Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 8/15 bl. 15
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Kentering op mediese gebied
  • Jesus se ontroue “grondpersoneel”
  • Red jou lewe met bloed—Hoe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Die Bloed wat werklik lewens red
    Hoe kan bloed jou lewe red?
  • Wandel soos Jehovah ons geleer het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Studievrae vir die brosjure Hoe kan bloed jou lewe red?
    Ons Koninkryksbediening—1991
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 8/15 bl. 15

Insig in die nuus

Kentering op mediese gebied

• Die mediese tydskrif “Zyjmy Dluzej” (Lewe langer) van die Poolse Volksrepubliek het onlangs kommentaar gelewer oor ’n toenemende mediese neiging om bloedoortappings te vermy. Dit sê dat dokters gevorder het “van ’n blinde geloof in die reddingswaarde van bloed” in die verlede “tot ons dag, wanneer nugtere oordeel toon dat bloed ook baie gevaarlik kan wees”. Die skrywer, professor Franciszek Smolarfk, M.D., het bygevoeg: “Daar was ’n tydstip toe die geneesvordering gemeet is aan liters oorgetapte bloed. Vandag sien ons die reine waarheid, dat bloed ’n vreemde weefsel is . . . wat verreikende immunologiese reaksies kan veroorsaak.”—Augustus 1979, bl. 14.

In Noord-Amerika het professor Horace Herbsman, M.D., van die Staatsuniversiteit van New York se Downstate Medical Center hierdie veranderende mediese beskouing gestaaf. Hy skryf in die tydskrif “Emergency Medicine”: “Trouens, ons ervaring met Jehovah se Getuies kan vertolk word as ’n bewys dat ons nie so baie op bloedoortappings, met al hul moontlike komplikasies, hoef staat te maak as wat ons eens gemeen het nie.”—15 Januarie 1980, bl. 76.

En in Kanada het verslaggeefster Marilyn Dunlop van Toronto se “Star” die volgende vraag gestel nadat sy met ’n aantal chirurge onderhoude oor die onderwerp gevoer het: “Hoe groot is die gevaar vir hulle kinders of hulleself wanneer Jehovah se Getuies weens godsdienstige redes weier om bloed te aanvaar?” Haar antwoord: “Daar is al hoe meer mediese getuienis dat dit miskien nie so groot is as wat die res van die samelewing en die mediese professie lank gemeen het nie.”

Sulke kenterings is nie buitengewoon op enige gebied van die wetenskap nie. En dit is nie ’n skande vir geneeshere wat opreg probeer om hulle pasiënte die beste vorm van behandeling moontlik te gee nie. Wanneer hulle daarvan oortuig is dat alternatiewe behandeling beter is, sal hulle ongetwyfeld dieselfde sê as een hartchirurg met wie die “Star” ’n onderhoud gevoer het: “Dit is voordelig om dit so te doen [sonder bloed]. Bloed is nie goed vir mense nie. Indien jy daarsonder kan klaarkom, is dit uitstekend.”—24 Februarie 1980, bl. A10.

Jesus se ontroue “grondpersoneel”

• ’n Langspeelplaat wat nou in die Bondsrepubliek van Duitsland verkoop word, bevat ’n proteslied teen vandag se godsdiensleiers. Prof. Helmut Thielicke, ’n Duitse teoloog, het onlangs ’n artikel oor hierdie lied geskryf waarin hy die sanger se protes soos volg verduidelik: “Hy het in gedagte wat Jesus wou hê, en vergelyk dit met wat sy klerikale grondpersoneel dit laat word het. Indien Jesus na ons aarde sou terugkeer en die skade sou sien wat sy volk sy naam berokken het, sou hy homself nie in hulle ondernemings kan herken nie. Hy sou oorweldig word deur woede, teleurstelling en hartseer.” Hoewel hy dit met baie van hierdie verklarings eens is, maak Thielicke die gevolgtrekking dat die kern van die boodskap die volgende is: ‘Moenie Jesus van Nasaret met sy grondpersoneel verwar nie.’

Maar waarom verskil die ‘grondpersoneel’ se leerstellings en dade so van dié van hul Meester? Jesus, wat die geestelikes van die Christendom beweer hulle volg, het eenkeer gesê: “Elkeen wat volmaak onderrig is, sal soos sy onderrigter wees” (Luk. 6:40, NW). Hulle het klaarblyklik nie toegelaat dat hulle “volmaak onderrig” word deur die Een wat hulle hulle Here noem nie.—Matt. 7:21-23.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel