Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 8/1 bl. 3-4
  • Is God verantwoordelik vir aardbewings?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is God verantwoordelik vir aardbewings?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Aardbewings in Bybeltye
  • Aardbewings—’n Teken van die einde?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Aardbewings, Bybelprofesie en jy
    Ontwaak!—2002
  • Aardbewings—benoudheid op benoudheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Profesie 1. Aardbewings
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 8/1 bl. 3-4

Is God verantwoordelik vir aardbewings?

“Die grond onder jou voete word soos jellie. Jy gee drie of vier treë vorentoe en word dan teruggeruk asof iemand ’n mat onder jou uitruk. Jy val en vind dit moeilik om weer op te staan, want jy word in elke rigting geruk. Bome buig na die aarde sodat hulle toppe die grond raak—eers die een kant dan die ander—party breek in twee. Jy vlug na die pad; dit kronkel soos ’n slang voor jou. Op die grond—oral—sien jy hoe barste vorm en weer toegaan. Vrees vervul jou. Daar is geen veilige plek nie. Jy dink: ‘Dis die einde van die wêreld!’”—Sarah Burn Plunkett, ’n oorlewende van die aardbewing in Alaska in 1964.

HET jy al die geskud van ’n aardbewing ondervind? Selfs al het jy nie, raak aardbewings jou lewe. Hoe? Op ten minste twee maniere. Dit toon eerstens dat die grond onder jou voortdurend aan die beweeg is, ongeag waar jy woon. Tweedens, en nog belangriker, hedendaagse aardbewings is kenmerkend van “die einde” van hierdie globale “wêreld”. ’n Bekende profesie sê in hierdie verband: “Daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees” (Lukas 21:9-11; Mattheüs 24:3-8). Die Bybel het voorspel dat letterlike aardbewings ’n deel van ’n “teken” sou wees wat die tyd aandui wanneer God se hemelse Koninkryk ’n einde aan boosheid gaan maak en ’n vreedsame paradys op aarde tot stand gaan bring (Psalm 37:10, 11; Mattheüs 6:10). Dit kan party laat vra: “Is God verantwoordelik vir daardie aardbewings?”

Aardbewings in Bybeltye

Is God verantwoordelik vir alle aardbewings? Kortom—Nee! Aardbewings is ’n natuurlike proses van die aarde, net soos wind of reëndruppels. Skuddings trek al van die voortyd af deur die aarde. Die aarde ondervind gemiddeld elke dertig sekondes ’n skudding.

In ’n paar spesifieke gevalle het Jehovah God aardbewings veroorsaak. Waarom? Hierdie aardbewings het ’n bepaalde doel gehad en die vernietiging daarvan was selektief—nooit lukraak nie. Beskou hierdie voorbeelde:

Vier-en-dertig eeue gelede, tydens die inwyding van een van God se verbonde, het die kinders van Israel aan die voet van die berg Sinai vergader en het “die hele berg . . . vreeslik gebewe”. As een vertoning van sy onvergelyklike mag het Jehovah ’n aardbewing gebruik om die erns van die verbond te beklemtoon.Die geskud van die berg het ook die Israeliete gehelp om die voorval te onthou. Hulle sou nie maklik hulle belofte vergeet nie, want Jehovah het hierdie belangrike ooreenkoms gepaard laat gaan met ontsagwekkende gebeure wat ’n aardbewing ingesluit het.—Exodus 19:7-19.

’n Rukkie later was daar nog ’n aardbewing. Die huisgesinne van Datan, Abiram en Korag het teen Jehovah se aangestelde leier in opstand gekom. Nadat baie raad gegee en in die wind geslaan is, het Jehovah ’n aardbewing gebruik om hierdie rebelle onder sy volk uit te roei. “Toe . . . skeur die grond wat onder hulle was, en die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind saam met hul huisgesinne en al die mense wat aan Korag behoort het en al die goed.”—Numeri 16:31, 32.

God is egter nie verantwoordelik vir hedendaagse aardbewings nie. Waarom sluit die Bybel hulle dan in as deel van die teken van “die einde”? En lewe ons werklik aan “die voleinding van die wêreld”?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel