Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ie bl. 30-31
  • ’n Unieke vooruitsig!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Unieke vooruitsig!
  • Wat gebeur met ons wanneer ons sterf?
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Ook jy kan vir ewig lewe
  • Deur die groot verdrukking heen gered
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Lewe ná die dood—Wat sê die Bybel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
Sien nog
Wat gebeur met ons wanneer ons sterf?
ie bl. 30-31

’n Unieke vooruitsig!

“Elkeen wat lewe en geloof in my beoefen, sal nóóit sterf nie.”—JOHANNES 11:26.

1. In watter soort omgewing sal miljoene wat nou dood is, opgewek word?

WANNEER miljoene tydens die opstanding opgewek word, sal hulle nie tot lewe op ’n leë aarde teruggebring word nie (Handelinge 24:15). Hulle sal wakker word in ’n pragtige, verbeterde omgewing, en hulle sal vind dat blyplek, klere en ’n oorvloed voedsel vir hulle voorberei is. Wie sal al hierdie voorbereidsels tref? Mense sal gewis in die nuwe wêreld moet lewe voor die aardse opstanding begin. Maar wie?

2-4. Watter unieke vooruitsig het diegene wat in “die laaste dae” lewe?

2 Die vervulling van Bybelprofesieë toon dat ons in “die laaste dae” van hierdie stelsel van dinge lewe (2 Timoteus 3:1).a Jehovah God gaan binnekort in menseaangeleenthede ingryp en goddeloosheid van die aarde af verwyder (Psalm 37:10, 11; Spreuke 2:21, 22). Wat sal in daardie tyd met diegene gebeur wat God getrou dien?

3 Jehovah sal nie die regverdiges saam met die goddelose vernietig nie (Psalm 145:20). Hy het nog nooit so iets gedoen nie, en hy sal dit nie doen wanneer hy die aarde van alle goddeloosheid reinig nie. (Vergelyk Genesis 18:22, 23, 26.) Trouens, die laaste boek van die Bybel praat van “’n groot skare, wat geen mens kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale” wat uit “die groot verdrukking” kom (Openbaring 7:9-14). Ja, ’n groot menigte sal die groot verdrukking oorleef waartydens die huidige goddelose wêreld eindig, en hulle sal in God se nuwe wêreld ingaan. Daar kan die gehoorsame mensdom ten volle baat vind by God se wonderlike voorsiening om die mensdom van sonde en die dood te bevry (Openbaring 22:1, 2). Die “groot skare” hoef dus nooit te sterf nie. Wat ’n unieke vooruitsig tog!

4 Kan ons vertroue in hierdie wonderlike hoop stel? Absoluut! Jesus Christus het self getoon dat daar ’n tyd sal wees wanneer mense sal lewe sonder om ooit te sterf. Net voordat hy sy vriend Lasarus opgewek het, het Jesus vir Marta gesê: “Elkeen wat lewe en geloof in my beoefen, sal nóóit sterf nie.”—Johannes 11:26.

Ook jy kan vir ewig lewe

5, 6. Wat moet jy doen as jy vir ewig in die Paradys op aarde wil lewe?

5 Wil jy graag vir ewig in die Paradys op aarde lewe? Is dit jou begeerte om jou geliefdes weer te sien? Dan moet jy juiste kennis inneem van God se wil en voornemens. In ’n gebed tot God het Jesus gesê: “Dít beteken die ewige lewe, dat hulle kennis inneem van u, die enigste ware God, en van die een wat u uitgestuur het, Jesus Christus.”—Johannes 17:3.

6 Dit is God se wil dat “alle soorte mense gered moet word en tot juiste kennis van die waarheid moet kom” (1 Timoteus 2:3, 4). Nou is die tyd om te leer hoe jy, saam met miljoene ander wat reeds God se wil doen, vir ewig in die Paradys op aarde kan lewe. Jehovah se Getuies sal jou met graagte help om meer aangaande God en sy vereistes te leer. Kom gerus met hulle in aanraking by ’n Koninkryksaal naby jou of skryf na die naaste adres wat op die volgende bladsy aangegee word.

[Voetnoot]

a Sien Kennis wat tot die ewige lewe lei, bladsye 98-107, uitgegee deur die Watchtower Bible and Tract Society of New York, Inc.

[Prent op bladsy 31]

“’n Groot skare” hoef nooit te sterf nie

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel