Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ll deel 6 bl. 14-15
  • Wat leer ons uit die groot Vloed?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat leer ons uit die groot Vloed?
  • Luister na God en lewe vir ewig
  • Soortgelyke materiaal
  • Deel 6
    Luister na God
  • ’n Waarskuwing uit die verlede
    Jy kán God se vriend wees!
  • Die groot Vloed – Wie het geluister? Wie het nie?
    Luister na God en lewe vir ewig
  • Waarom God aan Noag guns betoon het—Waarom dit vir ons van belang moet wees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
Sien nog
Luister na God en lewe vir ewig
ll deel 6 bl. 14-15

DEEL 6

Wat leer ons uit die groot Vloed?

God het die slegte mense vernietig, maar het Noag en sy familie gered. Genesis 7:11, 12, 23

Die ark dryf, die slegte mense verdrink en die slegte engele gaan terug hemel toe

Dit het 40 dae en 40 nagte lank gereën. Die water was oor die hele aarde. Al die goddelose mense het doodgegaan.

Die slegte engele het terug hemel toe gegaan. Hulle het demone geword.

Noag, sy familie en die diere kom uit die ark uit en ’n reënboog verskyn in die lug

Noag en sy familie was in die ark en het bly lewe. Hulle het uiteindelik doodgegaan. Maar God sal hulle weer lewend maak, en dan sal hulle vir ewig lewe.

God sal weer die slegte mense vernietig en die goeie mense red. Matteus 24:37-39

Satan en sy demone gebruik verskillende maniere om mense slegte dinge te laat doen

Satan en die demone is nog steeds besig om mense slegte dinge te laat doen.

Net soos in Noag se dag, luister baie mense nie na Jehovah nie. Binnekort sal Jehovah almal wat sleg is, vernietig. – 2 Petrus 2:5, 6.

Jehovah se Getuies gebruik die Bybel om vir ’n man te preek; ’n man lees die Bybel

Party mense is soos Noag. Hulle luister na God en doen wat hy sê. Hulle is Jehovah se Getuies.

  • Kies die pad na die lewe. – Matteus 7:13, 14.

  • Die goddelose mense sal vernietig word en die nederige mense sal vrede geniet. – Psalm 37:10, 11.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel