Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 7/10 bl. 26-27
  • “Bybelstudie strek die dowes tot voordeel”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Bybelstudie strek die dowes tot voordeel”
  • Ontwaak!—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Jehovah het sy aangesig teenoor hulle laat skyn’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Waardeer jou dowe broers en susters!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Wees daarop ingestel om dowe mense in julle gebied te vind
    Ons Koninkryksbediening—2001
  • Die dowes loof Jehovah
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Ontwaak!—2010
g 7/10 bl. 26-27

“Bybelstudie strek die dowes tot voordeel”

’N ARTIKEL met hierdie titel het in ’n tydskrif vir die dowes in die Tsjeggiese Republiek verskyn. Die skrywer, Zdeněk Straka, het Jehovah se Getuies geprys wat gebaretaal geleer het om die dowes te help.

Wat het mnr. Straka beweeg om hierdie artikel te skryf? In die somer van 2006 het hy ’n streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies in Praag bygewoon, waar die program in gebaretaal vertolk is ten behoewe van sowat 70 dowes in die gehoor. Elke jaar reël Jehovah se Getuies byeenkomste in alle wêrelddele om Bybelonderrig en opbouende assosiasie te voorsien. Die dowes word nie oor die hoof gesien nie. In ’n onlangse jaar is 96 van hierdie byeenkomste regoor die wêreld uitsluitlik in gebaretaal gehou en is die program op nog 95 plekke vir die dowes getolk.

Toe die byeenkoms in Praag gehou is, het die gebaretaalgemeente in hierdie stad sowat 30 Bybelstudies met dowe persone gehou. Diegene wat die Bybel bestudeer, vind baat by wat hulle leer, soos die volgende ondervinding toon.

Markéta reis elke week meer as 100 kilometer om ’n Bybelstudie met ’n dowe vrou uit Mongolië te hou. Omdat Tsjeggiese en Mongoolse gebaretaal grootliks verskil, moet Markéta vindingryk wees om die materiaal vir haar student verstaanbaar te maak. Maar Markéta se pogings was die moeite werd. Markéta se student was swanger met haar tweede kind en het ’n aborsie oorweeg, maar het toe van gedagte verander. Markéta sê: “Toe ek haar daaroor vra, het sy in gebaretaal geantwoord: ‘Jehovah keur nie aborsies goed nie.’ Ek was bly om te sien dat sy God se beskouing van lewe verstaan!”a

Baie dowes regoor die wêreld verkry juiste kennis van God deur sy Woord te bestudeer. Terwyl hulle nader aan hulle God kom en groter vreugde uit die lewe put, het dit ’n positiewe invloed op hulle lewe.—Jesaja 48:17, 18.

[Voetnoot]

a Vir meer inligting oor die Bybel se beskouing van aborsie, sien die Ontwaak! van Junie 2009, bladsye 3-9.

[Venster op bladsy 26, 27]

HET JY GEWEET?

● Jehovah se Getuies gee DVD-programme in 43 gebaretale uit. Inligting vir die dowes kan ook van die webwerf www.jw.org afgelaai word.

● Jehovah se Getuies het wêreldwyd 59 spanne georganiseer wat in gebaretaal vertaal om meer publikasies aan die dowes beskikbaar te stel.

● Daar is meer as 1 200 gebaretaalgemeentes van Jehovah se Getuies regoor die wêreld.

[Diagram op bladsy 26]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

www.jw.org

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel