Jerusalem en die tempel wat Jesus geken het
KORT ná Jesus se geboorte het Josef en Maria hom na die stad geneem waar sy hemelse Vader Sy naam gevestig het—Jerusalem (Lu 2:22-39). Op 12-jarige ouderdom was Jesus weer daar, vir die Pasga. Hy het die leermeesters by die tempel verbaas met sy begrip (Lu 2:41-51). Die werk aan daardie tempelkompleks, deel van Herodes die Grote se bouprogram, het meer as “ses-en-veertig jaar” geduur.—Joh 2:20.
Gedurende sy bediening het Jesus feeste in Jerusalem bygewoon, waar hy dikwels skares onderrig het. Hy het geldwisselaars en handelaars twee keer uit die tempelvoorhof uitgedryf.—Mt 21:12; Joh 2:13-16.
Noord van die tempel, by die bad Betsata, het Jesus ’n man genees wat 38 jaar lank gely het. God se Seun het ook ’n blinde man laat sien deur hom te stuur om hom in die bad Siloam, in die suidelike deel van die stad, te was.—Joh 5:1-15; 9:1, 7, 11.
Jesus het dikwels by sy vriende Lasarus, Maria en Marta in Betanië, “omtrent drie kilometer” oos van Jerusalem, gaan kuier. (Joh 11:1, 18, voetnoot in naslaanuitgawe; Lu 10:38-42; 19:29; sien “Jerusalem-omgewing”, bladsy 18.) ’n Paar dae voor sy dood het Jesus oor die Olyfberg na Jerusalem toe gegaan. Stel jou voor hoe hy gaan staan het, weswaarts oor die stad uitgekyk en daaroor gehuil het (Lu 19:37-44). Sy uitsig sou baie dieselfde gewees het as wat jy boaan die volgende bladsy sien. Toe het hy Jerusalem op die hingsvul van ’n eselin binnegegaan, waarskynlik deur een van die stad se oostelike poorte. Skares het hom as Israel se toekomstige Koning begroet.—Mt 21:9-12.
Belangrike gebeurtenisse voor Jesus se dood het by plekke in of naby Jerusalem plaasgevind: die tuin van Getsemane, waar Jesus gebid het; die Sanhedrinsaal; die huis van Kajafas; die paleis van goewerneur Pilatus en uiteindelik Golgota.—Mr 14:32, 53–15:1, 16, 22; Joh 18:1, 13, 24, 28.
Ná sy opstanding het Jesus in en om Jerusalem verskyn (Lu 24:1-49). Toe het hy van die Olyfberg af na die hemel opgevaar.—Han 1:6-12.
[Diagram op bladsy 31]
(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)
Jerusalem/Herod se tempel
Kenmerke van die tempel
1. Die Allerheiligste
2. Die Heilige
3. Brandofferaltaar
4. Gegote see
5. Voorhof van die priesters
6. Voorhof van Israel
7. Voorhof van die vroue
8. Voorhof van die heidene
9. Skeidsmuur (Soreg)
10. Koninklike pilaargang
11. Salomo se pilaargang
TEMPEL
Poort
Voorhof van die priesters
Poort
Die Die Brandofferaltaar Voorhof Voorhof
Allerheiligste Heilige van van
Israel die vroue
Gegote
see
Poort Salomo se
Skeidsmuur (Soreg) pilaargang
Court of Gentiles
Poort
Koninklike pilaargang
Poorte
Antoniatoring
Brug
Sanhedrinsaal?
TYROPOEONVALLEI
Bad Siloam
Akwaduk
Kajafas se huis?
Goewerneur se paleis
Golgota?
Golgota?
Bad Betsata
Tuin van Getsemane?
OLYFBERG
KIDRONVALLEI
Gihonfontein
En-Rogel
HINNOMVALLEI (GEHENNA)
[Prente op bladsy 30]
Uitsig na die ooste oor moderne Jerusalem: (A) tempelterrein, (B) tuin van Getsemane, (C) Olyfberg, (D) wildernis van Juda, (E) Dooie See
[Prent op bladsy 31]
Uitsig in Jesus se dag van die Olyfberg af na die weste