Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 7/12 bl. 21
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—2012
  • Soortgelyke materiaal
  • Ou muntstukke getuig van profetiese waarheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Ná die troudag
    Hoe om in God se liefde te bly
  • Wees lojaal aan mekaar
    Julle gesin kan gelukkig wees
  • Hoe om ’n sukses te maak van ’n tweede huwelik
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
Sien nog
Ontwaak!—2012
g 7/12 bl. 21

Van ons lesers

Jongmense vra . . . Hoe kan ek Bybellees aangenaam maak? (April 2009) Ek is ’n 24-jarige vrou en ma, en ek het nog altyd gesukkel met Bybellees. Ek het die wenke in hierdie artikel begin toepas, en ek maak goeie gebruik van die uitknipvenster wat voorsien is. Nou sien ek daarna uit om die Bybel te lees. Ek kan sien hoe die Bybelboeke met mekaar verband hou en soos ’n pragtige tapisserie inmekaargeweef is. Ek was nog nooit so opgewonde oor Bybellees nie. Baie, baie dankie!

K. T., Verenigde State

’n Boek wat jy kan vertrou—Deel 6 (April 2011) Die artikel “Rome in Bybelgeskiedenis” het gesê: “Wat het met Jerusalem gebeur? Die Romeinse leër het onder aanvoering van Vespasianus en sy seun Titus teruggekeer—dié keer met 60 000 soldate.” Die bewoording impliseer dat Vespasianus en Titus die leër gelei het toe Jerusalem aangeval is. Maar geskiedkundige bronne gee te kenne dat Vespasianus gedurende hierdie tydperk in Rome was.

J. O., Australië

“Ontwaak!” antwoord: Volgens die boek “Josephus—The Essential Writings”, deur Paul L. Maier, “het Titus inderhaas uit Aleksandrië gekom, saam met die Vyftiende legioen, en by sy vader in Ptolemaïs aangesluit, waar Vespasianus met die Vyfde en Tiende legioen gewag het”. Daarbenewens sê die “Encyclopedia of the Roman Empire”, deur Matthew Bunson, die volgende oor Vespasianus: “Met sy seun Titus aan sy sy het hy die Joodse Opstand onderdruk en voorbereidings getref om Jerusalem se tempel in 68 te beleër toe die nuus hom bereik het dat Nero geval het en vervang is deur Galba. . . . In die herfs van 70 het hy in Rome aangekom.” Dit wil dus voorkom asof Vespasianus en Titus aanvanklik saam was toe Jerusalem aangeval is. Maar op die een of ander stadium het Vespasianus na Rome teruggekeer en Titus in bevel gelos.

Het jy realistiese doelwitte? (Februarie 2011) Toe hierdie artikel voorbeelde van onrealistiese doelwitte gegee het, het dit “roem, rykdom, die ideale huweliksmaat of volmaakte gesondheid” gemeld. Waarom word ’n “ideale huweliksmaat” ingesluit? Waarom is die doelwit om ’n lewensmaat te vind, “onrealisties”?

S. K., Verenigde State

“Ontwaak!” antwoord: Die artikel het nie beweer dat dit ’n onrealistiese doelwit is om te trou nie. Dit het eerder gepraat van die soeke na “die ideale huweliksmaat”. In die konteks van die artikel verwys die “ideale” maat na ’n huweliksmaat wat foutloos is, wat geen negatiewe eienskappe het nie. Die soeke na so ’n maat sal om twee redes tevergeefs wees: Eerstens, so ’n persoon bestaan nie (Romeine 3:23). Tweedens, as ’n mens na so ’n maat soek, is jy ingestel op wat jy uit die huwelik sal kry, nie wat jy daartoe sal bydra nie. Selfs sommige getroude mense het die onrealistiese doelwit om hulle huweliksmaat te verander in wat hulle as die “ideale” huweliksmaat beskou. In teenstelling hiermee bestaan ’n sterk huwelik uit twee mense wat mekaar se swakhede ken, maar nog steeds in staat is om “mekaar te verdra en mekaar vryelik te vergewe”.—Kolossense 3:13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel