Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 12/10 bl. 20-21
  • Nog groot aardbewings word verwag

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nog groot aardbewings word verwag
  • Ontwaak!—2010
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Nog aardbewings word verwag
  • Hoe aardbewingslagoffers gehelp is
    Ontwaak!—1992
  • Profesie 1. Aardbewings
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Ontleding van ’n aardbewing
    Ontwaak!—2002
  • Aardbewings—benoudheid op benoudheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
Sien nog
Ontwaak!—2010
g 12/10 bl. 20-21

Nog groot aardbewings word verwag

SEDERT die uitvinding van instrumente wat die sterkte van aardbewings kan meet, het wetenskaplikes honderde groot aardbewings opgeteken. Dié wat ver van mense af plaasvind, veroorsaak min probleme en ontvang geen of min mediadekking. Maar die verwoesting kan groot wees wanneer ’n aardbewing ’n groot stad tref. Dan hang die verlies van menselewens en eiendom af van die grootte en voorbereidheid van die bevolking.

Op 12 Januarie 2010 het Haïti een van die ergste aardbewings in die geskiedenis ondervind wat die verlies van menselewens en eiendom betref. Maar dit was nie die eerste of die enigste groot aardbewing dié jaar nie. Hieronder word party aardbewings beskryf wat gedurende die eerste paar maande van 2010 plaasgevind het en wat net so sterk of sterker was as die een wat die hoofstad van Haïti in puin gelê het.

3 Januarie: Aardbewing van 7,1 naby die Salomonseilande

Hierdie groot aardbewing, wat mense aanvanklik gemeen het sterker as 7,1 was, het ’n tsoenami veroorsaak wat “[2 tot 3 meter] hoog” was. Die rampbeampte Loti Yates het gesê dat “’n algehele oorstroming” vanuit ’n vliegtuig gesien is. Volgens Yates is 16 huise vernietig en tientalle meer beskadig in die dorpie Bainara op Rendova-eiland.

’n Skudding van 6,6 het hierdie aardbewing voorafgegaan. Ná hierdie kleiner skudding het baie mense uit vrees na die heuwels gevlug. Dit het as ’n beskerming gedien, aangesien hulle kus getref is deur die tsoenami wat veroorsaak is deur die groter aardbewing wat twee uur later plaasgevind het.

26 Februarie: Aardbewing van 7,0 in die Rioekjoe-eilande, Japan

Hierdie aardbewing het plaasgevind om 05:31, plaaslike tyd, en die episentrum was 80 kilometer van Naha, Okinawa, op een van Japan se Rioekjoe-eilande. Tsoenamiwaarskuwings is gegee, maar is later gekanselleer. ’n Vrou wat al meer as 90 jaar op Okinawa woon, het gesê dat dit die kragtigste aardbewing was wat sy nog ooit gevoel het.

27 Februarie: Aardbewing van 8,8 in Chili

Hierdie aardbewing was die vyfde sterkste sedert 1900. Die kragtigste een was ook in Chili, in 1960—’n aardbewing wat 9,4 op die Richterskaal gemeet het. Hierdie aardbewing, asook die aardbewing van 7,7 wat Chili se hoofstad in 1985 verwoes het, het die regering beweeg om streng bouvoorskrifte vas te stel.

Daarom het min geboue in Santiago en ander stede wat deur hierdie jaar se aardbewing geraak is, ineengestort. Maar duisende mense is beseer en het eiendom en besittings verloor. Omtrent 500 het glo gesterf, byna die helfte in ’n tsoenami langs die kus van Chili.

4 April: Aardbewing van 7,2 in Baja California, Mexiko

Hierdie aardbewing se episentrum was 18 kilometer van Guadalupe Victoria, Mexiko, en 47 kilometer van Mexicali. Die gebied is afgeleë en grotendeels onbewoon. Maar kragtige skuddings is in baie stede en dorpe in Mexiko en die suidelike Verenigde State gevoel.

9 Mei: Aardbewing van 7,2 in Noord-Sumatra, Indonesië

Hierdie ondersese aardbewing het twaalfuur die middag omtrent 217 kilometer van Indonesië se noordelikste stad Banda Aceh plaasgevind. Baie mense het uit hulle huise gehardloop en ’n ruk lank geweier om terug te gaan omdat hulle bang was. Geen sterftes is egter aangemeld nie.

Nog aardbewings word verwag

Op grond van die lang geskiedenis van groot aardbewings wat ons planeet skud, is dit redelik om in die komende jare nog te verwag. Die Amerikaanse Departement van Geologiese Opnames sê onomwonde: “Daar sal, soos in die verlede, altyd groot aardbewings wees.”

Interessant genoeg, ’n hoofartikel in ’n koerant het gesê: “Mense kon absoluut niks doen omtrent die onlangse aardbewings . . . nie, en dit herinner ons net aan die mens se beperkings. Dit beteken nie dat ons nie moet optree wanneer ons kan nie . . . , maar dit beteken wel dat ons nog groot natuurrampe wat heeltemal buite ons beheer is, moet verwag.”

Ernstige Bybelstudente kan nie anders nie as om te dink aan die Bybelprofesieë wat aardbewings spesifiek meld as deel van die saamgestelde teken van die laaste dae van hierdie stelsel van dinge.—Matteus 24:3, 7; Markus 13:8; Lukas 21:11.

[Kaart op bladsy 20, 21]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

Party van die aardbewings tussen Januarie en Mei wat 7,0 of meer op die Richterskaal gemeet het

Mexiko

Haïti

Chili

Japan

Indonesië

Salomons-eilande

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel