Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 8/1 bl. 24-25
  • Hoe sal dit op die Oordeelsdag wees?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe sal dit op die Oordeelsdag wees?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is die Oordeelsdag?
    Ontwaak!—2010
  • Die Oordeelsdag—Wat is dit?
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Die oordeelsdag—’n tyd van hoop!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Wat sal tydens die Oordeelsdag gebeur?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 8/1 bl. 24-25

God se Woord is lewend

Hoe sal dit op die Oordeelsdag wees?

DIE Bybel gee ’n beeld van die Oordeelsdag wat hemelsbreed verskil van die manier waarop baie mense hulle dit voorstel. Dit is nie ’n dag wat ons moet vrees nie. Kyk na hierdie prente. Hulle gee jou ’n idee van hoe wonderlik die Oordeelsdag vir die mensdom sal wees.

Die Skrif toon dat God Jesus Christus aangestel het om die Regter gedurende die Oordeelsdag te wees (Handelinge 17:31). En ons kan daarvan seker wees dat sy oordeel billik en regverdig sal wees.—Jesaja 11:3-5.

In stryd met die algemene opvatting sal Christus die verresenes nie oordeel op grond van hulle sondes van die verlede, waarvan baie in onkunde gedoen is nie. Die Bybel sê duidelik dat ’n persoon by die dood bevry of onthef word van alle sondes wat hy gedoen het. Dit sê: “Hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde” (Romeine 6:7). Dit beteken dat wanneer ’n persoon opgewek word, hy geoordeel sal word volgens wat hy gedurende die Oordeelsdag doen, nie op grond van wat hy voor sy opstanding gedoen het nie.

Die Oordeelsdag is gevolglik nie ’n letterlike dag van 24 uur nie. Dit sal 1 000 jaar lank wees. Dit is dieselfde duisendjarige tydperk waartydens Christus en sy medekonings oor die vrygekoopte mensdom sal regeer (Openbaring 20:4, 6). Gedurende daardie tyd sal mense saamwerk om die aarde in ’n paradys te omskep. Die dode sal mettertyd tot lewe op aarde terugverwelkom word.—Lukas 23:43.

Watter vreugde sal daar tog heers wanneer gesinne wat lank deur die dood geskei is, weer verenig word! Ja, hoe aangenaam sal dit tog wees om in vrede te lewe, blakend gesond te wees en omtrent God se voornemens ingelig te word! Gedurende die Oordeelsdag sal almal wat op aarde lewe van Jehovah God en sy weë leer. Hulle sal die geleentheid kry om hom te gehoorsaam en te dien.

Diegene wat gedurende die Oordeelsdag verkies om Jehovah te dien, sal die ewige lewe ontvang. Maar selfs onder hierdie allerbeste omstandighede sal party weier om God te dien en weer goddelose dinge doen. Die Skrif sê: “Word aan die goddelose genade bewys, dan leer hy geen geregtigheid nie; wat onreg is, doen hy in ’n land van reg” (Jesaja 26:10). Goddelose persone wat weier om hulle weë te verander, sal gevolglik vernietig word. Slegs die regverdiges sal toegelaat word om op die paradysaarde te lewe.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel