Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wcg hfst. 36 bl. 162-165
  • Hy het die mense terug na Jehovah gelei

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hy het die mense terug na Jehovah gelei
  • Wees moedig en maak God gelukkig
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Soek dieper
  • Dink aan die lesse
  • Dink na oor die groter prentjie
  • Leer meer
  • Josia het goeie vriende gehad
    Leer jou kinders
  • Die nederige man Josia het Jehovah se guns gehad
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Josia was lief vir God se Wet
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Josia het gekies om te doen wat reg is
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Wees moedig en maak God gelukkig
wcg hfst. 36 bl. 162-165

36 JOSIA

Hy het die mense terug na Jehovah gelei

Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe

JOSIA was net ses jaar oud toe sy oupa koning Manasse sterf. Die seun het heel moontlik geweet dat sy oupa verander het en Jehovah weer begin dien het. Daardie dinge het seker ’n groot impak op Josia gehad. Maar die seun se pa, Amon, het die volgende koning geword. Amon was ’n slegte man en het die mense aangemoedig om weer valse gode te aanbid en om slegte dinge te doen. Hy het gesterf nadat hy vir net twee jaar regeer het. Toe word die agt-jarige Josia die volgende koning.

Josia het heel moontlik mense gehad wat ’n goeie invloed op sy lewe gehad het, soos die profete Sefanja en Jeremia, die profetes Hulda en die hoëpriester Hilkia. Die Bybel sê van Josia: “Toe hy nog maar ’n seun was [omtrent 16 jaar oud], het hy die God van sy voorvader Dawid begin dien.” Toe hy omtrent 20 jaar oud was, het hy groot veranderinge in Juda begin maak. Jehovah het hierdie dapper en ywerige jong koning gebruik om ’n einde te maak aan afgodediens en goddeloosheid.

Josia het selfs na die land gegaan waar die mense van die noordelike tienstammeryk van Israel eers gebly het. Baie van die Israeliete was al lankal na Assirië as gevangenes weggeneem. Die meeste van die mense wat nou daar gebly het, was buitelanders, maar Josia het nog steeds die plekke waar hulle valse aanbidding beoefen het, vernietig.

Alhoewel hy jonk was, het koning Josia moedig geveg om die mense terug na Jehovah te lei

’n Paar jaar later het Josia ’n onverwagte seën gekry. Terwyl hulle besig was met die herstelwerk by Jehovah se heilige tempel, het die hoëpriester Hilkia iets ontdek: ’n boekrol wat die Wet wat Jehovah aan Moses gegee het, bevat. Dit was honderde jare oud, moontlik deur Moses self geskryf! Die boekrol was na Josia toe gebring, en hy het mooi geluister terwyl dit vir hom gelees was. Die woorde daarin het sy hart gebreek! Hy het nou duidelik gesien hoe ver die mense van God se Wet afgedwaal het. Josia het besef dat Jehovah beslis baie kwaad vir Sy mense was. Sou Josia die moed hê om iets te doen oor dit wat hy gehoor het?

Koning Josia skeur sy klere terwyl hy na ’n man luister wat ’n boekrol lees wat Jehovah se Wet bevat. ’n Paar manne kyk bekommerd na hom.

Josia het onmiddellik vyf van sy manne gestuur om uit te vind wat Jehovah gaan doen. Hierdie manne het na die profetes Hulda gegaan, wat gesê het dat Jehovah beslis baie kwaad was omdat die mense van Juda so lank ongehoorsaam was en dat Juda en Jerusalem vernietig gaan word. Maar Jehovah het gesien dat Josia ’n goeie hart het en dat hy moedig probeer het om die mense te help om Jehovah weer op die regte manier te dien, en daarom sou hierdie vernietiging nie gedurende die koning se leeftyd kom nie.

Maar Josia het nog steeds alles gedoen wat hy kon om sy mense terug na Jehovah te lei. Hy en sy mense het in die openbaar belowe om alles in God se Wet te gehoorsaam. Toe het hy selfs harder gewerk om al die afgode te vernietig en afgodediens in die land stop te sit. Die koning het ’n groot Pasgafees gereël om ware aanbidding te bevorder. Hy en sy hoë amptenare het baie diere gegee om aan Jehovah geoffer te word, en sangers het gesing om Jehovah te loof. Dit was een van die grootste Pasgafeeste wat God se mense al ooit gehad het.

Josia het aangehou om te wys dat hy baie moed en geloof gehad het terwyl hy die regverdige oorlog teen valse aanbidding geveg het. By een plek het hy ’n 300 jaar oue profesie vervul deur bene op ’n heidense altaar te brand en daardie plek van valse aanbidding te vernietig (1 Kon. 13:2). In Juda het Josia selfs plekke van aanbidding vernietig wat gebou was toe koning Salomo van Jehovah weggedwaal het. Maar toe het Josia ’n baie slegte besluit gemaak. Hy het gaan veg teen ’n Egiptiese Farao met die naam Nego. Deur middel van Nego het Jehovah Josia gewaarsku om dit nie te doen nie. Maar dit lyk asof Josia nooit na Jehovah se profete gegaan het om te hoor of God regtig deur middel van Nego met hom gepraat het nie. Hy het eerder voortgegaan. Om teen ’n magtige leërmag te veg, het dalk dapper gelyk, maar dit was roekeloos en onwys. Dit het hom sy lewe gekos op die ouderdom van net 39.

Het Jehovah vergeet van al die goeie dinge wat Josia gedoen het? Glad nie! Die profeet Jeremia het ’n lied geskryf om te beskryf hoe hartseer hy oor daardie goeie koning was. Dit lyk asof God se mense vir baie jare daardie hartseer lied bly sing het. Dalk sal Josia eendag lees oor al die dinge wat in die Bybel oor hom geskryf is en uitvind dat Jeremia ’n lied geskryf het oor al die wonderlike dinge wat hy gedoen het. Dit is duidelik dat Jehovah lief was vir Josia en nooit van sy geloof en moed vergeet het nie.

Lees die Bybelverslag:

  • 2 Konings 22:1–23:30

  • 2 Kronieke 33:21–35:27

Om te bespreek:

Hoe het Josia gewys dat hy moedig is?

Soek dieper

  1. 1. Wat weet ons van Safan, Josia se sekretaris en kopiis? (w02 12/15 19 ¶2-6)

  2. 2. Hoekom het Josia sy klere geskeur toe die Wet vir hom gelees was? (w14 4/15 32)

  3. 3. Volgens geskiedkundiges, het farao Nego regtig bestaan? (2 Kron. 35:22; it “Nego” ¶2-wcgr) A

Die oorblyfsels van die eertydse stad Megiddo.

StockStudio/Alamy Stock Photo

Prent A: Megiddo, die plek waar Josia teen farao Nego geveg het

Prent A: Megiddo, die plek waar Josia teen farao Nego geveg het

StockStudio/Alamy Stock Photo

  1. 4. Hulda het voorspel dat Josia “in vrede begrawe [sou] word”. Aangesien Josia in geveg gesterf het, hoe het daardie profesie waar geword? (2 Kon. 22:20; w00 9/15 30 ¶2-3)

Dink aan die lesse

  • Party Christene het ’n moeilike kinderlewe gehad. Watter lesse kan hulle by Josia leer, wie se pa ’n afvallige was?

  • Josia het moeite gedoen om die Skrif te verstaan (2 Kron. 34:21). Hoe kan ons hom navolg? B

    ’n Broer vat notas terwyl hy die Bybel bestudeer. Hy gebruik die “JW Library”-app op sy foon en ’n harde kopie van die Bybel.

    Prent B

  • Op watter ander maniere kan jy Josia se moed navolg?

Dink na oor die groter prentjie

  • Wat leer hierdie verslag my oor Jehovah?

  • Hoe hou hierdie verslag verband met Jehovah se wil?

  • Wat sou ek Josia graag wou vra nadat Jehovah hom opgewek het?

Leer meer

Kyk wat jy kan leer uit Josia se besluite en die besluite van twee ander jongmense wat konings van Juda geword het.

“Jongmense – Hoe sal julle lewe uitdraai?” (w23.09 8-13)

Het Josia op sy eie van die afgode in die land ontslae geraak? Kry die antwoord in hierdie video.

Die verhaal van Josia: Wees lief vir Jehovah; haat wat sleg is – Deel II – Uittreksel (3:43)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel