33 JOJADA
Hy het die koningskap beskerm
JOJADA was ’n ou man, maar hy was nog steeds baie besig in Jehovah se diens en het ’n sterk begeerte gehad om te doen wat reg was. Gedurende ’n slegte tyd was hy die hoëpriester by die tempel in Jerusalem en het hy die verantwoordelikheid gehad om God se mense te help om Jehovah op die regte manier te aanbid.
Baie van die slegte dinge wat in die land gebeur het, was as gevolg van ’n vrou met die naam Atalia. Sy was die dogter van koning Agab van Israel en sy vrou, Isebel, wat so sleg was dat Jehovah gesê het dat hulle hele familie uitgewis moet word. Alhoewel Atalia getroud was met die koning van Juda, het sy ware aanbidding gehaat. Nadat haar man gesterf het, het haar seun as koning begin regeer, maar Jehovah het hom laat doodmaak. Toe het Atalia haarself as heerser van Juda aangestel, alhoewel Jehovah net mans as konings gekies het en vereis het dat hulle uit Dawid se familie kom. Om seker te maak dat sy nie haar posisie verloor nie, het sy besluit om van enige kompetisie ontslae te raak. Sy het selfs haar eie kleinseuns laat doodmaak omdat een van hulle die volgende koning kon word.
’n Hoëpriester en sy vrou het hulle lewens in gevaar gestel om ’n klein seuntjie te beskerm teen ’n slegte koningin wat hom wou doodmaak
Jojada was getroud met ’n dapper jong vrou met die naam Joseba, of Josabat, ’n lid van die koninklike familie. Sy en haar man kon dit nie oor hulle hart kry om te sien hoe Dawid se familielyn uitgewis word nie. Jehovah het belowe dat ’n seun uit Dawid se familielyn altyd sou regeer! (2 Sam. 7:12, 13). Joseba het besluit om een van daardie seuntjies te beskerm, ’n baba minder as ’n jaar oud. Sy het haar moed bymekaargeskraap en die baba in die geheim uit die koninklike paleis gevat. Toe het sy die babaseuntjie en sy oppasser na haar man, die hoëpriester, gevat. Jojada het die kosbare seuntjie in ’n kamer in die tempel weggesteek.
Vir ses jaar het Jojada Joas in God se huis weggesteek en hom teen gevaar beskerm. Dit moes seker nie maklik gewees het nie, want Atalia sou enige iemand doodmaak om haar posisie te beskerm. Die tyd het uiteindelik aangebreek vir Jojada om nog ’n moedige besluit te maak. Hy het vyf militêre hoofde laat roep en vir hulle die groot geheim vertel: ’n Seun uit Dawid se eie familielyn lewe nog! Hy het vir hulle gesê om 500 soldate op sekere plekke by en naby die tempel te laat staan. Hierdie soldate het met wapens en skilde om die jong seun gestaan terwyl Jojada Joas koning gemaak het. Die mense het hande geklap en uitgeroep van vreugde. Toe Atalia dit hoor, het sy onmiddellik na die tempel gegaan.
Sy het by die tempelvoorhof ingestorm en vinnig besef wat besig was om te gebeur en een laaste kans probeer vat om aan haar posisie vas te hou. Sy het uitgeroep: “’n Sameswering! ’n Sameswering!” – alhoewel sy self skuldig was daaraan. As sy gehoop het om ondersteuning te kry, was sy verkeerd. Jojada het sy man gestaan. Hy het die hoofde beveel om die slegte koningin uit die tempel te vat. En hulle het dit gedoen. Daar het hulle haar doodgemaak. Jehovah het gesê dat “die hele huis van Agab doodgemaak [sal] word” (2 Kon. 9:8). Atalia was dalk die laaste een van daardie slegte familie wat doodgemaak was.
Jojada het nie hier gestop nie. Hy het die mense en die jong koning ’n belofte aan Jehovah laat maak dat hulle getrou aan Hom sou bly. Toe het hy die tempel van Baäl laat afbreek en sy priester laat doodmaak. Daarna het Jojada sy bes gedoen om Joas te help om ’n goeie en getroue koning te word. Die hoëpriester was tot die einde toe ’n goeie invloed. Maar uiteindelik het Jojada op die ouderdom van 130 jaar gesterf. Hy was die spesiale voorreg gegee om tussen die konings van Jerusalem begrawe te word.
Ongelukkig, nadat daardie getroue man gesterf het, was Joas nie meer getrou aan Jehovah nie. Hy was beïnvloed deur die slegte leiers van Juda en het begin om valse aanbidding te bevorder. Hy het die profete wat hom wou reghelp, geïgnoreer. Een van die manne wat hom wou reghelp, was Jojada se seun Sagaria. Hy het die mense gevra: “Hoekom is julle nie gehoorsaam aan Jehovah se gebooie nie?” Joas het woedend geword en hom toe laat doodmaak! Maar Sagaria het, net soos sy pa, moedig gebly tot die einde toe. Jare later het Jesus Christus gesê dat Sagaria ’n regverdige man was. Jesus, net soos sy Vader, vergeet nie die moed van getroue manne en vroue nie.
Lees die Bybelverslag:
Om te bespreek:
Hoe het Jojada gewys dat hy moedig is?
Soek dieper
1. Wat sê party mense oor “die Kariese lyfwag” wat Jojada gehelp het om Atalia dood te maak? (2 Kon. 11:4, 19; it “Kariese lyfwag”-wcgr)
2. Waarna kon “die Getuienis” moontlik verwys, en hoekom het Jojada dit op Joas gesit? (2 Kon. 11:12, vtn.; w91 2/1 31 ¶5-6) A
Prent A
3. Hoekom het Joas beveel dat Jehovah se huis herstel moet word? (2 Kron. 24:4-7, 11-14; it “Joas” nr. 1 ¶5-wcgr)
4. Sagaria was Jojada se seun. So hoekom het Jesus hom “die seun van Baragja” genoem? (“die seun van Baragja”-studienota vir Matt. 23:35 in die Engelse Studiebybel-wcgr)
Dink aan die lesse
Jojada was dalk meer as 100 jaar oud toe hy Joas weggesteek het. Hoe kan sy voorbeeld ouer knegte van Jehovah aanmoedig? (Ps. 92:12, 14) B
Prent B
Toe Joas na Jojada geluister het, was hy suksesvol. Watter lesse kan jongmense hieruit leer?
Hoe kan jy Jojada se moed in jou lewe navolg?
Dink na oor die groter prentjie
Wat leer hierdie verslag my oor Jehovah?
Hoe hou hierdie verslag verband met Jehovah se wil?
Wat sou ek Jojada graag wou vra nadat Jehovah hom opgewek het?
Leer meer
Wat kan kinders by Joas leer oor die belangrikheid daarvan om vriende versigtig te kies?
“Joas het Jehovah weens slegte assosiasie verlaat” (w09 4/1 24-25)
Wat kan ons by Jojada leer wanneer dit kom by ons bydraes?