Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 7/1 bl. 8-9
  • Wat is God se Koninkryk?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat is God se Koninkryk?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is God se Koninkryk? Hoe ons kan wys dat ons dit wil hê
    Leer by die Groot Onderwyser
  • Die Koninkryk—Is dit vir jou ’n werklikheid?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Hedendaagse valse profete
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Is jy ’n lojale onderdaan van God se regering?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 7/1 bl. 8-9

God se Woord is lewend

Wat is God se Koninkryk?

TOE Jesus Christus op die aarde was, was sy vernaamste werk om oor God se Koninkryk te preek en ander daarvan te leer. “Ek moet . . . die evangelie van die koninkryk van God bring”, het hy eenkeer verduidelik, “want daarvoor is Ek gestuur” (Lukas 4:43). Soos jy hier kan sien, het Jesus sy volgelinge uitgestuur om ook die Koninkryk te verkondig (Mattheüs 10:1, 7). Hy het sy volgelinge selfs geleer om tot God te bid: “Laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde.”—Mattheüs 6:10.

Wat is hierdie Koninkryk van God, en waarom is dit so belangrik?

Wel, jy weet wat ’n koning is. Hy is die heerser van ’n land of gebied. Omdat hy ’n koning is, word sy regering ’n koninkryk genoem. God se Koninkryk is ook ’n regering. Die Bybel vertel daarvan met hierdie woorde: “’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: . . . Vredevors—tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde.”—Jesaja 9:5, 6.

Hierdie vors—hierdie Seun van die Groot Koning, Jehovah God—is Jesus Christus. God het hom aangestel as die heerser van Sy Koninkryksregering. As ons kyk wat op die dag van Christus se dood gebeur het, sal ons sien dat God se Koninkryk ’n belangrike geskil gedurende Christus se bediening was.

Die Bybel deel ons mee dat die mense Jesus van die volgende beskuldig het: Ons het gevind dat hierdie man die volk verlei en verbied het om aan die keiser belasting te betaal, terwyl Hy sê dat Hy self Christus, die Koning, is.” Toe die Romeinse goewerneur, Pontius Pilatus, hierdie dinge gehoor het, het hy vir Jesus gevra: “Is U die Koning van die Jode?”—Lukas 23:1-3.

Jesus het Pilatus se vraag nie regstreeks beantwoord nie, maar gesê: “My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie” (Johannes 18:36). Jesus het dit gesê omdat sy Koninkryk nie ’n aardse koninkryk sou wees waarin menslike politiek ’n rol speel nie. As God se Koning sou hy vanuit die hemel regeer, nie as ’n man op ’n aardse troon nie.

Het jy opgelet wat God se regering volgens Jesaja sal laat toeneem totdat daar geen einde daaraan is nie? Ja, vrede. Kan jy nou sien waarom daardie regering so belangrik is? Geen menseregering kan blywende vrede bring nie; slegs God se Koninkryk kan. Jesus het sy lewe op aarde daaraan gewy om die wonderlike waarhede oor God se Koninkryksregering aan die mense te vertel. Dit was sy vernaamste boodskap. Die Koninkryk is vandag nog steeds die allerbelangrikste geskil.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel