die tale van die nasies die slip van ’n Joodse man gryp en dit vashou en sê: Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor dat God met julle is.”

8. Watter twyfel wek al die voorgaande in verband met die jaartal 1967?

8 Al die voorgaande wek twyfel oor die korrektheid van die jaartal 1976, die jaar van die Sesdaagse Oorlog, as die tyd van die vervulling van die profesie: “Jerusalem sal deur die heidene vertrap word totdat die tye van die heidene vervul is” (Lukas 21:24, Die Katolieke Nuwe Testament). “Die tye van die heidene” het in werklikheid vroeër geëindig. Kom ons ondersoek die getuienis dat dit die geval is.

9. (a) Watter “Jerusalem” het Jesus in gedagte gehad toe hy gesê het: “Jerusalem, sal deur die heidene vertrap word”, en wat is deur daardie “Jerusalem” voorgestel? (b) Wat sal dienooreenkomstig plaasvind wanneer die vertrapping van “Jerusalem” eindig?

9 Toe Jesus gesê het dat ‘Jerusalem’ deur die Heidene vertrap sou word, het hy in gedagte gehad wat die aardse Jerusalem was voordat die Heidene begin het dit te vertrap. Hyself het vroeër gesê: “Sweer hoegenaamd nie—nie by die hemel nie, omdat dit die troon van God is; . . . ook nie by Jerusalem nie, omdat dit die stad is van die groot Konin” (Mattheüs 5:34, 35). Toe die Heidene begin het om Jerusalem te vertrap in hulle beoefening van wêreldheerskappy, het hulle God se koninkryk, soos voorgestel deur die koninklike stad Jerusalem, vertrap. Toe die vertrapping van dit wat deur Jerusalem voorgestel is aan die einde van die Heidense Tye vervul is, is die Koninkryk van God dienooreenkomstig in die hande van die koninklike afstammeling van koning Dawid, die Messias, heropgerig.

10. (a) Watter woorde in Esegiel is tot die laaste koning in die geslag van Dawid gerig? (b) Wie het die “reg” op heerskappy gehad, en wat het God vir hom gedoen?

10 In hierdie verband sê die profesie in Esegiel 21:25-27, wat tot die laaste koning in die geslag van Dawid gerig is: “En jy, onheilige, goddelose, vors van Israel, wie se dag gekom het in die tyd van die uiteindelike afrekening—so sê die Here HERE: Die tulband moet weg, en die kroon moet af! Dit bly nie so nie: Na bo met wat nederig is! Na onder met wat hoog is! Puinhoop, puinhoop, puinhoop sal Ek dit maak. Ook dit sal nie bly nie—totdat Hy kom wat daarop reg het, en aan Hom sal Ek dit gee.” Die een wat die “reg” op heerskappy het, was niemand anders as Jesus Christus, die Afstammeling van koning Dawid, nie. In 33 G.J. was daar meer as 500 Jode wat getuies geword het van die feit dat hierdie Een op die derde dag na sy marteldood deur God opgewek is.—1 Korinthiërs 15:3-20.

Die Messias onderwerp hom aan die Heidense Tye

11. Waarom het Jesus nie probeer om homself in Jerusalem koning te maak nie, en wat het hy gevolglik vir die goewerneur, Pontius Pilatus, gesê?

11 Jesus die Messias het nie voor of na sy opstanding probeer om as Koning in aardse Jerusalem te regeer nie. Hy het geen poging aangewend om Pontius Pilatus, die destydse Romeinse goewerneur van Juda en Jerusalem, te ontsetel nie. Een rede hiervoor was dat “die tye van die heidene”, waarvan hy in Lukas 21:24 gepraat het, reeds vantevore begin het. Hy het hom dus aan daardie goddelike reëling onderwerp? In ooreenstemming hiermee het hy vir Pilatus gesê: “My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.”—Johannes 18:36.

12. Wanneer en met watter gebeurtenis het die Heidense Tye begin, soos Jesus, as ’n student van die Hebreeuse Skrifte, goed geweet het, en watter vraag ontstaan nou oor daardie “tye”?

12 As ’n student van die geïnspireerde Hebreeuse Skrifte het Jesus die Messias geweet dat die Heidense Tye begin het voordat die Romeine Jerusalem beset en goewerneurs daar aangestel het. Hy het geweet dat dit begin het toe Jerusalem vir die eerste keer in die jaar 607 voor ons Gewone Jaartelling met die grond gelykgemaak is. God het die Heidense koning Nebukadnesar van Babilon, wat hy “my kneg” genoem het, gebruik om Jerusalem en Juda omver te werp (Jeremia 43:10). Heidense wêreldoorheersing het deur Jesus die Messias se dag voortgeduur tot op God se vasgestelde tyd vir die Heidense Tye om te verstryk. Tot dan moes die Koninkryk van die Messias, die Koninkryk wat “nie van hierdie wêreld” sou wees nie, wag. Hoeveel “tye”, gereken vanaf 607 v.G.J., sou Heidense heerskappy duur?

13. Hoe het God vir die koning van Babilon getoon hoeveel van daardie “tye” daar sou wees, en met watter uitwerking op die Koning?

13 Jehovah God het getoon hoeveel in ’n droom wat hy aan Nebukadnesar, wat hy as Sy “kneg” gebruik het, gegee het. Hoewel Nebukadnesar gebruik is om “die stad . . . van die groot Koning”, Jerusalem, te vernietig, was hy, omdat die droom op hom vervul is, verplig om te erken dat Jehovah “die Allerhoogste” en “die Koning van die hemel” is (Mattheüs 5:35; Daniël 4:34, 37). Dit is met hierdie, “kneg” van hom dat die allerhoogste God en Koning van die hemel “die tye van die heidene” in 607 v.G.J. laat begin het.

14. Watter verklarings het agt geestelikes in hulle Manifes, wat in Londen uitgereik is, ondanks oorlogsverwikkelinge in die Midde-Ooste in 1917 gesê?

14 Dit is interessant dat agt van Engeland se vernaamste geestelikes teen die einde van 1917; die jaar toe hedendaagse, herboude Jerusalem gedurende die Eerste Wêreldoorlog deur die Britse troepe verower is, in Londen, Engeland, vergader en ’n Manifes uitgereik het. Dit het sewe spesifieke verklarings bevat, onder meer die volgende:

“EERSTE. Dat die teenswoordige krisis op die einde van die tye van die Heidene dui. . . .

“VIERDE. Dat Israel ongelowig in sy land herstel sal word en daarna bekeer sal word wanneer Christus ten behoewe daarvan verskyn.

“VYFDE. Dat alle menslike planne vir herkonstruksie ondergeskik moet wees aan die koms van onse Here, omdat alle nasies aan sy heerskappy onderworpe sal wees. . . .

“SEWENDE. Dat die waarhede wat in hierdie verklaring vervat word van die allergrootste praktiese waarde is om die Christen se karakter en optrede met betrekking tot die huidige dringende probleme te bepaal.”

15. (a) Wat is in Nebukadnesar se droom voorgestel deur die boom met lang takke? (b) Wat was die situasie ten opsigte van wêreldheerskappy deur die Babiloniese Ryk tydens Nebukadnesar se kranksinnigheid? (c) Hoe is wêreldheerskappy voortgesit nadat Babilon nie meer ’n wêreldryk was nie?

15 In die droom wat Jehovah God aan sy “kneg”, koning Nebukadnesar gegee het, is daar “sewe tydperke” uit die hemel bepaal. Hoe hou dit verband met “die tye van die heidene”, of hoe kom dit daarmee ooreen of val dit daarmee saam? Soos volg: In die profetiese droom beeld die toringhoë boom met lang takke wêreldheerskappy in die abstrakte sin af. Omdat Nebukadnesar, die “kneg” van Jehovah God, ten tye van die droom sulke wêreldheerskappy uitgeoefen het, word die boom met hom persoonlik verbind sodat daar gesê kan word dat die boom hom afbeeld. Maar is sy wêreldheerskappy afgekap toe hy kranksinnig geraak het en nie op die keiserlike troon gesit het nie? Het wêreldheerskappy deur die Babiloniese Ryk geëindig? Nee, dit het voortgeduur totdat hy op die troon herstel is en reg deur die bewinde van sy opvolgers, Evil-Merodag, Nabonidus en Belsasar. Daarna is Heidense wêreldheerskappy voortgesit deur die opeenvolgende wêreldmoondhede van keiserlike Persië, keiserlike Griekeland, keiserlike Rome, tesame met sy uitgroeisel, die Anglo-Amerikaanse wêreldmoondheid.

16. Wie se wêreldheerskappy was dit in werklikheid wat afgekap was gedurende hierdie opeenvolging van Heidense wêreldmoondhede, en hoeveel “tydperke” sou oor die onderstam van die simboliese boom heengaan?

16 Wie se wêreldheerskappy, veral soos voorgestel deur Jerusalem as “die stad . . . van die groot Koning” was in werklikheid afgekap en het gedurende hierdie lang tydperk plat op die grond gelê? Dit was dié van die Een wat Nebukadnesar “die Allerhoogste” en “die Koning van die hemel” genoem het, naamlik Jehovah. Die onderstam, met sy bande van yster en koper, het die opskorting van Sy wêreldheerskappy afgebeeld. Jehovah God het bepaal dat “sewe tydperke” oor daardie simboliese onderstam moes heengaan.

17. (a) Hoe gee ’n aantal vertalers die Hebreeuse uitdrukking vir “sewe tydperke” weer? (b) Hoe kon die Heidene aanhou om Jerusalem te vertrap selfs nadat dit herbou is?

17 In plaas van, “sewe tydperke” gebruik The Living Bible, Moffatt, Today’s English Version en An American Translation die uitdrukking “sewe jaar”. Nebukadnesar se kranksinnigheid waarskynlik ’n toestand bekend as weerwolfswaansin, het sewe jaar geduur. Na sy herstel het hy erkenning verleen aan die God wat hom genees het, maar hy het nie God se volk in hulle tuisland herstel nie. Jehovah God het bepaal dat Jerusalem en die land Juda 70 jaar lank woes moes lê. Jerusalem se vertrapping deur die heidene het dus voortgeduur, selfs nadat Jerusalem vanaf 537 v.G.J. deur die gerepatrieerde Jode herbou is. Hoe so? Omdat hulle steeds onder Heidense beheer was en geen afstammeling van die dinastie van Dawid as onafhanklike koning op die troon in Jerusalem gesit het nie. Dit is dus duidelik dat die “sewe tydperke” in die geval van Jehovah God simbolies is en gevolglik langer is as sewe jaar vanaf 607 v.G.J. gereken.—Daniël 4:16, 23, 25, 32.

18. Hoe lank is daardie simboliese “sewe tydperke”, en wanneer het hulle dus geëindig?

18 Volgens die Bybel se profetiese tydsberekening is ’n maanjaar gelyk aan 360 dae. ’n Simboliese jaar, of ‘tyd’, sal dus gelyk wees aan 360 kalenderjare. Sewe simboliese “tydperke” of “jare” sal gevolglik gelyk wees aan 7 x 360, of 2 520 jaar. As ons reken vanaf die jaar 607 v.G.J. toe Jerusalem, “die stad . . . van die groot Koning”, deur Jehovah se “kneg”, Nebukadnesar, verwoes is, met die gevolg dat Jerusalem se vertrapping deur die Heidene begin het, sou daardie 2 520 jaar eindig in die noordelike herfs van die jaar 1914 van ons Gewone Jaartelling.

19. (a) Hoe is die jaar 1914 op aarde gekenmerk? (b) Vir watter optrede deur “die Koning van die hemel” in sy woonplek het die tyd in daardie jaar aangebreek?

19 Op die aarde is daardie jaar gekenmerk deur dae uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog oor die geskil van wêreldheerskappy. Maar in die woning van “die Koning van die hemel” het die tyd vir hom aangebreek om te toon dat “die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil” (Daniël 4:34, 37). Toe was dit die bestemde tyd vir hom “wat daarop reg het” om te kom en vir die Allerhoogste om dit ‘aan Hom te gee’ (Esegiel 21:25-27). Dit was die verheerlikte Messias, die een wat die Koning van die hemel as sy geestelike Seun verwek het, naamlik Jesus Christus, wat tot lewe in die hemel opgewek is (Psalm 2:1-7). Dit was die tyd vir die Koning van die hemel om vir hom te sê: “Heers te midde van u vyande” (Psalm 110:1, 2). Dit het beslis beteken dat “die tye van die heidene” geëindig het.

[Voetnoot]

a Let in Genesis 14:1 op die titel: “Koning Tideal van Gojim” (Die Lewende Bybel). Die Afrikaanse Bybel gee dit soos volg weer: “Tideal, die koning van die nasies.” Kyk ook Genesis 14:9 en Josua 12:23 in The Holy Scriptures (1952) van The Jewish Publication Society of America oor die gebruik van die woord Gojim. Kyk ook The Jerusalem Bible.

Kan jy die volgende beantwoord?

◻ Wat het oënskynlik geëindig met die Joodse oorname van aardse Jerusalem in 1976, maar het dit die einde gemaak aan die ‘vertrapping’ van “Jerusalem” deur die Heidene?

◻ Wanneer het “die tye van die heidene” begin, en met watter gebeurtenis?

◻ Hoe word dit bereken dat die Heidense Tye 2 520 jaar lank, of tot 1914 G.J., sou duur?

◻ Wat word voorgestel deur die boom met lank takke in Daniël se profesie, en wat is die betekenis van die feit dat dit afgekap word en dan weer uitloop?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel