Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wcg hfst. 43 bl. 196-199
  • Hy het ’n groot verantwoordelikheid gehad

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hy het ’n groot verantwoordelikheid gehad
  • Wees moedig en maak God gelukkig
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Soek dieper
  • Dink aan die lesse
  • Dink na oor die groter prentjie
  • Leer meer
  • Hy het beskerm, hy het voorsien, hy het volhard
    Volg hulle geloof na
  • Hy het versoeking weerstaan
    Wees moedig en maak God gelukkig
  • Hy het beskerm, voorsien en volhard
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Hy het Goddelike leiding aanvaar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Sien nog
Wees moedig en maak God gelukkig
wcg hfst. 43 bl. 196-199

43 JOSEF

Hy het ’n groot verantwoordelikheid gehad

Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe

DIT vat moed om ’n goeie pa te wees. Maar Josef, ’n timmerman van Nasaret, se moed was getoets selfs voordat hy ’n pa geword het. Hy het uitgevind dat Maria, die meisie met wie hy binnekort sou trou, swanger was. Maar die kind was nie syne nie. Maria het vir hom die hele storie oor hierdie swangerskap vertel. Maar dit was baie moeilik vir Josef om dit te verstaan en te glo. Wat sou hy doen?

Die Bybel sê dat ‘Josef regverdig was’. ’n Opregte man wat Jehovah se wette gehoorsaam het, hy was ook liefdevol en genadig. Hy het toe mooi “oor hierdie dinge gedink”. Hy wou Maria beskerm en haar nie verneder nie, en daarom het hy beplan om in die geheim van haar te skei. (In daardie dae was ’n verloofde paartjie as ’n getroude paartjie gesien.) Maar Jehovah het hom gekeer. Hy het ’n engel gestuur om met Josef in ’n droom te praat. Die engel het vir Josef gesê: “Moenie bang wees om jou vrou, Maria, huis toe te neem nie.” Die engel het Josef verseker dat Maria die waarheid praat. Die kind was regtig God s’n, en hy sou die Messias wees!

Josef het ’n baie groot verantwoordelikheid gehad – om die Seun van God groot te maak

Josef het “gedoen wat die engel van Jehovah vir hom gesê het om te doen”. Hy het moedig die vrag gedra wat Jehovah hom gegee het: Hy moes vir sy eie geliefde vrou sorg, sowel as vir die belangrikste kind wat ooit gebore sou word. Josef sou beslis baie moed nodig hê.

Kort voor lank het keiser Augustus beveel dat ’n sensus gedoen moes word, wat beteken het dat Josef na Betlehem moes gaan om te registreer. Dalk het die wet nie vereis dat Maria saam moes gaan nie, maar Josef het moontlik gevoel dat hy haar beter kon beskerm as sy saam met hom was. So hulle het toe die lang reis aangepak – selfs al sou sy ‘binnekort geboorte gee’. Daar in Betlehem het Maria toe aan Jesus in ’n stal geboorte gegee.

Josef het hard gewerk om vir sy nuwe familie te sorg, maar hy het nie baie gehad nie. Toe hy en Maria na die tempel in Jerusalem gegaan het om die kind voor Jehovah aan te bied, het hulle twee klein voëltjies geoffer omdat hulle arm was. ’n Tydjie later het sterrevoorspellers, wat moontlik van Babilon was, ’n buitengewone “ster” gesien en dit gevolg. Hulle het by Josef se huis in Betlehem gekom. Hulle het vir die familie waardevolle geskenke vir die kind gegee. Kort daarna het Jehovah se engel Josef gewaarsku dat die slegte koning Herodes klein Jesus wou doodmaak! Die engel het vir Josef gesê om met sy familie na Egipte te vlug.

Josef lei sy familie in ’n Egiptiese stad terwyl Joodse en Egiptiese mense vir hulle kyk. Maria hou baba Jesus vas terwyl sy op ’n donkie ry.

Josef was moedig en het gedoen wat die engel gesê het. Hy het sy vrou en kleintjie gevat en Betlehem onmiddellik verlaat. In die nag het Josef, Maria en Jesus hulle huis verlaat en na ’n vreemde plek ver weg gegaan. Hoe sou hy vir hulle in Egipte sorg? Hy was sekerlik baie dankbaar vir die skatte wat hy van die besoekers gekry het. Later het Jehovah vir Josef gesê dat hy sy familie terug na hulle tuisdorp moes vat. Maar Betlehem was onder die beheer van ’n gevaarlike leier, en daarom het Josef gedoen wat God vir hom gesê het en sy familie na Nasaret gevat.

Daar het Josef as ’n timmerman hard gewerk om vir Maria, Jesus en vir ten minste ses ander van hulle kinders te sorg. Nog belangriker, Josef het geestelik vir sy familie gesorg. Hulle het dit ’n gewoonte gemaak om gereeld na die sinagoge te gaan om oor Jehovah te leer, en hulle het feeste in Jerusalem bygewoon om Jehovah te aanbid. Die laaste keer toe die Bybel oor Josef praat, was toe hy bang was dat hy die 12-jarige Jesus by een van daardie feeste verloor het. Daardie goeie pa was seker baie angstig! Maar Jesus was veilig, en hy het aan sy ouers “onderdanig gebly”.

Die Bybel sê nie wanneer Josef gesterf het nie, maar voordat hy gesterf het, het hy sy aangenome seun sekerlik verder opgelei. Jesus was nie net bekend as “die timmerman se seun” nie, maar ook as “die timmerman”. So sy pa het vir hom sy ambag geleer. Josef het ’n goeie voorbeeld gestel van wat Jehovah van alle pa’s verwag. Hy was moedig, lojaal en liefdevol. Hy het sy familie beskerm, vir hulle gesorg en hulle oor Jehovah geleer.

Lees die Bybelverslag:

  • Matteus 1:​18-25; 2:​1-23; 13:55

  • Markus 6:3

  • Lukas 2:​1-7, 22-24, 41-51

Om te bespreek:

Hoe het Josef gewys dat hy moedig is?

Soek dieper

  1. 1. Aangesien Maria Heli se dogter was, hoekom sê Lukas 3:23 dat Josef “die seun van Heli” is? (w17.08 32 ¶4)

  2. 2. Hoekom het Josef dalk nie seksuele omgang met Maria gehad voordat Jesus gebore was nie? (w03 12/15 5 ¶5)

  3. 3. Wat wys dat Josef ’n harde werker was? (ia 166-167 ¶15-18) A

    Josef maak ’n houtwiel in sy werkswinkel reg. In die agtergrond staan Maria en jong Jesus en praat met twee van hulle bure.

    Prent A

  4. 4. Hoekom kan ons sê dat Josef moontlik doodgegaan het voordat Jesus sy bediening begin het? (w17.07 13 ¶8, vtn.)

Dink aan die lesse

  • Wat kan gesinshoofde by Josef leer oor gehoorsaamheid aan Jehovah se leiding, al is dit moeilik? (Matt. 1:​20, 24; 2:​13-15, 19-21)

  • Wat leer Josef ons oor die belangrikheid daarvan om Jehovah eerste in ons gesinslewe te stel? (Luk. 2:41) B

    ’n Familie is gelukkig terwyl hulle gereedmaak om hulle huis te verlaat om na ’n byeenkoms te gaan. Die pa help sy jonger seun om ’n das aan te sit terwyl sy vrou en ouer seun regmaak.

    Prent B

  • Op watter ander maniere kan jy Josef se moed navolg?

Dink na oor die groter prentjie

  • Wat leer hierdie verslag my oor Jehovah?

  • Hoe hou hierdie verslag verband met Jehovah se wil?

  • Wat sal ek Josef graag wou vra nadat Jehovah hom opgewek het?

Leer meer

In hierdie video, kyk hoe Josef gehoorsaam aan Jehovah was.

Hy het “gedoen wat die engel van Jehovah vir hom gesê het om te doen” (4:39)

Hoe kan ons Josef en Maria navolg wanneer die regering ’n wet maak wat vir ons onregverdig voel of ons lewe moeilik maak?

“Is jy ‘bereid om te gehoorsaam’?” (w23.10 8-10 ¶9-14)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel