’n Nuwe wêreld volgens God se belofte
DIE Bybel, die geskrewe Woord van God, vervul ons met hoop wanneer dit sê: “Daar is nuwe hemele en ’n nuwe aarde wat ons volgens sy belofte verwag, en daarin sal regverdigheid woon.”—2 Petrus 3:13.
Wat is die “nuwe hemele”? Die Bybel verbind die hemel met heerskappy (Handelinge 7:49). Die “nuwe hemele” is ’n nuwe regering wat oor die aarde sal heers. Dit is nuut omdat dit die teenswoordige stelsel van heerskappy sal vervang; dit is ook ’n nuwe verwikkeling in die verwesenliking van God se voorneme. Dit is die Koninkryk waarvoor Jesus ons leer bid het (Matteus 6:10). Aangesien God die Bron daarvan is en hy in die hemel woon, word dit “die koninkryk van die hemele” genoem.—Matteus 7:21.
Wat is die “nuwe aarde”? Dit is nie ’n nuwe aardbol nie, want die Bybel sê duidelik dat die aarde vir ewig bewoon sal word. Die “nuwe aarde” is ’n nuwe mensegemeenskap. Dit sal nuut wees omdat die goddeloses uitgeroei sal wees (Spreuke 2:21, 22). Almal wat dan lewe, sal die Skepper eer en gehoorsaam en sal in ooreenstemming met sy vereistes lewe (Psalm 22:27). Mense uit alle nasies word genooi om te leer wat hierdie vereistes is en om hulle lewe nou in ooreenstemming daarmee te bring. Doen jy dit?
In God se nuwe wêreld sal almal Sy heerskappy respekteer. Beweeg liefde vir God jou om aan hom gehoorsaam te wees? (1 Johannes 5:3). Kan dit gesien word in jou huis? by die werk of by die skool? in die manier waarop jy jou lewe lei?
In daardie nuwe wêreld sal die mensdom verenig wees in die aanbidding van die ware God. Aanbid jy die Skepper van die hemel en die aarde? Verenig jou aanbidding jou werklik met medeaanbidders van alle nasies, alle rasse en alle tale?—Psalm 86:9, 10; Jesaja 2:2-4; Sefanja 3:9.
[Venster op bladsy 17]
Die God wat hierdie dinge belowe
Hy is die Skepper van die fisiese hemele en van die planeet Aarde. Hy is die een wat deur Jesus Christus as “die enigste ware God” geïdentifiseer is.—Johannes 17:3.
Die grootste deel van die mensdom vereer gode wat hulle self gemaak het. Miljoene buig voor lewelose beelde neer. Ander verheerlik mense-instellings, materialistiese filosofieë of hulle eie begeertes. Selfs dié wat sê dat hulle die Bybel gebruik, eer nie almal die naam van die een wat daarin geïdentifiseer word as “die ware God” nie.—Deuteronomium 4:35.
Van homself sê die Skepper: “Ek is Jehovah. Dit is my naam” (Jesaja 42:5, 8). Hierdie naam verskyn ongeveer 7 000 keer in die Bybel in sy oorspronklike tale. Jesus Christus het sy volgelinge leer bid: “Ons Vader in die hemele, laat u naam geheilig word.”—Matteus 6:9.
Watter soort persoon is die ware God? Hy beskryf homself as “’n barmhartige en genadige God, wat nie gou toornig word nie en oorvloedig is in liefderyke goedhartigheid en waarheid” en wat geensins vrystelling van straf gee aan dié wat sy gebooie opsetlik oortree nie (Eksodus 34:6, 7). Die geskiedenis van sy handelinge met die mensdom bevestig die juistheid van daardie beskrywing.
Die naam sowel as die persoon wat deur daardie naam verteenwoordig word, moet geheilig word. As die Skepper en Universele Soewerein is hy geregtig op ons gehoorsaamheid en al ons aanbidding. Gee jý dit aan hom?
[Venster/Prent op bladsy 18]
Watter veranderinge sal die “nuwe hemele en ’n nuwe aarde” meebring?
’n Aarde wat in ’n paradys omskep is Lukas 23:43
’n Wêreldwye gemeenskap waarin mense Johannes 13:35;
van alle nasies, alle rasse Openbaring 7:9, 10
en alle tale in liefde verenig is
Wêreldwye vrede, ware veiligheid Psalm 37:10, 11;
vir almal Miga 4:3, 4
Bevredigende werk, volop kos Jesaja 25:6; 65:17, 21-23
Siekte, droefheid en die dood Jesaja 25:8;
uit die weg geruim Openbaring 21:1, 4
’n Wêreld wat in aanbidding Openbaring 15:3, 4
van die ware God verenig is
[Venster/Prente op bladsy 19]
Sal jy daarby baat vind?
God kan nie lieg nie!—Titus 1:2.
Jehovah sê: “My woord . . . sal nie sonder resultate na my toe terugkeer nie, maar dit sal beslis doen wat my behaag en sal beslis sukses behaal in alles waarvoor ek dit gestuur het.”—Jesaja 55:11.
Jehovah skep reeds “nuwe hemele en ’n nuwe aarde”. Die hemelse regering is reeds in werking. Die fondament van die “nuwe aarde” is reeds gelê.
Nadat Openbaring vertel van party van die wonderlike dinge wat “’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde” vir die mensdom gaan bring, haal dit God self, die Universele Soewerein, aan wat sê: “Kyk! Ek maak alles nuut.” Ook sê hy: “Skryf, want hierdie woorde is betroubaar en waaragtig.”—Openbaring 21:1, 5.
Die belangrike vraag is: Maak ons die nodige aanpassings sodat ons waardig geag kan word om deel van daardie “nuwe aarde” onder die “nuwe hemele” te wees?